Page 1 of 1
Ludwig se Pou.
Posted: Thu Jan 25, 2024 8:22 pm
by ThinusS
Ludwig se pou, een van die gompou se, kleiner, neefs. Laohu Valley Reserve, naby Philippolis, Suid Vrystaat.

Re: Ludwig se Pou.
Posted: Thu Jan 25, 2024 8:50 pm
by Christo
Daar was 'n hele klomp hier in die Koue Bokkeveld so paar maande gelede. Ek het hulle nie voorheen hier gesien nie
Re: Ludwig se Pou.
Posted: Thu Jan 25, 2024 9:47 pm
by Koos Barnard
Mooi foto Thinus. Op die plaas waartoe ek toegang het in die Klein-Karoo (tussen Riversdal en Ladismith) was daar in 2023 vreeslik baie van die Ludwigse poue. Hulle het vir 'n goeie vier maande of langer daar gebly vanaf die herfs en regdeur die winter.
Mooi loop
Re: Ludwig se Pou.
Posted: Fri Jan 26, 2024 6:02 am
by ThinusS
Dankie, Koos. In ons omgewing het hulle getalle die afgelope 10 jaar baie toegeneem.