Page 1 of 1
Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Thu Oct 31, 2024 10:11 am
by Disiderata
Ek het 'n plaas gekry waar ek Kolganse en EG kan jag. Die plaas het 2x damme waar ek nou al paar geskiet het met die 243, het egter ook nou 'n spinner en decoys gekry vir die EG, wil met haelgeweer skiet, dit is egter moeilik aangesien dit oop is rondom damme, enige voorstelle om skuiling op te rig. Ken ook nie die tipe ammo om te gbruik vir die groot voels nie, party mense se no 5 ander se AAA, wat werk die beste? Dan het ek ook gesien die ouens call hulle, het caller, strategie met calls, ek het 'n lys van 50 verskillende geese calls op my Foxpro. Wil ook weet wat is die maks afstande waar ek moet opstel vir haelgeweer, ek skiet met 'n Franchi Affinity Semi auto, het ongelukkig 'n fixed intermediate choke wat ek nie kan verander nie. Algemene advies en voorstelle sal waardeer word. Die is nuut vir my.
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Thu Oct 31, 2024 10:33 am
by Lategan1
30-40m tipies,
No.3. (4 werk ook goed, veral vir EG)
.243: 55gr hoë spoed is koning op 300m skote.
Beste.
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Thu Oct 31, 2024 10:48 am
by Lamtjop
Kolgans en Egyptian geese is dieselfde ding.
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Thu Oct 31, 2024 1:09 pm
by tripodmvr
Maak net seker die gans skiet is wettig en word as landboupes beskou. No 3 en 4 hael behoort goed te werk. Kry kamoefleernet en bou 'n skuiling. Jy moet egter goed wegkruip omdat hulle baie skerp oë het.
https://gooseshootinginsouthafrica.com/
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Thu Oct 31, 2024 2:51 pm
by Lategan1

Ek vermoed hy bedoel … en Wildemakoue! Hulle gebeendere verg #3!
Beste.
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Thu Oct 31, 2024 8:33 pm
by Ds J
Is hierdie voëls nie al uitgeskiet nie?
Ek vra want hier by ons is hulle regtig skaars.
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Thu Oct 31, 2024 8:43 pm
by J le Roux
Kolganse en Wildemakoue is 'n pestelensie in die Weskaap.
Ek verstaan hulle vreet saailinge em kompakteer die bewerkte grond.
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Thu Oct 31, 2024 9:55 pm
by Lategan1
Wildemakou pik en eet die Conola wanneer in blom se binnekant uit.
In ‘n koringland lyk dit soos of vlakvarke vir hulself ‘n werf gemaak het.
So ja, in ‘n ideale omgewing vir hulle, baie skade.
Beste.
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Fri Nov 01, 2024 8:16 am
by Capt. Yoda
Die hele JHB is vrot van die goed, beskuit al wat n green op n golfbaan is. Wens ons kon hulle hier in die woonbeurte skiet as hulle so saam met die Hadidas loop en skree
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Fri Nov 01, 2024 8:55 am
by Forester
34gr No 3 werk vir my goed, 36gr is nog beter as jy dit in die hande kan kry. Probeer op hulle vlugpad sit soos wat hulle inkom of uit vlieg en dis makliker as daar meer as een jagter is. Makoue is nuuskierig en decoy makliker as die ganse.
Re: Kolganse en Egyptian geese jag
Posted: Fri Nov 01, 2024 9:20 am
by Disiderata
Boer is besig om soya te plant vir die seisoen, wil my voorbereiding reg kry vir die opkom tyd, die makoue sit in hulle honderde op die land en vreet al die nuwe plantjies wat hulle koppe uitsteek. Verwoes die lande. Fotos gesien van laasjaar, die makoue het soos plate gesit en vreet aan die nuwe plantjies.
Ek kan hulle maklik bykom met 243, probleem is jy skiet een dan vlieg hulle weg, met haelgeweer as jy kan wegkruip, kan jy darem 'n paar bykom.
Daar is baie van hulle.
Sien die Amerikaners call hulle met geese calls, het ook gesien daar is 'n Boer wat hulle met foxpro geroep het, hulle het omtrent 150 vir die dag geskiet tussen 5 jagters.