Page 1 of 1

Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 2:30 pm
by Nico de Jager
Jis manne, ek was bevoorreg om laasweek diè "management" bul te jag.
375H&H met 270gr TSX @ 2570fps.
Eerste skoot was op 170m. Wind en terrein het dit onmoontlik gemaak om nader te kom. Met die skoot het die hele trop netso bly staan en die bul het gaan lê. (Skoot is net bo oor hart sonder om are te raak, maar dwarsdeur albei longe.)
Ons kon sien hoe hy bloed uitblaas terwyl hy asemhaal. Na so 15min het ons nader gegaan en toe ons 40m van hom af was het hy opgestaan. Ek het dadelik n tweede "quartering towards"
skoot geskiet wat sy hart aan flarde geruk het. Hy het dadelik gebrul, gespring en geval. Toe was als verby.

Re: Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 2:35 pm
by DWB
Lekker! Geluk!

Re: Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 2:42 pm
by ruaanb
Geluk!

Re: Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 2:55 pm
by Eduard Venter
Netjies! Mooi gegooi

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 5:58 pm
by Louisdewet
Lekker! Perfekte biltongbuffel!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 6:01 pm
by Sako75
Meningte man se droom! Lekker!

Re: Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 6:40 pm
by Lategan1
Uitstekend - baie geluk Nico!

Beste.

Re: Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 8:01 pm
by Dash431
Baie geluk Nico!

Baie mooi bul, en die Barnes het prentjie mooi omgeklink.

Re: Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 8:22 pm
by Frederik
Netjies en die koeel het mooi oopgemaak self op daardie distansie.
As ek mag vrae hoekom moes die bul af?

Re: Buffel.

Posted: Mon Nov 28, 2022 9:18 pm
by Koos Barnard
Weereens veels geluk Nico, ons het al gesels. Baie bly vir jou part. Barnes bly darem maar koning!
Mooi loop

Re: Buffel.

Posted: Tue Nov 29, 2022 8:30 am
by Wouter Roets
Baie geluk Nico! Ja Beter, Beste, Barnes!

Re: Buffel.

Posted: Tue Nov 29, 2022 4:19 pm
by Nico de Jager
Baie dankie manne, dit bly spesiaal.
Frederik, ek kan nie namens die eienaar praat nie en ek dink dit is n sameloop van omstandighede , onder andere het hy die tropbul begin challenge.
Groete

Re: Buffel.

Posted: Tue Nov 29, 2022 4:37 pm
by Frederik
Dankie die maak sin want dit lyk nie of hy generies sleg was nie en mooi bul kon word.