Page 1 of 1
2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 7:50 pm
by Eduard Venter
Dagsê. Ongelukkig is die jagseisoen vir my ook nou verby, ek deel graag 'n paar hoogtepunte. Meeste wild het ek as beroepsjagter opgetree vir trofeejagters, maar het darem self ook 'n paar mooi bokke geskiet en 'n paar lekker groepe biltongjagters ook gehad.
Ongelukkig gooi Tapatalk bietjie my foto kwaliteit af.
Dankie vir almal wat deel was van die seisoen. Ook aan die liewe Heer wat die pad saam met ons stap en Sy hand oor ons hou.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 7:57 pm
by Eduard Venter
Elande:
Ek was bevoorreg om die seisoen paaie te kruis met 'n paar besonderse eland bulle. Ek heg die mooistes aan. Op 39 duim was die een bul ook die langste wat ek nog gemeet het persoonlik.



Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 8:06 pm
by Eduard Venter
Varke:
Ek het baie min vark gejag die jaar, maar hier volg 'n paar hoogtepunte. Ek kon gister middag darem 'n stoet beer skiet vir eie gebruik. Bietjie salami, kaaswors en russians vir vrieskas!



Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 8:12 pm
by Eduard Venter
Buffels:
Die is my eerste seisoen met 'n gevaarlike wild lisensie en ek kon 'n paar pragtige buffel bul jagte begelei die seisoen.



Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 8:19 pm
by Eduard Venter
Wildebeeste:
Ons het lekker baie van hulle gejag die jaar, biltong sowel as trofee. Die grootste bul het 31 duim gemeet, ongelukkig lyk die horings nie ewe lank op die foto nie. In werklikheid was hulle mooi simmetries.



Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 8:28 pm
by Eduard Venter
Rooibokke:
Soos gewoonlik het ons baie van hulle gejag die jaar. Ek wou graag bietjie ooi getalle afhaal, maar die jagters het ongelukkig bietjie gesukkel en ek sou sê die rooibokke het die jaar se rondte gewen. Die wat ons omgedop het, het wel pragtige karkasse gehad. Ramme was nou weer heelwat makliker om om te laat bakkie ry.



Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 8:35 pm
by Eduard Venter
Benoude boude:
Vanoggend het ek op 'n pofadder se stert getrap. Dat hy my nie gepik het nie is net genade!
'n Wildebees het my amper onderstebo gehardloop. Gelukkig het die glock se skote hul merk getref.
Een vlakvark beer was ook sterk oppad om my van my voete af te stamp, maar 'n kopskoot uit die 243 het hom kalmeer.
Daar het ook 'n swart mamba by my bakkie se venster ingepeul, maar ek was te besig om my onderbroek skoon te probeer hou om fotos te neem!


Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 8:38 pm
by Carlc
Mensig maar daai eland bulle is darem maar mooi. Ek sal glad nie omgee om so n trofee teen my muur te hang. Baie geluk met al die wild gejag Eduard. Dis voorwaar prima trofees daai.
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 8:44 pm
by Eduard Venter
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 8:59 pm
by JohanvB
Pragtig!!
Wat slag daai Rooibok ramme gemiddeld uit??
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 9:04 pm
by Eduard Venter
Die wat ons geweeg het was almal so 30-38kg. Ons het ongelukkig niks van daai 40+kg monsters die jaar geskiet nie.
Daai karkas foto is wel 'n ooi. Ek dink sy was 'n rapsie oor die 30kg as ek reg onthou.
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 9:34 pm
by ruaanb
Hoe klim daai Swart gevaar so by n ruit in ?
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 9:34 pm
by ruaanb
Daai eland bulle is diep mooi.
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 9:39 pm
by Lategan1
Baie mooi en geluk Eduard.
Dankie vir deel.
Beste.
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Sun Oct 30, 2022 10:05 pm
by Koos Barnard
Mooi bokke en mooi foto's Eduard!!
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 12:28 am
by Pappabeer
Baie geluk met n uitstekende seisoen Eduard
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 5:19 am
by Frederik
Mooi seisoen ek hoop die slange plae minder volgende seisoen.
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 6:22 am
by DWB
Baie Mooi Eduard!!!! Welgedaan!
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 6:42 am
by Geno
Netjies Eduard! Mooi bokke!
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 7:13 am
by Eduard Venter
Dankie julle
ruaanb wrote:Hoe klim daai Swart gevaar so by n ruit in ?
Hoe presies hy ingekom het is ek nie seker nie. Ek het baie stadig gery (idle 2de) en op my foon getik. Toe my oog iets vang wat by die venster inkom. Ek het omtrent 'n oorval gekry. Ek wonder of ek nie oor sy stert gery het dat hy omgeswaai het nie. Hy was darem net deels in die bakkie en ook net vir 'n oomblik.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 8:19 am
by Capt. Yoda
Is n diep mooi Rooibok op daai eertse foto
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 8:39 am
by ruaanb
Eduard Venter wrote:Dankie julle
ruaanb wrote:Hoe klim daai Swart gevaar so by n ruit in ?
Hoe presies hy ingekom het is ek nie seker nie. Ek het baie stadig gery (idle 2de) en op my foon getik. Toe my oog iets vang wat by die venster inkom. Ek het omtrent 'n oorval gekry. Ek wonder of ek nie oor sy stert gery het dat hy omgeswaai het nie. Hy was darem net deels in die bakkie en ook net vir 'n oomblik.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Joh joh daai tyd moet central locking nie aan wees nie…bly jy darem ongeskonde!
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 9:03 am
by saswart
Netjies Eduard, daar is 'n hele klomp mooi diere daar!
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 1:28 pm
by partner
Pragtig. Dankies vir die deel.
Re: 2022 seisoen hoogtepunte
Posted: Mon Oct 31, 2022 1:37 pm
by sako 30-06
Eduard, julle het n paar droom trofees geskiet.
Daai vlakkie met die comb over bly my gunsteling
