Page 1 of 1

Weierskote met 308

Posted: Sat Apr 30, 2022 6:56 am
by Skietstoel
Goeie more herlaaiers, my nefie het n Mojet 308 wat baie fyn skiet maar die neukery is dat dit soms n weierskoot gee en dit gebeur natuurlik wanneer hy vassuig op n bok in die jagveld en dan sy vleisie verloor in daardie kosbare drie-sekonde vensterperiode.
Nou is die vraag: het iemand anders ook soortgelyke probleme met n Mojet gehad, of is daar n maklike oplossing vir hierdie probleem? Dit gebeur met herlaaide asook gekoopte patrone.
Ek vra bietjie raad asb. Die laaste wat n ou nou wil doen is om die geweer in te handig want dan kry mens dit terug nadat die jagseisoen verby is…

Re: Weierskote met 308

Posted: Sat Apr 30, 2022 7:03 am
by J le Roux
Vra jou neef om 'n foto van een of meer van die patrone was tmisvuur het se slagdop kant te stuur.

Plaas dit hier sodat ons kan kyk hoe lyk die slagpen se impak op die slagdop.

Re: Weierskote met 308

Posted: Sat Apr 30, 2022 7:05 am
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Jy gaan nou 50 verskillende antwoorde van 10 verskillende manne kry en elkeen mag waar wees.
Daar is twee hoof komponente waar die fout mag voorkom.
Ammo of die geweer. Jy meld dat die geweer met herlaaide en gekoopte ammo wyer. Dit laat dus die geweer.
Ek sou heel eerste na die slot kyk. Baie keer is daar vuillis , gemeng met 'n oormaat olie of ander smeermiddel in die slot wat die veer se aksie vertraag en dus veroorsaak dat die slagpen nie die ontsteker hard genoeg tref nie.

Maak oop en maak skoon.

Re: Weierskote met 308

Posted: Sat Apr 30, 2022 7:06 am
by Eduard Venter
Terwyl jy wag vir die ander manne se antwoorde, maak sommer mooi skoon. Ons het daai probleem al meer as eenmaal in die jagkamp uitsorteer so.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Weierskote met 308

Posted: Sat Apr 30, 2022 7:12 am
by tripodmvr
Soos Gawie sê. Blaas dit skoon met vergasser of briekskoen muti wat jy in aerosol kannetjie kry. Smeer baie ligte olie en maak gereeld skoon, of sit grafiet in wat nie die taai neerslag sal maak nie. Indien nodig rek die veer of vervang met 'n sterker een as die fout herhaal. Soek soiets by veer verskaffers en nie noodwendig by geweerwinkels nie.

Re: Weierskote met 308

Posted: Sat Apr 30, 2022 8:05 am
by Skietstoel
Dankie almal, sal dit mooi skoonmaak, moet net uitwerk hoe om die slagpen uit te kry. Sal die slot kry.

Re: Weierskote met 308

Posted: Fri Jun 24, 2022 5:21 pm
by Skietstoel
tripodmvr wrote: Sat Apr 30, 2022 7:12 am Soos Gawie sê. Blaas dit skoon met vergasser of briekskoen muti wat jy in aerosol kannetjie kry. Smeer baie ligte olie en maak gereeld skoon, of sit grafiet in wat nie die taai neerslag sal maak nie. Indien nodig rek die veer of vervang met 'n sterker een as die fout herhaal. Soek soiets by veer verskaffers en nie noodwendig by geweerwinkels nie.
Het die slot oopgemaak en heeltemal skoongemaak. Gevind dat daar korrosie was op glydele van die slagpen en het sommer die veer weer goed gerek. Ligweg gesmeer met grafietbasis en weer aanmekaargesit. Werk nou soos nuut!
Dankie vir raad

Re: Weierskote met 308

Posted: Fri Jun 24, 2022 5:48 pm
by Nico Harris
Mojet verhard nie hulle slag penne nie dan buig hulle en begin so maak. Dit raak al erger met tyd. Hy gaan hom ook net vervang met een wat weer gaan buig- been there , done that, got the t-shirt. As dit n rem700 copy is behoort jy n goeie aftermarket slag pen en sommer spring ook re kry. Vervang dit en die probleem sal weg wees.

Re: Weierskote met 308

Posted: Fri Jun 24, 2022 6:09 pm
by phyllox
Selfde ondervinding. Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Weierskote met 308

Posted: Fri Jun 24, 2022 6:33 pm
by Skietstoel
Sal maar begin soek na Remington 700 tipe slagpen en veer maar so ver werk hy goed. Het dit opgelyn in my draaibank en alles weer skoongemaak en belyn. Slagpen is nou “true” en beweeg glad en vry nadat al die goo uitgewas en die korrosie uitgepolleer is.

Re: Weierskote met 308

Posted: Fri Jun 24, 2022 7:10 pm
by Diesel Dog
Maar self plan gemaak toe myne so maak.


DD

Image

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

Re: Weierskote met 308

Posted: Fri Jun 24, 2022 8:03 pm
by Skietstoel
Ek sien jou plan, ook punt verhard lyk dit. Oulik!

Re: Weierskote met 308

Posted: Sat Jun 25, 2022 7:13 pm
by Francoisv
Nico Harris wrote:Mojet verhard nie hulle slag penne nie dan buig hulle en begin so maak. Dit raak al erger met tyd. Hy gaan hom ook net vervang met een wat weer gaan buig- been there , done that, got the t-shirt. As dit n rem700 copy is behoort jy n goeie aftermarket slag pen en sommer spring ook re kry. Vervang dit en die probleem sal weg wees.
Ek het die t-shirt, keps onderbroek en sweetpak...darem my geld terugbetaal. Eerste. Maar ek het die paraphernalia hou.
Shoot straight




Re: Weierskote met 308

Posted: Tue Jun 28, 2022 12:53 pm
by joe rocket
Francoisv wrote: Sat Jun 25, 2022 7:13 pm
Nico Harris wrote:Mojet verhard nie hulle slag penne nie dan buig hulle en begin so maak. Dit raak al erger met tyd. Hy gaan hom ook net vervang met een wat weer gaan buig- been there , done that, got the t-shirt. As dit n rem700 copy is behoort jy n goeie aftermarket slag pen en sommer spring ook re kry. Vervang dit en die probleem sal weg wees.
Ek het die t-shirt, keps onderbroek en sweetpak...darem my geld terugbetaal. Eerste. Maar ek het die paraphernalia hou.
Shoot straight

O jinnetjie ja daai blik wurms.....

Re: Weierskote met 308

Posted: Tue Jun 28, 2022 2:28 pm
by Gerhardu
Skietstoel wrote: Fri Jun 24, 2022 6:33 pm Sal maar begin soek na Remington 700 tipe slagpen en veer maar so ver werk hy goed. Het dit opgelyn in my draaibank en alles weer skoongemaak en belyn. Slagpen is nou “true” en beweeg glad en vry nadat al die goo uitgewas en die korrosie uitgepolleer is.
Gaan kyk op PTG se website.

Re: Weierskote met 308

Posted: Tue Jun 28, 2022 10:32 pm
by Skietstoel
Gerhardu wrote: Tue Jun 28, 2022 2:28 pm
Skietstoel wrote: Fri Jun 24, 2022 6:33 pm Sal maar begin soek na Remington 700 tipe slagpen en veer maar so ver werk hy goed. Het dit opgelyn in my draaibank en alles weer skoongemaak en belyn. Slagpen is nou “true” en beweeg glad en vry nadat al die goo uitgewas en die korrosie uitgepolleer is.
Gaan kyk op PTG se website.
Ok dankie, sal daar loer

Re: Weierskote met 308

Posted: Wed Jun 29, 2022 10:52 am
by Witpietskiet

Re: Weierskote met 308

Posted: Thu Jul 07, 2022 7:43 am
by Skietstoel
Dankie vir jou wenk Witpietskiet, dit lyk billik