Page 1 of 1
Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 3:39 pm
by Stefan764
Hallo Manne
'n Paar vriende van Safari & Outdoor en Gotsoma Safaris het die naweek saamgespan en n lekker trippie gereel in die Vrystaat.
Ons het in totaal 2x Swartbeeste, 3x Springbokke en 11x blesbokke tussen 4x pelle geskiet.
Hier is drie van my troffees van die afgelope naweek...
Springbokram:
[img width=560 height=420]
http://dl.dropbox.com/u/55333818/Frankies%20Spbok.JPG[/img]
Afstand: 212m
7x64 Barnes TSX 150gr
Blesbokram:
[img width=560 height=420]
http://dl.dropbox.com/u/55333818/Frankies%20Blsbk.JPG[/img]
Afstand: 289m
243win Barnes TSX 85gr
Swartwildebees Bul:
[img width=560 height=420]
http://dl.dropbox.com/u/55333818/Frankies%20Swb.JPG[/img]
Afstand: 235m
7x64 Barnes TSX 150gr
Horings voorlopig gemeet op 25"
Die Barnes TSX koeels het uitmuntend presteer. Soos gewoonlik kon geen van die 7x64 se koeels opgevang word nie

maar vleisskade was minimaal indien enigsins berekenbaar.
Daar is 3x frontal skote van die 243 opgevang, een uit n springbok (hele bok gepenetreer, teen boud se vel gekry), een in blesbok (in lies gekry) en een in Swartbees, quartering towards (in tussen blad en nek, nek gebreek en agter die ander blad onder die vel gekry). Sal later fotos van die 3x herwinde koeels plaas.
Groete
Stefan
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 3:43 pm
by SV MAD (Henk)
Baie geluk, dit is baie mooi.
Sal graag wil sien hoe lyk die koeels wat julle herwin het.
Groete
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 3:46 pm
by Stefan764
Net gou voor ons weer n debat ontlok, op die bokke hierbo kon enige premium koeel gebruik gewees het en vleisskade sou dieselfde gewees het as met die Barnes in hierdie gevalle. Al die skote is deur die 2e of 3e rib agter die blad, geen blaaie is raakgeskiet nie. Wat vir my meer belangrik was was die akkuraatheid van die koele selfs in winderige toestande, selfs met die 243. My vriend Bryan se HOWA het hom uitstekend van sy taak gekwyt!!
Ek het een blesbok quartering away geskiet met die 243 en die bladbeen op die uitgangskant getref en die been het maar sleg gebreek. Nogtans was die vleisskade beperk. Behalwe vir waar die gbreekte been skade gemaak het het die koeel in n reguit lyn bly penetreer en die uitgangswond op die bok was kleiner as n R1 munt. Ek sou se twee derdes van die blad was nog bruikbaar vir wors of maalvleis.
Thanks SV! Ja ek neem gou fotos van die koele dan laai ek hulle op!
Groete
Stef
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 3:49 pm
by Koos Barnard
Stefaans
Terug kantoor toe boetie, jy jag gans te veel - ek sit nog dro?bek sover. Stel ook baie belang in daai .243 Barnes. Wil Suidwes toe maar net een roer saam neem. Die manne daar laat jou sommer alles met een roer skiet en ek reken die 85ge Barnes sal mooi loop op groter bokke as die skut sy kant bring. Ja, ek weet die .243 is nie geskik vir groot goed nie, maar die Barnes-X (eintlik enige kwaliteit monometaal) het al soveel male gewys dat hulle ver bokant hulle gewig punch.
Mooi loop
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 3:59 pm
by GreyGhostGear
Mooi gegooi daar Stefan!
Mooi netjiese, kwaliteit foto's ook.
Groete
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 4:30 pm
by Lourens
Stefaans stefaans stefaans......
Ek kan maar net kwyl as ek so na daai fotos kyk..... Skitterend gedoen mater, dis baie mooi bokke daai. Ek is erg jaloers! Is baie bly om te hoor die Barnes koele het weer so mooi gedoen. Soos ek altyd se: Good, Better, Barnes...

My gat brand behoorlik om die 80gr Tip TSX in my .243 op wild te toets!
Groete,
Lou
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 4:57 pm
by Pvdw
Stefan dis darm 3 mooi stuks wild wat jy daar geskiet het
Die fotografie is ook mooi beplan en uiteen gesit. Regtig iets besonders.
Peet
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 5:23 pm
by Gerhard
Mooi bokke Stef geluk man...
Ek sal moet kom kuier en n pakkie 150gr TSX kom haal vir die 30 06...

Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 5:40 pm
by Marc
Dags?
Mooi bokke daai en dit sommer hier op my agterstoep
Dankie vir die terug voer. Wag in spanning om die koe?ls te sien
Groetnis
Marc
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Feb 13, 2012 6:53 pm
by Francois Marais
Stef
Groot gegooi, weet sommer daai Barnes koeeltjies sou hulle goed van hulle taak gewyt het.......
Mooi loop
Francois
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Tue Feb 14, 2012 9:08 am
by SS
Stefan
Mooi fotos Mnr . Moet ook se dat ekke moerse impressed is met daai Howa van Bryan. Daai geweer is wragtig elke sent werd en nog meer!!!!
SS
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Tue Feb 14, 2012 9:56 am
by Stefan764
Hallo manne
Baie dankie viri mooi woorde.
Hier is die fotos van die 3x Barnes koele wat ons opgevang het van die 243. Al drie was frontal skote gewees. Al die plankdwars skote het regdeur gefluit, self dai 300m skote.
[img width=560 height=420]
http://dl.dropbox.com/u/55333818/top.JPG[/img]
[img width=560 height=420]
http://dl.dropbox.com/u/55333818/side.JPG[/img]
Links is die Springbok se frontal, langs sy exhaust teen die vel gekry
Middel is die Blesbok
Regs is die Swartbees sn. Wat merkwaardig van hierdie koeeltjie is is die feit dat hy die widebees quarterig towards getref het, die nekwerwels getref en gebreek het en met n spoed van 3111fps nogsteeds reguit bly penetreer het en deur die vel agter die anderkantste blad gestop is.
Al drie koele het 100% gewigretensie behou. V.L.N.R is hulle geweeg 84,9gr ; 85,3gr en 85,1gr
Sal maar in die Kalahari op 350m try n TSX uit die 7mm probeer vang op n Gemsbokkie as die winter begin...
Groete
Stef
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Tue Feb 14, 2012 10:08 am
by SS
Stefaans
Soos ons die naweek gese het, as mens daai sien weet jy hoekom jy so biki meer betaal vir jou Barnes punte!!
Sien julle netnou.
SS
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Tue Feb 14, 2012 10:22 am
by Lourens
Stefaans,
Daai Barnes het soos gewoonlik baie mooi gemaak, ek is bitter be-indruk met die koeel wat uit die swartbees kom. Om daai dier met n frontal skoot te skiet dat hy op sy gat gaan sit en dan nog sulke puik penetrasie en prestasie te lewer plaas die Barnes koele in 'n klas van hulle eie!!
Weereens welgedaan manne!
Groete,
Lourens
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Wed Feb 15, 2012 2:00 pm
by kopskoot
Mooi man julle!
Julle is almal so diplomaties oor die Barnse, die dat julle so by las in hakkies (enige mono metaal koeels)
Ek wil vir julle se: Barnes is dalk nie die heel beste koeel wat daar is nie, maar wys my 'n beter een dan jag ek net met hulle!
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Wed Feb 15, 2012 2:02 pm
by SS
Stem saam . . . . . Barnes gooi te mooi!!
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Wed Feb 15, 2012 2:16 pm
by Wouter Roets
Sully
Aan jou en die medejagters baie mooi gegooi hier ou maat! Een ding wat jy nog altyd besonder goed doen is die moeite en aandag wat jy insit met jou foto's! Ons almal kan maar so bietjie kers opsteek met jou daarmee. Net jammer jy is nie fotogenies nie!
Ja die Barnes het maar net weereens gewys hoekom hy die man is wat eerste kraai in die oggend! Ek het so terloops vanoggend vir Ferdie by Fishers en Shootters hier by ons gaan optel en my kaste gaan leeg maak van al wat n koeel is bo 7mm en net die Banes TSX'e gelos! Daar is gemaklik 150kg koeels na hom toe aangery! Dit is hoeveel ek vertroue in die produk het.
Groetnis
Wout
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Wed Feb 15, 2012 2:50 pm
by Stefan764
kopskoot wrote:
Mooi man julle!
Julle is almal so diplomaties oor die Barnse, die dat julle so by las in hakkies (enige mono metaal koeels)
Ek wil vir julle se: Barnes is dalk nie die heel beste koeel wat daar is nie, maar wys my 'n beter een dan jag ek net met hulle!
Appels!!!!
So bek moet Bells kry!!! Kopskoot, hou by die Barnse vir tyd en wyl en laat weet my ook as daar iets beters op die mark is
Groete!
Stefan
Re: Frankfort Jag - Safari&Outdoor-"Threesome" ; Springbok,Blesbok, Swartbees
Posted: Mon Mar 26, 2012 4:48 pm
by johan1
Jou fotos is regtig baie nice. Goed belig en duidelik. Lekker om na dit te kyk. kan nie wag vir my trippie middel mei nie