Page 1 of 1

Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 9:47 am
by Hartskoot Hennie
My seuntjie Christiaan (7) het die naweek sy eerste bok geskiet!

Die Blesbok ram het op 115m gestaan toe hy hom geskiet het. Hy het ñ perfekte skoot geskiet op die blad en die bok het net so paar treë gegee, toe gaan lê hy.

Dit was met ñ 80gr Nosler BTV teen 3358fps uit my .243 AI.

Image

Dit was regtig ñ ongelooflike ervaring, en ek voel baie geseënd om dit met hom te kon deel - iets wat ek ongelukkig nooit met my pa gedoen het nie.

Ek het later die dag toe self ñ kans gekry om die mooi Swartwildebees bul te kon skiet.

Image

Dit was ñ naweek wat gelei net tot nuwe herinneringe, nuwe vriende en ñ nuwe jagter in die gesin!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 9:49 am
by OupaZA
Baie geluk my Vriend!!

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 9:56 am
by Supacow
Willebees n hartskoot gekry?

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 10:02 am
by tripodmvr
Baie bly om die' jong jagter te sien sukses behaal. My pa het ook nie gejag tot hy 65 jaar oud was nie. Hy het ons egter aan die natuur blootgestel en my liefde vir die buitelewe geprikkel.

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 10:07 am
by Lapua
Baie geluk Tink.

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 10:08 am
by Hartskoot Hennie
Supacow wrote: Mon Sep 12, 2022 9:56 am Willebees n hartskoot gekry?
Nee, ek het hom gekielie op sy oor... :)

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 10:17 am
by Supacow
Kon jy iets van die punt herwin uit die blesser?

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 10:24 am
by Wattlegrove
Baie geluk Christiaan en Hennie.

Wat n voorreg om julle te ontmoet. Altwee se skote was baie mooi.
'n Jag wat ek baie lank sal onthou.

Groete

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 10:45 am
by Frederik
Baie geluk twee mooi diere nou begin die pret my seun kry geleentheid om meeste van die jare nuwe spesie te jag.

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 10:52 am
by Geno
Baie geluk manne!

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 10:57 am
by Hartskoot Hennie
Supacow wrote:Kon jy iets van die punt herwin uit die blesser?
Nee, ek kon nie - hy is dwarsdeur.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 11:18 am
by Gian_dP
Baei geluk! Dit is iets wat julle lank saam gaan onthou

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 11:24 am
by Stephan86
Baie geluk Henna.

Ek dink ons kan jou mannetjie nou maar Hartskoot Christiaan begin noem,

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 11:45 am
by J le Roux
Baie geluk aan Pa en Seun!

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 12, 2022 1:47 pm
by ruaanb
Baie geluk!

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Tue Sep 13, 2022 11:47 am
by Hartskoot Hennie
Dankie julle!

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Tue Sep 13, 2022 11:48 am
by Hartskoot Hennie
Wattlegrove wrote: Mon Sep 12, 2022 10:24 am Baie geluk Christiaan en Hennie.

Wat n voorreg om julle te ontmoet. Altwee se skote was baie mooi.
'n Jag wat ek baie lank sal onthou.

Groete
Baie dankie vir al jou moeite Charl.

Ons maak weer so!

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Tue Sep 13, 2022 4:45 pm
by Chevvy SS
Baie geluk julle 2!

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Tue Sep 13, 2022 5:42 pm
by Kaalvoetthysie
Baie geluk!! Dis kosbare tye.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jongman se 1ste Bok!

Posted: Mon Sep 19, 2022 8:49 am
by Wouter Roets
Baie geluk Hiennie en Christiaan. Dit bly darem maar bitter spesiaal. Nou begin jou crap.

Groetnis
Wouter