Page 1 of 1
Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Tue Oct 04, 2022 3:21 pm
by geelslang
Middag manne
Op 'n standaard lang Rem 700 aksie, watter van die warm 7mm kalibers sal hier werk. Sal jy met 'n 26-28" loop 'n 162ELD so 2950fps kan haal in een van die doppe wat in hierdie aksie sal werk?
Ek verwys nou juis nie na die 7saum nie aangesien dit 'n magnum boltface verg.
Applikasie is maar gongskiete.
Groete
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Tue Oct 04, 2022 3:54 pm
by Supacow
284 win of 280ai maar sal seker so paar voete inboet
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Tue Oct 04, 2022 4:08 pm
by Frederik
Jy gaan baie naby kom met die dood standaard 7x64 en die langer loop.
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Tue Oct 04, 2022 4:49 pm
by Arnold
Warem en standaard boltface is nou seker nie iets wat mens in dieselfde sin vir n 7mm kan noem nie.
Ek sou dink 2950fps met n 190gr is aan die warem kant
Hoekom 7mm en die 162gr ELD?
Ek glo dat jy hierdie sal kan doen met n 284 Win en lang loop. Die voordeel hier is Lapua doppe.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Tue Oct 04, 2022 4:55 pm
by Capt. Yoda
284 shehane of self die std win met n 180/184gr berger is al wat jy gaan nodig he tensy nou moer ver wil skiet. Daar is n rede dat die ouens daai combo in Fklas skiet. 28” of 30” loop hier by 2840fps rond. As jy regtig wil behoort n GS die boltface vir jou oop te maak ook om n magnum te vat
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Tue Oct 04, 2022 7:54 pm
by Frikkie Coetzee
2840-2860fps met 180 ( edit nie 184 nie) gr in my 284 Shehane loop mooi.
Voordeel is natuurlik dat n pas ol n standaard slot gesig en voer mooi uit bv Howa lang aksie ( 30-06 lengte).
My Fklas geweer is op n Bat Mod B gebou en my jaggeweer op n Howa 1500m.
Dis n goeie balans tussen spoed en loop lewe.
My 7 RSAUM net selfde loop lengte en koeel gee sonder veel moeite 50-100 fps meer maar teen koste van loop lewe.
Daar is nie veel te kies tussen die 284 of 284 Shehane nie
Ek het Shehane roete gegaan omdat ons destyds net S385 tot ins beskikking gehad het en die Shehane het n edge gehad.
Met nuwe kruite sal ek gemaklik wees met enige een.
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Tue Oct 04, 2022 7:57 pm
by LUAN
Ek sien ander dag n post erens oor n 7mm sprc. Eerste wat ek van hom hoor. Dis n kort aksie 7mm. Jy kan net 6.5prc dop opnek en laai. Gebruik 8gr minder kruit as n 7mm rem so loop lewe behoort ook langer te wees. 175gr teen so 3000fps
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Wed Oct 05, 2022 9:25 am
by Eight
Ek sou se 280 ackley
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Wed Oct 05, 2022 10:55 am
by Ralph Badenhorst
My keuse sou straight 284 Win (Lapua brass) wees
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Wed Oct 05, 2022 1:44 pm
by SakoTrippel2
"Straight 'ol 284" - meeste US Fklas skuts deesdae het full circle gegaan met die 7mms. Begin by 284 Win toe Shehane en paar variasies en toe die Magnums (SAUM en sy Variante) nou is hulle weer back to square one vir goeie rede en dit sê vir my nogal baie.
Natuurlik is daar 7mms wat hom klop op papier maar hys "konstant" en nie vol nonsens nie. Of dis wat ek aflie van Forums lees en die odd YouTube video.
Ekt 'n 284Shehane projek so effens op Ys maar gebeur gaan dit gebeur!
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Wed Oct 05, 2022 2:23 pm
by Capt. Yoda
SakoTrippel2 wrote: Wed Oct 05, 2022 1:44 pm
"Straight 'ol 284" - meeste US Fklas skuts deesdae het full circle gegaan met die 7mms. Begin by 284 Win toe Shehane en paar variasies en toe die Magnums (SAUM en sy Variante) nou is hulle weer back to square one vir goeie rede en dit sê vir my nogal baie.
Natuurlik is daar 7mms wat hom klop op papier maar hys "konstant" en nie vol nonsens nie. Of dis wat ek aflie van Forums lees en die odd YouTube video.
Ekt 'n 284Shehane projek so effens op Ys maar gebeur gaan dit gebeur!
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
HOWA 6.5Creedmoor eerste, dan die plebs
Onthou my ek en jy moet bq praat as jy terug kom
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Thu Oct 06, 2022 9:21 am
by Arnold
Is daar 'n spesifieke rede dat dit 'n 7mm moet wees en bv. nie 'n 6.5mm kaliber nie?
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Thu Oct 06, 2022 7:19 pm
by JPS
LUAN wrote: Tue Oct 04, 2022 7:57 pm
Ek sien ander dag n post erens oor n 7mm sprc. Eerste wat ek van hom hoor. Dis n kort aksie 7mm. Jy kan net 6.5prc dop opnek en laai. Gebruik 8gr minder kruit as n 7mm rem so loop lewe behoort ook langer te wees. 175gr teen so 3000fps
Dit is ongelukkig ‘n magnum boltface
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Thu Oct 06, 2022 7:39 pm
by JPS
Ek skiet nou al paar jaar 284win,
Het ook jagloop in 26” op 284win en skiet 162eld-m teen 2930fps met hom. Rede vir die 162’s is dit is 1-11 twist loop.
Ander gewere is F klas gewere en is almal 1-9 twist lope en 28 of 30” maak nie saak nie hulle skiet met selfde lading selfde spoed. 184gn teen 2790- 2810fps werk baie goed.
Groete
Jan
Re: Lekker 7mm op 'n standaard lang aksie
Posted: Sat Oct 15, 2022 7:24 pm
by Morne Van Der Merwe
Ek skiet 284 Shehane 30”, vreeslike lekker geweer vir die gong skiet.
Het 184gr teen 2840fps geskiet, 1500 skote, nou die kamer oor gesny, is nou ‘n 28”.
Selfde lading het die spoed opgetel na 2880fps, nie mooi geskiet nie, lading effens opgestoot na 2915fps en skiet baie mooi.
Gaan nou Saterdag kyk wat doen die nuwe lading by ALRHA in Parys.
My span maat skiet gewone 284 Win met groot sukses. Kan enige van die 7mm’s vat sal nie spyt wees nie.