Page 1 of 1

Vakansie skool

Posted: Fri Dec 09, 2022 8:21 am
by Geno
Eertse week van skoolvakansie is verby. Nog net 12 weke (of so voel dit :laugh: ) om te gaan.
Gelukkig is ons bevoorreg om vir onsself te werk, en dit nog in die veld ook, so die kinders kan nou en dan saamgaan om lekker goed te doen.
Eergisteraand was my lat saam toe skiet ons 15 jakkalse by 'n klient van my.
Sodra die reënweer bedaar sal ons bietjie gaan visvang...

Image

Re: Vakansie skool

Posted: Fri Dec 09, 2022 8:32 am
by Supacow
Stoute kiki

Re: Vakansie skool

Posted: Fri Dec 09, 2022 8:35 am
by Eduard Venter
Netjies Geno! Wanneer die lat reg is vir sy eerste bok is jy welkom om hom na my toe te bring vir 'n vark of 'n rooibok. Gratis natuurlik.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Vakansie skool

Posted: Fri Dec 09, 2022 9:04 am
by Frederik
Baie mooi en spesiale tyd saam jou seun.

Re: Vakansie skool

Posted: Fri Dec 09, 2022 9:24 am
by Geno
Eduard Venter wrote: Fri Dec 09, 2022 8:35 am Netjies Geno! Wanneer die lat reg is vir sy eerste bok is jy welkom om hom na my toe te bring vir 'n vark of 'n rooibok. Gratis natuurlik.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Baie dankie Mater! Hy is my een voor met 'n bok in die Kalahari in die Suide van Nam ;)
Ek het self nognie eers 'n bok in Nam geskiet nie...

Image

Re: Vakansie skool

Posted: Fri Dec 09, 2022 9:39 am
by Ratel
Geno jy laat die jakkals skiet ding maklik lyk. Baie mooi foto met goeie herineringe vir die toekoms.

Re: Vakansie skool

Posted: Fri Dec 09, 2022 9:48 am
by Eduard Venter
Geno wrote:
Eduard Venter wrote: Fri Dec 09, 2022 8:35 am Netjies Geno! Wanneer die lat reg is vir sy eerste bok is jy welkom om hom na my toe te bring vir 'n vark of 'n rooibok. Gratis natuurlik.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Baie dankie Mater! Hy is my een voor met 'n bok in die Kalahari in die Suide van Nam ;)
Ek het self nognie eers 'n bok in Nam geskiet nie...

Image
Netjies. Lyk my die mannetjie gaan groot gaan. Geniet julle tye saam!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Vakansie skool

Posted: Fri Dec 09, 2022 3:09 pm
by Nico de Jager
By verre, die beste skool ooit!!!!!

Re: Vakansie skool

Posted: Sat Dec 10, 2022 4:58 am
by Thunderhead
N mens onderskat wat se waarde jy in n kind se lewe bring deur hom veld toe te vat. Ek het nie kinders van my eie maar het paar kinders hul eerste bokke help skiet. Ek loop hul raak nou as groot mans en hoor hoe dit hul gevorm het. Selfs die kleinste goed onthou hulle.

Re: Vakansie skool

Posted: Sat Dec 10, 2022 2:10 pm
by Wielie Waps
Ou Geno. Laat bou maar solank vir jou 'n dubbel stoel, anders gaan jy een van dae voor in die bakkie sit en Whatsapps lees terwyl daai lat jakke roep en skiet.

Well done, sy fondasie is solid..........

Vakansie skool

Posted: Thu Mar 14, 2024 8:52 am
by Geno
Die jongman van my het alweer uitgehaal en gewys die naweek. Op sy 6de verjaardag, toe skiet hy sy eerste jakkals met een van my .243's.
Die man het ons ore aan die brand gepraat daarna ImageImage

Fotos en video volg:
https://youtube.com/shorts/lG1yROse4i0

Image

Image

Re: Vakansie skool

Posted: Thu Mar 14, 2024 9:11 am
by prohunt
Geno wrote: Fri Dec 09, 2022 8:21 am Eertse week van skoolvakansie is verby. Nog net 12 weke (of so voel dit :laugh: ) om te gaan.
Gelukkig is ons bevoorreg om vir onsself te werk, en dit nog in die veld ook, so die kinders kan nou en dan saamgaan om lekker goed te doen.
Eergisteraand was my lat saam toe skiet ons 15 jakkalse by 'n klient van my.
Sodra die reënweer bedaar sal ons bietjie gaan visvang...

Image
Pragtige foto daai Geno!! Geen geld kan vir daai kwaliteit tyd saam met jou kind betaal nie 👏👏

Re: Vakansie skool

Posted: Thu Mar 14, 2024 9:24 am
by sako 30-06
Baie geluk, daai jongman mag maar skiet. Ek dink hy sal n paar van ons mans se gatte skop.
Kan sien die mannetjie word sommer reg groot gemaak, jy mag maar trots wees.

Re: Vakansie skool

Posted: Thu Mar 14, 2024 9:29 am
by Capt. Yoda
Lekker Oom Paul!
Is altyd lekker as die jongmanne dit geniet in die veld of langs n dam

Re: Vakansie skool

Posted: Thu Mar 14, 2024 1:58 pm
by Koos Barnard
Baie geluk Geno en Jongman!! Dit wil gedoen wees. Soos die manne al genoem het... die fondasie word reg gelê.
Mooi loop

Re: Vakansie skool

Posted: Fri Mar 15, 2024 10:00 am
by Wouter Roets
Lekker maat! Dis darem nou vir jou kosbaar. Dink die tyd het aangebreek dat jy die faandel oordra en hom nou maar Babaleeu doop.

Re: Vakansie skool

Posted: Fri Mar 15, 2024 5:47 pm
by DWB
Lekker Gedoons!

Wat ñ voorreg!!!

Re: Vakansie skool

Posted: Sat Mar 16, 2024 1:08 pm
by Frederik
Geluk Geno, baie mooi gedoen en jou video wat jy gemaak het was ook lekker.
My nie meer jong man kan nog steeds nie vergeet van die aand toe ons nie kon connect met 'n jakklas nie maar waar hy toe tarentaal uit die boom gepluk het saam met jou.

Wat ons so doen vir die jongmense in die veld beteken baie meer as wat ons dit besef.

Re: Vakansie skool

Posted: Tue Jul 01, 2025 10:59 am
by Geno
Laasnag is ek en die lat weer uit na 'n klient toe, en kon hy sy ystervark en rooikat kry.

Image

Image

Re: Vakansie skool

Posted: Tue Jul 01, 2025 12:02 pm
by DWB
Pragtig Geno! Ek wil ook nog 'n Rooikat jag!

Re: Vakansie skool

Posted: Tue Jul 01, 2025 1:16 pm
by sako 30-06
Ai, dit bly lekker.
Baie geluk.
Is dit net ek, of is daai n monster ystervark? Lyk na n meneer.

Re: Vakansie skool

Posted: Tue Jul 01, 2025 4:17 pm
by Geno
Dit was 'n baie groot ystervark ja

Re: Vakansie skool

Posted: Tue Jul 01, 2025 5:01 pm
by partner
Pragtig. Baie dankies vir die deel. Bitter trots op Julle Twee.