Rooi Hartbees
Posted: Tue Feb 21, 2012 6:04 pm
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0156.jpg[/img]
Ek dink dit was in 2003 iewers waar ek besluit het ek soek bittegraag 'n Rooi Hartbees trofee.
In tussen het ek 'n hele paar saam met kliente geskiet en toe 2007 Julie/Aug toe is ek saam met 'n klient Namibie toe vir die eerste keer om saam met Karl Stumpfe 'n bietjie te jag. Ek het in daardie selfde trip ook vir die enigeste Francois Marais ook ontmoet. Wie sou raai dat ons paaie weer sou kruis 4 jaar later op 'n internet forum.
In elk geval ons het gejag op die plaas wat op die grens sit met beide SA en Botswana in die kalahari. My klient het my saam gevat om die jag te film maar ook vir my gese ek kon beide 'n springbok en groter bok skiet ek kies toe natuurlik 'n hartbees. Hy het ook 'n nuwe Mauser M03 saamgebring vir die jag met 'n 8x68 S loop op en die nuwe Zeiss teleskoop met die built in rangefinder. Ek kan nie onthou of ek die springbok of hartbees eerste geskiet het nie maar nou ja ons sien toe die bul met sy wye horings en ek besluit toe dis my man daardie. Ons bekruip om toe en net oor die duin gekom toe hy mooi gaan staan teen die ander duin die afstand was ongeveer 180 meter. Ek le toe plat en gebruik die bipod op die geweer en daar gaan die skoot en toe sien ek die koeel slaan so voet regs voor hom in die sand ek kon nie glo wat gebeur het nie maar voor my sien ek toe paar droe grasse miskien het die koeel een gevang. In elk geval hier gaan ons agter die bul aan en hy steek toe vas op die ander duin en gee my nog 'n kans die keer gebruik ek toe die skietstokke mik vir die knoppe en die keer val hy en staan nie weer op nie.
Al die pad soontoe dink ek vir myself hoop nie skoot was te hoog en die kamme gevang nie? Ek het dit al genoeg gesien met my kliente maar hy het nie weer beweeg nie. En daar was dit toe my eerste hartbees trofee iets anders met baie wye horings hy het net oor 21" gemeet nie die grootse maar uitsonders. Ek is ook baie bly ek het gewag om my hartbees te skiet sodat dit in die Kalahari kon wees.