Page 1 of 1

My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 7:58 am
by Geno
So raak my eie skiet tyd mos ook nou min...
Einde Julie het my 6jarige dogter haar eerste bok geskiet.
Ons was naby Jankempdorp op ons jaarlikse boogjag trip waar sy haar koper springbok met 'n kruisboog geskiet het. Sy het een skoot geskiet, en die bok is plat na 'n kort bloedspoor!

Image

Daar is reeds nog 'n .243 in proses wat sy mee kan aangaan...

2 Weke gelede gee ek my jongman die .204 en dial hom vir 400m op 'n jakkals gong. 8 skote na mekaar, en almal raak, toe weet ek hy is gehook op groot gewere na hy al lank met die Daisy en windbuks oefen.
Maandag was ons in die Kalahari naby Koës in Namibie besig met 'n kuier by 'n pel van my, toe hy sy .25Koevoet in my 4 jarige lat se hande druk en sê hy moet gou paar gonge skiet. Sonder om te mis skiet hy die gonge, en my Maat sê ons moet 'n draai ry en kyk vir 'n bok. Ons kry ou 'n springbok ooi wat rustig wei en die man skiet haar plat op so 180m!

Image

Ek is bitter trots op die 2 kinders van my, en sal seker nou nog 'n geweer moet koop ;D

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 8:50 am
by J le Roux
Sjoe, baie geluk Geno en die juniors!

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 9:00 am
by Arnold
Baie nice!!!

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 9:41 am
by prohunt
Baie geluk Geno. Dis so lekker as jou gesin saam met jou die jag en buitelewe geniet, wat 'n voorreg 🙌

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 10:20 am
by tripodmvr
Baie geluk. Eerstens aan die jonges, maar ook aan Pa en Ma vir hul aandeel.

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 11:09 am
by Toyrsi
Baie geluk

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 11:11 am
by DWB
Baie Geluk Gedoons!!!

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 11:50 am
by ruaanb
Netjies!

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 11:58 am
by Capt. Yoda
Geluk mater, los maar eder die geweer koop en spaar die geld laat jy darem ook nog n bok tussen hulle 2 kan in kry

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 3:14 pm
by Krobb
Baie mooi Geno en gesin.

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Thu Oct 06, 2022 8:42 pm
by Gideon@1
Baie geluk aan die tweetjies !!
Welgedaan!!

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Fri Oct 07, 2022 7:44 am
by Stephan86
Baie geluk aan die twee!

Ek kan dink jou hart spring uit jou bors van trots.

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Fri Oct 07, 2022 4:06 pm
by Gian_dP
Baie geluk aan almal van julle! Wat 'n voorreg om dit met hulle te deel.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Fri Oct 07, 2022 4:54 pm
by wynis
Seun of dogter, hulle sal nooit daardie eerste bok saam met pa vergeet nie! Welkom tot die pa en kind jag klub


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Fri Oct 07, 2022 8:09 pm
by Dirk777
Ysters! Baie geluk.

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Mon Oct 10, 2022 5:28 am
by Frederik
Geno,

Baie geluk om die volgende geslag jagters te lei en te leer.

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Mon Oct 10, 2022 12:13 pm
by Geno
Baie dankie almal!

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Mon Oct 10, 2022 12:36 pm
by Wouter Roets
Maggies ou Maat, baie geluk aan jou twee bloeisels! Nou kan ek jou nie eers meer Babaleeu noem nie, daar is twee nuwelinge wat daai naam nou met trots kan dra. Koester hierdie tyd my maat want die hel weet dit gaan gou verby.

Groetnis
Wout

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Sun Feb 09, 2025 5:25 pm
by projagter
nogmaals geluk. maar ek nou na 2 jaar nuuskierig : jag jy nog self of laai jy net patrone/

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Sun Feb 09, 2025 11:22 pm
by Geno
Ag daar is maar altyd nog iets vir my om plat te skiet Oom....

Re: My kinders se eerste bokke

Posted: Mon Feb 10, 2025 5:54 am
by Dumbluck
Baie geluk Geno, wat 'n voorreg is dit nie.
Kan nie wag vir my 3 manne om dit ook te kan beleef nie.