Page 1 of 1
Langnek
Posted: Thu Jan 07, 2010 2:33 pm
by Janjak
Hierdie ou het sy been seergemaak en moes gehelp word.
Re: Langnek
Posted: Thu Jan 07, 2010 3:04 pm
by Foxcreek
'n Man kan lekker lang biltonge uit daai ou uitsny! Net die regte ding vir my lang maag!!!!
Foxcreek
Re: Langnek
Posted: Thu Jan 07, 2010 3:32 pm
by Nico Harris
met wat het jy hom geskiet?
Re: Langnek
Posted: Thu Jan 07, 2010 3:45 pm
by Janjak
Fox
ek dink daai lang biltonge gaan beter werk vir n skietstok

Daars wel so laaaang fillet in my yskas...
Harris
met my 9,3x62 en n 286gr Rhino punt.
Re: Langnek
Posted: Thu Jan 07, 2010 5:09 pm
by Robert
Puik dier Janjak
Wat het sy been makeer?
Waar het jy hom geskiet?
Brag jy met jou dogter ook?
Klomp vrae so kort na mekaar.
Hulle se as jy lang genoeg biltonge maak kan jy hulle net bietjie reg sny en gebruik vir pikstele of by jou plaaslike polisie kantoor inhandig as battons vir die stopper gewere
Netjiese trofee vir 'n huis met 'n hoe plafon
Robert
Re: Langnek
Posted: Thu Jan 07, 2010 8:08 pm
by Nico Harris
ek het ok n 9.3x62 watse lading laai jy die rhino punte en watse spoed loop hulle? het jy die punt herwin
Re: Langnek
Posted: Thu Jan 07, 2010 10:39 pm
by Janjak
Robert,
N stuk draad het hom gesny -linker voorben. Lyk soos n strik en sy been het bly swel en slegte plek gemaak. Hulle het hom gepyl en probeer dokter maar tevergeefs
Lading is 54gr S335 en spoed 2300fps. 300gr Rhino met 57gr S355 is nog beter teen 2300fps.
Plek war tussen die oe in & agter kop uit, sy kop was bietjie gedraai. Die punt het mooi oopgemaak ek het al van diie 300gr herwin.
My meisiekind het gaan sit vir skaal, sy en ha boetie skiet al van doeke tyd af.
Met haar moet ek net keer sy wil net skiet, amper erger as ha boetie.
Karkas Gewig was 575kg
Re: Langnek
Posted: Fri Jan 08, 2010 7:51 am
by boeta
Janjak
Daai dier se nek is so lank as jy hom skiet val sy kop binne in die landros.Mooi trofee daai.
Boeta
Re: Langnek
Posted: Fri Jan 08, 2010 10:03 am
by Nico Harris
hoe warm is die lading vir die 300 grein in jou geweer? lyk vir my of hy lekker sal werk! watse primer en dop gebruik jy?
Re: Langnek
Posted: Fri Jan 08, 2010 11:05 am
by Janjak
Die lading is redelik warm maar S355 werk teen laer druk as S335.
Primers is CCI200 en PMP dop.
Die 300gr wat ek uit n blouwildebees kon uithaal het 299gr geweeg.
Re: Langnek
Posted: Fri Jan 08, 2010 5:25 pm
by Nico Harris
dankie janjak!
sal hulle defnitief try!!!
groete
nico harris