Page 1 of 1

Meat-o-matic vleissaag

Posted: Wed Nov 30, 2022 3:18 pm
by Charl.308
Middag almal

My ou betroubare Meat-o-matic vleissaag se "tensioner lever" het gegroet.
Enige iemand dalk n idee waar ek so part in die hande kan kry?
* Onder staande foto wys part wat ek graag soek*

Re: Meat-o-matic vleissaag

Posted: Wed Nov 30, 2022 3:35 pm
by 3006
Middag, jy kan dalk vir Konidaris probeer 071 887 8790 .

Re: Meat-o-matic vleissaag

Posted: Wed Nov 30, 2022 7:04 pm
by Johan Nel
Probeer MEAT-O-MATIC SPRINGBOK CC
012 541 0352
082 562 8054

Re: Meat-o-matic vleissaag

Posted: Mon Dec 08, 2025 2:50 pm
by Giepie
Hierdie is 'n ou draad maar dit gaan oor 'n Meta-o-Matic meule. Ek soek van die tuite vir 'n nr10 meule, maar ook van die siffies, eintlik die een vir worsstop.

Meat-o-Matic is nou by Hydromobile, maar hulle het nie eintlik meer onderdele vir die nr10 meule nie.

Re: Meat-o-matic vleissaag

Posted: Tue Dec 09, 2025 7:26 am
by Johan Nel
Giepie bedoel jy nie 'n nr 12 meule nie? Die meulens is gewoonlik in grootte 12; 22; en 32 geklassifiseer.

By ons in Nelspruit is 'n besigheid genaamd National Butchery Supplies waar ek al plaatjies by gekoop het vir 'n nr 22 meule, maar ek vermoed as jy by Crown National, Freddy Hirsch of Deli Spices navraag doen, sal hulle jou ook kan help. Ons plaaslike Deli Spices het dikwels van die items op hulle rakke. Pryse het wel met rasse skrede gestyg die afgelope ruk, tot so 'n mate dat ek my eie 22mm stopper tuit geprakseer het.

Re: Meat-o-matic vleissaag

Posted: Wed Dec 10, 2025 5:37 pm
by Giepie
Johan, myne is 'n nr 10. Hydromobile het teruggekom na my toe, wat ek nodig het, het hulle gelukkig nog gehad. Die nuwer meulens is nr22's wat groter is. Gister klomp vleis gemaal sonder probleme. Wat ek gesoek het was tuite en 'n "kidney plate" vir die wors maakery.