Page 1 of 1

Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Tue Jul 11, 2023 2:26 pm
by Gian_dP
Na twee lang kwartale is dit uiteindelik skoolvakansie. Tussen hokkie- en rugbytoere deur kon ons 4 pa's en 8 kinders darem paar dae vind om met die kinders in die veld te kom. Verlede Woensdag vroeg vat ons die pad Graaff-Reinet toe. Na Wimpy-ontbyt op Laingsburg, roomys by Four Sheep in Beaufort-Wes, en vinnige stop op Graaff-Reinet, kom ons op Springfontein aan. Die plaas lê so 70km anderkant Graaff-Reinet, net verby die Wapadsbergpas.

Image

Ons het gou afgepak en gewere se zeros bevestig. Met so 3 ure is lig oor is meeste van ons veld toe.

Die eerste middag al kon Simon sy eerste bok kry.

Image

Image


My seun was gelukkig om die geleentheid te kry om 'n kreupel goue BWB vir Flippie af te haal. Ordentlike stap en soek gewees om die bok te vind!

Image

Donderdag en Vrydag het ons voorgesit in die oggend, en middae gestap om spesifieke diere te vind.

Anika se swart springbok en blesbok

Image

Image

Lienka en Line se SWBe en lechwes

Image

Image

Image

Simon het nog paar kanse gekry na sy eerste bok.

Image

Image

Herman met sy swb en blesbok

Image

Image

Ek en Wihan ook darem kans gekry tussen die kinders deur. Wicus en Andre was tevrede met bakkie bestuur en gewere dra.

Ek was al 4 keer op die plaas, uieindelik my swb gekry.

Image

Wihan se girls hom darem kans gegee om die blesbok te skiet

Image

Katinka het die laaste dag kans gekry om haar eerste bok te skiet.

Image

Image

Herman kon op die laaste oggend uiteindelik sy takbok gekry. Drie dae hard gejag om hom te kry!

Image

Nadat Herman drie dae gevat het om die ram te vind en uit die bosse uit te kry, gee sy maatjie vir Jacques n kans op pad uit die kamp uit nadat ons Herman se bok gaan oplaai het!

Image

Ongelooflike lekker paar dae by Flippie en Lisel gehad!

Image

Sondagoggend het die Oos-Kaap ons gegroet met klein bietjie sneeu. Waarlike n voorreg en n seën om tyd met goeie vriende en ons kinders in die jagveld te spandeer!

Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk



Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Tue Jul 11, 2023 3:53 pm
by JohanvB
Wat ‘n voorreg julle!!!

Maar dink julle diepvrieste loop nou oor!!!

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Tue Jul 11, 2023 3:57 pm
by henried
Te lekker, goed gedoen.

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Wed Jul 12, 2023 8:01 am
by Frederik
Netjies gedoen en paar lekker bokke vir die yskas.

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Wed Jul 12, 2023 8:28 am
by Dawie Malan
Baie mooi. Dankie dat julle dit gedeel het.

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Wed Jul 12, 2023 8:47 am
by joe rocket
Dis nou lekkerte.

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Wed Jul 12, 2023 8:53 am
by Toyrsi
Baie geluk met die bokke en wat n voorreg om dit saam die kinders te doen.

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Wed Jul 12, 2023 8:54 am
by OupaZA
Lyk awesome jule, en baie geluk aan die jagters!!

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Wed Jul 12, 2023 11:55 am
by ruaanb
Lekkerste!

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Wed Jul 12, 2023 5:02 pm
by partner
Dankies vir die deel en fotos.

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Thu Jul 13, 2023 4:03 pm
by Ds J
Baie geluk!

Watter kalibers gebruik die kinders?

Hoe oefen julle met d8e kinders vir die jag?

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Thu Jul 13, 2023 5:05 pm
by WicusdP
Ds J wrote: Thu Jul 13, 2023 4:03 pm Baie geluk!

Watter kalibers gebruik die kinders?

Hoe oefen julle met d8e kinders vir die jag?
Byna al die kids skiet saam met ons veldskiet kompetisies en gong challrnges op ‘n gereelde basis. So hulle is gewoond aan onstabiele posisies….en kan al self besluit wanneer ‘n kopskoot aan is, en wanneer nie.

Vir die veldskiete gebruik hulle almal 6mm’s, maar vir die jag het hulle almal 6.5 Creed geskiet omdat ons ook wildebeeste geskiet het.
Van die springbokke is met 243 Ackley geskiet as ek reg onthou.

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Thu Jul 13, 2023 6:24 pm
by Arnold
Dit lyk heerlik!

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Thu Jul 13, 2023 6:29 pm
by Ds J
WicusdP wrote: Thu Jul 13, 2023 5:05 pm
Ds J wrote: Thu Jul 13, 2023 4:03 pm Baie geluk!

Watter kalibers gebruik die kinders?

Hoe oefen julle met d8e kinders vir die jag?
Byna al die kids skiet saam met ons veldskiet kompetisies en gong challrnges op ‘n gereelde basis. So hulle is gewoond aan onstabiele posisies….en kan al self besluit wanneer ‘n kopskoot aan is, en wanneer nie.

Vir die veldskiete gebruik hulle almal 6mm’s, maar vir die jag het hulle almal 6.5 Creed geskiet omdat ons ook wildebeeste geskiet het.
Van die springbokke is met 243 Ackley geskiet as ek reg onthou.
Dit klink netjies, baie dankie.

Goeie, gereelde oefening maak vir min kwesskote.

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Fri Jul 14, 2023 10:07 am
by Geno
Te lekker! Geluk julle!

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Fri Jul 14, 2023 3:57 pm
by Gian_dP
Paar Triggercam clips van die jag.

https://youtu.be/_p_j4r_nQj8

Re: Kinders se jagtrip Graaff-Reinet

Posted: Thu Jul 20, 2023 11:10 am
by tau
WOW!! Lekker manne, julle kinders is bevooreg.