Page 1 of 1
Hond gesoek om saam te kom skiet.
Posted: Mon Feb 27, 2023 6:55 pm
by Pvdw
Dag manne.
Ons is so paar manne hier van Pretoria en Jhb. wat gereeld deur die winter saam duiwe skiet. Ons het gewonder of daar iemand is met 'n GSP of so iets wat saam sal wil kom om die honde uit te vat op sulke trips. Die honde kan lekker duiwe optel en ons kan konsentreer op ons skiet werk.
Laat weet my as julle van iemand weet.
Peet
082 920 3978
Re: Hond gesoek om saam te kom skiet.
Posted: Mon Feb 27, 2023 9:09 pm
by Lategan1
Peet, luister by die “field trail” clubs. Daar is baie keer jaghond hanteerders wat geleenthede soek.
Ekself was al paar keer versoek om my hond te bring, Overberg skiete. Haelgewere skiet en ons honde tel op - nie ligte werk nie. Het gelukkig altyd iets aan dat ek nie kon meemaak nie!!! Het nie genoeg tyd vir my eie skiete nie.
Beste.
Re: Hond gesoek om saam te kom skiet.
Posted: Tue Feb 28, 2023 11:05 am
by tripodmvr
Peet, Lategan is reg. Ek het al tarentale gejag waar dames hul Labs gebring het om die apporteer werk te doen. Hulle jag nie saam nie en werk net met die honde.
Re: Hond gesoek om saam te kom skiet.
Posted: Tue Feb 28, 2023 11:32 am
by Lategan1
Die ander groot probleem vir honde hanteerders, is die veiligheid van die jagarea.
Hier bedoel ek:
Slagysters, ou afgebreekte hakkiesdrade, “weggesteekte droppers en ysterpale” halfpad in die grond, tipe klip wat rondlê tussen bosse ens. Dit sny ‘n jaghond op spoed en met tonnelvisie, uitmekaar.
Maak deel van jou beplanning.
Ter info.
Beste.
Re: Hond gesoek om saam te kom skiet.
Posted: Tue Feb 28, 2023 7:56 pm
by Pvdw
Dankie vir die raad, gaan steeds aanhou soek.
Re: Hond gesoek om saam te kom skiet.
Posted: Wed Mar 01, 2023 10:11 am
by Ferdi Bam
Hi Peet,
Baie GSP eienaars gaan dalk onwillig wees omdat n duif se vere sag is en maklik uittrek en in die hond se bek vassit. Die gevolg is hy begin die duif kou om vd vere in sy bek ontslae te raak. Dis veral van toepassing op jong honde wat nou voorberei word vir die jagseisoen. n Ouer meer ervare GSP behoort nie die daardie probleem te he nie. Skakel vir Slang Viljoen wat in Kameeldrift bly, hy is die voorsitter TVL HPR Fieldtrail Club en kan jou op spoor sit. Hulle het ook n website met telefoonnommers.
Die labrador manne doen hulle fieldtrails hoofsaaklik met feral pigeons. Ek is seker hulle sal met graagte help. Jy sal maar moet googleloer vir nommers.
Geniet die kranduif skiet.
Net so terloops, ek sien dat jy so ruk gelede n positiewe aanmerking gemaak het oor daardie .22 van jou.
Groete
Ferdi Bam
Re: Hond gesoek om saam te kom skiet.
Posted: Thu Mar 02, 2023 6:44 pm
by Pvdw
Ferdi Bam wrote: Wed Mar 01, 2023 10:11 am

Baie dankie Ferdi. Ek het nie besef daar is so baie "Inns and outs" vie honde es skiet nie

. Ek vol vir slang op en kyk wat ek kan reg kry.
Ferdi ek het daai .22 destyds vir my seun gekoop. Daai geweer skiet so maklik en lekker dit raak amper vervelig om raak te skiet met hom. Ek dink dit moet 1 van die beste .22 daar buite wees vir die prys wat hulle deesdae kos. Nie 'n sekonde spyt ek het hom gekoop nie.
Re: Hond gesoek om saam te kom skiet.
Posted: Fri Mar 03, 2023 8:30 am
by toxicsox
Kontak
German Shorthaired Pointers - Tvl HPR Field Trial Club
e-mail:
hpr.club@mweb.co.za
Tel: +27 (0)82 565 9654 (Andre)
Kry hulle op Facebook
Re: Hond gesoek om saam te kom skiet.
Posted: Fri Mar 03, 2023 7:19 pm
by Pvdw
toxicsox wrote: Fri Mar 03, 2023 8:30 am
Kontak
German Shorthaired Pointers - Tvl HPR Field Trial Club
e-mail:
hpr.club@mweb.co.za
Tel: +27 (0)82 565 9654 (Andre)
Kry hulle op Facebook
Dankie. Ek het hul nommer juis gister by iemand anders ook gekry