Page 1 of 1

Weiering om heraansoek in te neem.

Posted: Fri Oct 29, 2021 11:43 am
by Bennie Bester
More almal,
My broer skakel my vanoggend rakende sy heraansoek vir sy jaggeweer. Hy het agv siekte en behandeling vir prostaat kanker versuim om sy heraansoek tydig in te handig. Hy het ook Covid 19 opgedoen en ly tans nog aan Long Covid.
Toe hy wou heraansoek doen, wou hulle hom nie n afspraak gee nie en hom meegedeel dat hy maar moet wag vir n volgende amnestie.
Is dit reg?
Wat staan hom te doen?

Ek luister....
Dankie by voorbaat.
Bennie Bester

Re: Weiering om heraansoek in te neem.

Posted: Fri Oct 29, 2021 12:06 pm
by HeinM
Bennie Bester wrote: Fri Oct 29, 2021 11:43 am More almal,
My broer skakel my vanoggend rakende sy heraansoek vir sy jaggeweer. Hy het agv siekte en behandeling vir prostaat kanker versuim om sy heraansoek tydig in te handig. Hy het ook Covid 19 opgedoen en ly tans nog aan Long Covid.
Toe hy wou heraansoek doen, wou hulle hom nie n afspraak gee nie en hom meegedeel dat hy maar moet wag vir n volgende amnestie.
Is dit reg?
Wat staan hom te doen?

Ek luister....
Dankie by voorbaat.
Bennie Bester
As die lisensie verval het, moet hy maar wag vir die volgende amnestie. Hulle het 'n dowe oor vir enige verskoning / rede...

Mooi naweek daar!

Re: Weiering om heraansoek in te neem.

Posted: Fri Oct 29, 2021 1:03 pm
by alecjohnson
Ek weet hie wat die volle storie is nie, maar praat met Me. Hardt by Kuilsrivier polisie, sy was nog altyd vir my baie behulpsaam.

Re: Weiering om heraansoek in te neem.

Posted: Fri Oct 29, 2021 1:31 pm
by Bennie Bester
Alec,
Hy moet in Bellville inhandig.

Re: Weiering om heraansoek in te neem.

Posted: Fri Oct 29, 2021 3:37 pm
by Pvdw
By my DFO wat puik diens lewer sal hulle na 90dae steeds die aansoek invat. As dit na die verval datum op die kaartjie is vat hulle hom nie.