Page 1 of 1
Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Wed Jan 24, 2024 10:22 am
by toxicsox
Manne kan iemand my asb. hier reghelp.
Maak nie saak waar jy wat lees nie, nasionaal of internasionaal, outfitters en PH artikels, selfs op die forum as jy die "search" funksie gebruik word daar gestaaf as feit dat die.375 die minimum wettige kaliber is vir gevaarlike wild m.a.w Buffel, Olifant, Renoster, krokodil, seekoei in sommige provinsies en ook Suid-Afrika.
Is daar 'n Ordinnansie of Wet wat dit bepaal of is dit wat die PH en grondeienaars verlang?
Ek weet in die Ordinansies staan daar geskryf niks kleiner as 5,6mm nie, maar waar word die .375 as wet voorgeskryf as minumim kaliber vr Gevaarlike wild in Suid-Afrika?
Hierdie is die inligting tot my beskikkig:
NATIONAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT: BIODIVERSITY ACT, 2004(ACT NO. 10OF 2004) NORMS AND STANDARDS FOR HUNTING METHODS IN SOUTH AFRICA
CHAPTER2
MINIMUM REQUIREMENTS FOR HUNTING METHODS
Minimum bullet weights for rifle hunting
(1) The minimum bullet weights for rifie hunting for the respective categories of wild and alien animals are the following-
(e) 9.9 g. (150gr.) bullet for hunting furred game up to and including the size of blue wildebeest. kudu, gemsbuck, sable, roan and leopard;
{D 11 g. (175gr.) bullet for hunting furred game larger than the species contemplated in sub-paragraph (1)(e), up to and Including eland, but excluding Hon and buffalo;
(g) 16.2 g. (250gr.) bullet for hunting furred game larger than the species contemplated in sub paragraph (1)(n, up to and including lion, buffalo and giraffe; and
(h) 19.5 g. (30Dgr.) bullet for hunting furred game larger than the species contemplated in sub paragraph {1)(g), including thick-skinned animals, but excluding buffalo.
"thick-skinned animal" includes, but is not limited to, elephant, rhinoceros, hippopotamus, crocodile and buffalo;”
(2) When hunting thick-skinned animals the bullet must be of full metal jacket or monolithic solid construction.
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Wed Jan 24, 2024 11:10 am
by saswart
Lekker vraag en seker klomp sal iets te se he.
Jy sal sien die 300gr punt is eintlik vir thick gamed animals (wat gedefinieerd is as olifant, renoster, buffel, seekoei, krokodil en buffel), maar hul sluit buffel spesifiek uit by die 300gr. Dan wat interessant is, jy kan 250 gr gebruik vir Buffel, leeu (so dink aan iets soos 'n 338 Win Mag, selfs 318 Westley Richard teoreties), luiperd weer is ook uitgelsuit al vroeg met enigiets 150 gr (so teoreties 'n 6.5 met 'n 156 gr is wettig). Maar krokodil word nerens uitgesluit nie of genoem nie, so hom volgens die wet moet jy met 300gr klits.
Ek ken nie kalibers so goed nie, maar is amper seker 375H&H is die kleinste kaliber wat 'n 300gr koel kan skiet (nou praat ek natuurlik van vervaardigde ammunisie).
Daarom sal jy sien party plekke in SA laat jou toe om met 'n 9.3 (286gr) buffel te skiet. Ander lande gebruik weer energie, maar selfs dit het sy eie probleme.
Dus, dink ek die meeste PH's, organisies ens gebruik gesonde common sense en sit al die gevaarlike wild onder die 300gr klasifikasie (375H&H) om net verwarring en moontlike probleme te vermy.
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Wed Jan 24, 2024 12:15 pm
by toxicsox
Kom dit daarop neer dat jy tussen die 2 pakkies 9.3 ammunusie enige en alle wild mag skiet?(Ek sê nie dit is slim nie) - sonder om enige wette te oortree in SA?
Ek noem dit maar bloot uit 'n wetlikke aspek - nie uit 'n etiese of common sense perspektief nie. EK probeer net agter die kap kom vanwaar die .375 orals as wet genoem word....
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Wed Jan 24, 2024 1:01 pm
by saswart
Netjies, ek moet eers bieg, ek het nie geweet daar is sulke swaar vervaardigde ammunisie vir 9.3 nie. Daar is wel baie 300gr punte (FMJ/solids) vir selfs nog kleiner kalibers soos 358, 338, maar dit sal seker herlaai moet word (weereens nie seker of vervaardige ammunisie nie), maar dit sal wettig wees as jy die letter van die wet toepas.
Daai 325gr oryx is wel nie FMJ/Solids soos vereis in par 4(2) nie, so om jou vraag te beantwoord, nee jy sal nie wettiglik met dit jag nie.
Maar ja, jy is reg, as jy op papier kyk, kan jy nie se 375 is die wettige perk nie, dit is duidelik nie so nie (tensy ons beide 'n amendment tot die wet en regulasie nie opspoor nie). Eerder net common sense en om die als te probeer verduidelik op 'n platform aan kliente... Ek weet nie hoe 'n PH sal reageer as 'n man opdaag met 'n 338 lapua met 300gr koele en buffels wil skiet oor 'n kilo nie, dit wil voorkom of dit sal wettig wees

Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Thu Jan 25, 2024 2:08 pm
by JAGTERSREG-JRM
Glo maar dis wet maar soos ek dit het laat van die lande nog wel 9.3x62 toe op gevaarlike goete.
Daar kan baie geredeneer word oor die onderwerp en minimum vereistes maar my vermoede is dat dit gebruik word om die "algemene jagter" ook tot n mate veilig te hou. Moet dalk daaraan dink dat die ou wat 1 of 2 bokke n jaar skiet nie noodwendig die ervaring of kennis het met die gevaarlike goete nie, watse kaliber sal geskik wees dat selfs hy met n klein foutjie nie almal in gevaar stel nie. Ja ja skootplasing is belangrikste maak nie saak waarmee mens skiet nie maar goete gebeur.
Jare terug by n ou leeujagter gehoor dat die heel beste kaliber vir leeus n 3006 of n vinnige magnum kaliber is (tot n mate geneig om saam te stem ten opsigte van maksimum skade), dit sal natuurlik nie noodwendig die beste wees as daai katjie se stertjie heen en weer swaai en daai ore plattrek nie.
Ek kan ok nie sien dat n 9.3x62 met gepaste koele nie n buffel sal plattrek nie......alhoewel ek verlief is op my 470!
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Thu Jan 25, 2024 4:06 pm
by saswart
Toxicsox, die was lekker interessant, ek het volgende gekry op LexisNexis.
Op 11 Desember 2009 is daar in die Goverment Gazette (No 32798) in Notice 1614 van 2009 'n draft "norms en standards" gepubliseer wat oop was vir kommentaar. Dit lees in A21, dat minimum kaliber vir Kameelperd, Dangerous Game and Pachyderms 375H&H is. Dit lyk nie of dit aanvaar is nie...
In 2011, met Government Gazette No (GN 456 of 2011) in goverment gazette 34326 gepubliseer op 27 Mei 2011, is die Norms en standards, wat jy bo aangehaal het (aangeheg), soos aanvaar en geteken deur Minister, gepublisieer.
Ek sien niks van provinsiale regerings wat dalk iets uitgereik het nie, mag dalk wees.. Sal lekker wees as iemand anders dalk kan bydra as hul weet waar die minimum 375 vereiste vandaan kom..
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Fri Jan 26, 2024 9:04 am
by Wouter Roets
Toxi
Elke provinsie het sy eie vereistes as dit kom by die jag van spesies. Dit is nog wat ek kan onthou toe ek my beroepsjag eksamen in 2000 gedoen het. As ek reg kan onthou was die 9,3 wettig in Kwazulu Natal maar nie in die meeste ander provinsies nie. Verder was daar goed soos jy mag bv nie met n silencer in Mpumalanga gejag het nie.
Groetnis
Wouter
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Fri Jan 26, 2024 10:10 am
by toxicsox
Wouter Roets wrote: Fri Jan 26, 2024 9:04 am
Toxi
"As ek reg kan onthou was die 9,3 wettig in Kwazulu Natal maar nie in die meeste ander provinsies nie."
Groetnis
Wouter
Maar is dit wet? Ek twyfel, omrede ek dit nêrens kan opspoor nie.
Lyk my die enigste geskrewe wet is vir minimum Grein soos bespreek bo en gepubliseer in:
NATIONAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT: BIODIVERSITY ACT, 2004(ACT NO. 10OF 2004) NORMS AND STANDARDS FOR HUNTING METHODS IN SOUTH AFRICA
Ek persoonlik dink eerlikwaar ons kan die miete dat die .375 die
wettige minimum kaliber is maar nou de-myth.
As jy 'n Buffel skiet met 'n Solid 286g word geen wette oortree nie - in geen Provinsie nie.
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Fri Jan 26, 2024 10:28 am
by Riaan Kriel
toxicsox wrote: Fri Jan 26, 2024 10:10 am
Wouter Roets wrote: Fri Jan 26, 2024 9:04 am
Toxi
"As ek reg kan onthou was die 9,3 wettig in Kwazulu Natal maar nie in die meeste ander provinsies nie."
Groetnis
Wouter
Maar is dit wet? Ek twyfel, omrede ek dit nêrens kan opspoor nie.
Lyk my die enigste geskrewe wet is vir minimum Grein soos bespreek bo en gepubliseer in:
NATIONAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT: BIODIVERSITY ACT, 2004(ACT NO. 10OF 2004) NORMS AND STANDARDS FOR HUNTING METHODS IN SOUTH AFRICA
Ek persoonlik dink eerlikwaar ons kan die miete dat die .375 die
wettige minimum kaliber is maar nou de-myth.
As jy 'n Buffel skiet met 'n Solid 286g word geen wette oortree nie - in geen Provinsie nie.
Die regerende party en ander meer radikale partye het ons mos nou al mooi gewys dat jy hoef net 'n leun te vertel wat baie op emosie speel en daardie leun net baie kere vertel en laat oorvertel... Na genoegsame herhaling word dit as die waarheid aanvaar sonder dat eie persoonlike navorsing gedoen word om te onderskei wat is die waarheid en wat is 'n leun wat voorgehou word as die waarheid....
So klink dit my is die storie/mite/fabel ook..... Ten minste het jy jou huiswerk gedoen

Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Fri Jan 26, 2024 10:34 am
by Riaan Kriel
Wouter Roets wrote: Fri Jan 26, 2024 9:04 am
Toxi
Elke provinsie het sy eie vereistes as dit kom by die jag van spesies. Dit is nog wat ek kan onthou toe ek my beroepsjag eksamen in 2000 gedoen het. As ek reg kan onthou was die 9,3 wettig in Kwazulu Natal maar nie in die meeste ander provinsies nie. Verder was daar goed soos jy mag bv nie met n silencer in Mpumalanga gejag het nie.
Groetnis
Wouter
Wouter.... jy verklap darem nou amper jou ouderdom hier as jy sê jy het jou kursus in 2000 gedoen.... As dit nou 'n lewenslange vonnis was wat uitgedien moes word kon jy nou al begin dae aftel tot jou vrylating

Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Fri Jan 26, 2024 6:08 pm
by Capt. Yoda
Op youtube sien ek dan die manne skiet camelhorses met 6.5Creedmoors
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Sat Jan 27, 2024 1:50 pm
by Koos Barnard
In Natal was die minimum .375 H&H en nie 9.3x62 nie. Tensy dit verander het. Ek het 16 jaar in Natal gebly en daar was dit volgens my ondervinding altyd .375 H&H.
Mooi loop
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Sat Jan 27, 2024 5:30 pm
by toxicsox
Koos Barnard wrote: Sat Jan 27, 2024 1:50 pm
In Natal was die minimum .375 H&H en nie 9.3x62 nie. Tensy dit verander het. Ek het 16 jaar in Natal gebly en daar was dit volgens my ondervinding altyd .375 H&H.
Mooi loop
Dankie Koos. Ek kan nogsteeds geen argiewe of wetlike dokumente kry wat dit staaf nie.
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Sun Apr 07, 2024 4:53 pm
by GustavSnyman1
.375 is die minimum kaliber volgens wet. Sien aangeheg Government Gazette wat dit voorskryf.
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Sun Apr 07, 2024 5:59 pm
by GustavSnyman1
GustavSnyman1 wrote: Sun Apr 07, 2024 4:53 pm
.375 is die minimum kaliber volgens wet. Sien aangeheg Government Gazette wat dit voorskryf.
Hierdie was wel nooit regulasie gemaak nie en soos bo genoem is die 2009 Regulasie (wat gaan oor grein van die koeel) is eintlik wet.
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Sun Apr 07, 2024 8:27 pm
by Giepie
Ek kom agter dat daar, soos met baie ander sake, maar baie deurmekaar wette, regulasies, en vereistes is. Die wette/regulasies is juis veronderstel om duidelikheid te gee, maar met die huidige is dit juis nie. Juriste sal ons hier moet help. Wat sal gebeur as dit na 'n hof toe gaan? Wat sal daar as die riglyne gebruik word? Ek persoonlik sal dink dat "common sense" dan sal besluit met kundiges wat as konsultante sal optree. Maar op die ou end sal die landros/regter se eie interpretasie maar die uitslag bepaal, na aanleiding van die logiese en emosionele argumente. Dan sal volgende sake op grond van daardie uitspraak beoordeel word.
Ek kom nou die dag agter dat "bakkiejag" se wetgewing ook maar geïgnoreer word, dat daar nie tred gehou word met die bedryf nie.
Maar ek dink "common sense" moet deur die jagter, ph en/of eienaar bepaal word. Maar dan hang dit ook seker af hoeveel hulle in die sak kry.
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Mon Apr 08, 2024 8:23 am
by DaavG
KZN Hunting Ordinance and its amendments set certain calibres for certain animals as Koos mentions. 375H&H is minimum for Rhino, Hippo, Elephant and Buffalo.
Re: Minimum kaliber - Is dit WET of Common sense?
Posted: Mon Apr 08, 2024 2:22 pm
by Zuku
Net soos tegnologie verander vir alles, hou die bestaande wetgewing nie tred met die tegnologiese veranderings van vandag nie. As jy n permit will kry om n Buffel te jag and jy sê jy gaan jou windbuks 458 gebruik gaan almal vir jou lag. Vandag het tegnologie dit moontlik gemaak dat jy met kleiner en minder meer kan doen as 40/50 jaar gelede, Sal n .338 n Buffel veilig kan skiet?
Het eendag met een van die regerings ampetenare gesels wat met jag wetgewing werk. Volgens hom is die informasie van 1950/60 nog net so en al wat verander is die datums en provinsies soos iemand voorstel wat moet verander.