Page 1 of 1

Kwik Staaf of lood

Posted: Mon May 08, 2023 1:55 pm
by OupaZA
Middag jule...

Ek is opsoek na 'n kwik staaf vir my geweer om the help met die recoil. (458 Lott)

Paar mense het my nou al vertel het dat die kwik staaf maar net so goed is soos 'n lood staaf, want dit gaan maar net oor die extra gewig.

Wat is jule ondervinding?

Moet ek nog wag vir 'n kwik staaf tot ek een kry?

Groete Emile

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Mon May 08, 2023 2:01 pm
by HunterB
Middag,

Ek dra geen by tot jou vraag nie, maar sal ook die draad volg want het dieselfde vraag gehad vanaf n vriend oor watter opsies mens het as mens nie voor aan die loop wil sny nie.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Mon May 08, 2023 2:22 pm
by tripodmvr
Hoe beskikbaar is kwik nog deesdae? Word dit nog produseer? Selfs lood se naam stink as dit by die gebruik in skietsport kom, maar dit is darem nog geredelik beskikbaar. Weet net nie hoe jy gaan voel om gate in die kolf te boor om die lood daarin te plaas nie.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Mon May 08, 2023 3:59 pm
by Lategan1
Jy sal nie eens weet van die gate nie!

My baie liggewig wilde 9.3x62mm lood ingesit, 280gram. Gedeelte daarvan naby die knox êrens, ek weet nie presies waar nie, vir die balans.
Hulle het ook die kolf se skouer meer loodreg tot die loop verander.

Daarna is my geweer lekker hanteerbaar, ook op die bank.

viewtopic.php?t=21801&start=25

Beste.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Mon May 08, 2023 4:49 pm
by Henna308
Goeie dag Emile

Ek het laas by Thor 'n kwik buis gekoop, jy kan hulle dalk probeer. Hy het so soort van sroefdraad op wat hom lekker laat inskroef agter die kolf in. Ek het beide lood en 'n kwik staaf in my 450 Rigby ingesit so ek kan nie die een bo die ander uitsonder nie.

Vanuit my werksagtergrond sal die kwik wat beweeg (klots) wel 'n effek he want dit is 'n baie groot probleem in tenks wat voertuie laat omslaan.

Net my 2 sente.

Groete

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Mon May 08, 2023 5:53 pm
by DWB
Oupa, hoe meer jy hom skiet hoe meer sal jy daaraan gewoond raak. Gee jouself tyd.

En jy hoef nie ñ 500gr teen 2300fps te skiet vir nou nie.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Mon May 08, 2023 6:22 pm
by jdpretorius
Ekstra gewig help wel.

Ek's taamlik uitgesproke oor n bloukie wat ek so paar jaar terug geloop het by ARMS, maar daar is 2 dinge wat hulle wel goed gedoen het. Een daarvan is n "recoil arrestor" wat hulle vir my ingesit het, agter in die kolf.

https://www.armsonline.co.za/product-ta ... l-reducer/

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Mon May 08, 2023 8:41 pm
by Alwin
As jy lood in die geweer sit en dit behoorlik vas maak, help dit baie om die skop makker te maak. Meer massa gee laer terugskopspoed (selfde momentum, laer impuls).

Die kwikbuis werk anders. Die idee is dat die kwik voor in die buis lê as jy aanlê. As die skoot klap en die geweer beweeg terug, sit die kwik steeds in die voorkant van die buis en die ekstra massa help om die spoed te verminder.
Sodra die geweer se terugwaartse spoed begin verminder, m.a.w. aan die einde van die "terugskop" aksie, dan vloei die kwik agtertoe in die buis en slaan daar vas. Hierdie vloei vat bietjie tyd. Die terugskop in jou skouer word dus oor 'n langer tydperk na jou toe oorgedra. Die totale krag in jou skouer is steeds dieselfde, maar omdat dit oor 'n langer tydperk oorgedra word, voel die impuls heelwat "sagter".

Vir hierdie kwikbuis plan om te kan werk, moet die kwik aan die begin voor in die buis lê. Die maklikste manier om dit reg te kry, is om die gat waarin hy sit afdraende na voor te boor, sodat die voorkant laer lê as die agterkant.

Die kwikbuis sal steeds help om die skop te demp (eintlik vertraag) as hy mooi horisontaal lê, maar nie heeltemal so effektief as wanneer hy afdrande lê nie.

Die enigste nadeel van die kwikbuis is die ekstra gewig wat jy moet saamdra in die veld.

Kyk ook na 'n breë, sagte skopkussing. Dit help alreeds baie en werk goed in samewerking met 'n kwikbuis.

'n Ander plan wat gewoonlik vrugte afwerp, is om 'n stadiger dryfmiddel te gebruik. As jy genoeg S365 kan inkry is dit 'n goeie keuse. Die effek van 'n stadiger kruit is dat dit die drukkurwe effens af plat en dus oor 'n langer tyd uitrek. Dit dra dus die skop oor 'n langer tyd oor na die geweer, weereens 'n sagter impuls op jou skouer. Kombineer dit met die vorige 2 planne en die verskil in aanvoelbare "skop" is groot.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 5:20 am
by Frederik
Oupa,

Ek stem saam met Deon en jy kan gerus met my gesels oor jou geweer en ladings my CZ550 is stok standaard en by Safari se DGS het ons ek dink 33 skote gevuur my skouer was so effens rooi maar nie seer nie. By BASA skiet ons so 18-20 per shoot ook nie probleem nie.

Wouter het my lank terug resep gegee om mee te begin met S355 en ek het natuurlik oorgeslaan internasionale kruit toe en tussen Norma 203B en Vita 540 het ek lekker lading raakgeslaan. Jy leer die geweer skiet en werk jouself op moet net nie van die bench af skiet nie gebruik liewers 4 been of 5 been skietstokke.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 7:03 am
by OupaZA
Baie dankie vir almal se insette, als maak sin.

Ek het hom nou onlangs gelaai en geskiet met 400gr Claws , teen 2430 met N530. Obv het dit baie beter gevoel.

Die eerste paar skote wat ek met hom geskiet het was daai Hornady dangerous game. Hy het my bietjie seer gemaak!

Maar soos jul ook noem, hoe meer ek skiet hoe beter raak dit. Maar ek weet nie of ek ooit weer gewoont gaan raak aan die 500gr nie?

'n paar skote is nie sleg nie en ek sal graag BASA ook will skiet, 20 skote klink nog bietjie rof.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 7:07 am
by OupaZA
tripodmvr wrote: Mon May 08, 2023 2:22 pm Hoe beskikbaar is kwik nog deesdae? Word dit nog produseer? Selfs lood se naam stink as dit by die gebruik in skietsport kom, maar dit is darem nog geredelik beskikbaar. Weet net nie hoe jy gaan voel om gate in die kolf te boor om die lood daarin te plaas nie.
Ja sukkel baie om kwik stawe te kry..

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 7:15 am
by DWB
Ek wil dit graag noem, dit is immers 'n Heym, moenie dat enige mamparra aan die geweer karring nie......

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 7:22 am
by OupaZA
Frederik wrote: Tue May 09, 2023 5:20 am Oupa,

Ek stem saam met Deon en jy kan gerus met my gesels oor jou geweer en ladings my CZ550 is stok standaard en by Safari se DGS het ons ek dink 33 skote gevuur my skouer was so effens rooi maar nie seer nie. By BASA skiet ons so 18-20 per shoot ook nie probleem nie.

Wouter het my lank terug resep gegee om mee te begin met S355 en ek het natuurlik oorgeslaan internasionale kruit toe en tussen Norma 203B en Vita 540 het ek lekker lading raakgeslaan. Jy leer die geweer skiet en werk jouself op moet net nie van die bench af skiet nie gebruik liewers 4 been of 5 been skietstokke.
Dit lyk of die N540 sal ek werk as ek gou op QL kyk, hy sal beter wees vir die recoil as die N530? N540 is stadiger.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 7:24 am
by OupaZA
DWB wrote: Tue May 09, 2023 7:15 am Ek wil dit graag noem, dit is immers 'n Heym, moenie dat enige mamparra aan die geweer karring nie......
Aaih ek weet, dink jy hy sal waarde verloor? nie dat ek dink om hom ooit wil verkoop maar mens weet nooit.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 7:28 am
by Lategan1
OupaZA wrote: Tue May 09, 2023 7:24 am
DWB wrote: Tue May 09, 2023 7:15 am Ek wil dit graag noem, dit is immers 'n Heym, moenie dat enige mamparra aan die geweer karring nie......
Ek weet, dink jy hy sal waarde verloor? nie dat ek dink om hom ooit te verkoop maar mens weet nooit.
Begin by jou 4 mak voorstelle, dit is immers ‘n geweer wat ‘n beter kolf en ontwerp het.

> stadiger laer lading
> kruit met laer kurwe
> oefen meer, al kos dit paar sente ekstra teenoor karring aan ‘n spog geweer,
> sissie skouer sak.

Waarvek sou begin, en het met soortgelyke uitdaging.

Beste.

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 7:34 am
by OupaZA
Lategan1,

Ek stem...

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 7:43 am
by Geno
Dit klink of daai te veel geweer vir jou is. Ek ruil jou my .416 vir daai Lott. Ek weet wat jy betaal het, so dit gaan 'n fair trade wees :laugh:

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 7:51 am
by OupaZA
Geno wrote: Tue May 09, 2023 7:43 am Dit klink of daai te veel geweer vir jou is. Ek ruil jou my .416 vir daai Lott. Ek weet wat jy betaal het, so dit gaan 'n fair trade wees :laugh:
:laugh: :laugh: :laugh:

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 8:14 am
by Capt. Yoda
Geno wrote: Tue May 09, 2023 7:43 am Dit klink of daai te veel geweer vir jou is. Ek ruil jou my .416 vir daai Lott. Ek weet wat jy betaal het, so dit gaan 'n fair trade wees :laugh:
Ruil hom maar eder vir jou 30.06

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 8:37 am
by Wouter Roets
Oupa

Doen jouself die guns om die kwikstaaf roete te gaan. Ek het in n hele paar van my gewere ingesit en is nie vir een dag spyt nie. Hulle werk goed en maak n beduidende verskil in aanvoelbare recoil. In al my gevalle het dit my belaans van die gewere ook verbeter aangesien die meeste van hulle swaar lope het wat die belans na vore toe skuif. Ek glo dit sal ook die geval wees met jou Heym. Ek glo nie dat jy enigsins gaan inboet op waarde sou jy eendag die geweer sou wou verkoop. Dit sal in elk geval n bitter klein prys wees vir jare se genot.

Soos die manne reeds gese het oefen so veel as wat jy kan uit jag posisies uit, want recoil mangement is iets wat jy aanleer deur oefening en nie iets waarmee jy gebore word nie. Diegene wat anders praat is manne wat nou nog sukkel om hulle standerd 6 sertifikaat te bekom.

Groetnis
Wouter

Re: Kwik Staaf of lood

Posted: Tue May 09, 2023 8:41 am
by DWB
Ek glo nie die waarde is iets wat sal skade lei nie, laat 'n ordentlike geweersmid dit net doen