Page 1 of 2
Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 19, 2010 4:50 pm
by bennie
Hallo ...
So lyk 'n ordentlike rooikat...
Groetnis

Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 19, 2010 5:10 pm
by Wielie Waps
Pragtig man en skootplasing is ook perfek. Mooi man!!!!
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 19, 2010 6:08 pm
by Raven
Mooi Man Bennie, wanneer het jy hom geskiet?? Ek sien daar is al 'n groenerigyd so tussen deur..
Is dit nuwe gras of wat groei tussen in??
Raven
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 19, 2010 8:05 pm
by GREYHOUND
het jy nie geweeg nie, dit is n mooi een daai.
greyhound
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 19, 2010 8:13 pm
by WillJak
Bennie, baie mooi kat - hier by my sou hy nou 'n stryery onder die volk afgegee het....en dan 'n braai...
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 19, 2010 11:35 pm
by Francois Marais
Bennie
Wat weeg hy???? Ek reken so 16kg, as jy BAIE groot, of sal ek se LANK is, miskien 18 kg.....
In my wereld sou ons vi jou se " OU HINGS"............
Mooi loop
Francois
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Wed Jan 20, 2010 7:16 am
by bennie
Jammer ek antwoord nou eers...die kat is 24 km suid-oos van Kuruman geskiet met 'n 6mm Musgrave....op 120m en het reageer op die varkie se geluid...dis my pel wat die kat hier vas hou en sy lengte is 1.84m en hy het hom ook geskiet...die volgende oggend het hy hom geweeg en die gewig was 23kg...ons vorige swaarste een was 19kg. Ons het ongelukkig nie die kat se lengte gemeet nie...sy kop is omtrent so groot soos 'n Staffie sin....
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Wed Jan 20, 2010 8:56 am
by WillJak
Dit is 'n grootte kat!! My manne sou verseker wou vuis slaan oor hom..
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Wed Jan 20, 2010 9:13 am
by Francois Marais
Bennie
YSTER kat daai.
Mooi loop
Francois
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Thu Jan 21, 2010 6:49 pm
by Rudie Combrinck(9mm)
Dis mos hoe n kat moet lyk!
Seker an sy pa gedrink!
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Fri Jan 22, 2010 6:13 am
by Foxcreek
Willjak
Hoekom sou jou manne oor daai kat vuisslaan. Is dit om vir die foto to "pose", of om hom te eet? Hoekom ek dit vra is omdat hier in my geweste is daar 'n paar rakkers wat allie jakkies wat ek skiet eet. Glo baie lekker vleis! Ek flut as ek 'n jakkie moet optel vir saamry oppie trokkie, wat nog van 'n stukkie eet!
Foxcreek.
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Fri Jan 22, 2010 12:43 pm
by WillJak
Fox, hulle slaan vuis oor hulle hom eet. Nog nie gesien of gehoor dat hulle jakkals eet hier nie maar rooikat is 'n groot gunsteling - soos alles wat vreemd is dit glo 'n geval van "hy proe soos hoender" maar ek sal hom wragtag nie probeer nie...... Maar die lippe sleep sommer behoorlik as hulle hoor daar't 'n kat geval en hy't by die boer op die plaas agter gebly
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Sat Jan 23, 2010 1:45 pm
by Freddie101
Wiljak
Hier is ook manne wat sweer n rooikat het die lekkerste vleis.
Freddie
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Sun Jan 24, 2010 12:43 pm
by WillJak
Freddie, ek verstaan ook so, maar dis nou die een ding waar ek wel bereid is om die volk se woord totaal en al te vat...... Ek glo hulle, maar dis so ver dit gaan, eet sal ek hom wragtig nie eet nie....
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Sun Jan 24, 2010 8:06 pm
by Francois Marais
Willem
Manne wat al Luiperd ge-eet het se dieselle, lekkerste vleis wat jy kan kry, ma ek stem met jou..............ek sal hom nie eet nie.
Mooi loop
Francois
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Mon Jan 25, 2010 8:56 am
by KSV
Ek het die resep!
Bestandele:
Baie hout
Een Jakkals of Rooikat. Verkieslik 'n dooie een.
Metode:
Maak een helse vuur tot daar 'n klomp kole is.
Gooi J Of R op die kole en maak nog vuur.
Braai vir 'n halfuur tot al die hare afgebrand is en die vuur uitgebrand is.
Le weg!
Moet nie vra hoe proe dit nie ek wil ook nie weet nie

Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Mon Jan 25, 2010 4:24 pm
by Freek
Manne ek het ook daai ding gehoor in Namib dat die Namas die katte eet, maar hy moet glo vet wees anders is hy nie so lekker nie. Soos die gesegte loop - "Honger en dors l?k niemand se g@t nie..."

Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Mon Jan 25, 2010 4:30 pm
by WillJak
Hein, ek het 'n ander resep vir daai kat - jy gooi hom in 'n no36 pot met al wat 'n spesery en 'n krui is wat jy jou hande op kan l?, saam met 'n spoelklip omtrent so groot soos 'n sokkerbal, en 'n klomp water, dan kook jy hom oor so medium vuur - en as die klip sag gekook is dan eet jy die kat, maar nie voor dit nie......
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Mon Jan 25, 2010 5:03 pm
by Louis102
Freek wrote:
Manne ek het ook daai ding gehoor in Namib dat die Namas die katte eet, maar hy moet glo vet wees anders is hy nie so lekker nie. Soos die gesegte loop - "Honger en dors l?k niemand se g@t nie..."
Freek
Onthou jy die Kaaswors waaraan jy so gesmul het die aand hier op Kuduberg? Ja, daai waarvan ek nie wou eet nie? Waarvan dink jy was dit gemaak?
Manne, volgens Freek het daai Kaasworsie sommer vorentoe gesmaak, nie waar nie? Wat my laat dink dat self "ons mense" 'n vet rooikat vleisie kan geniet op sy tyd, solank hulle blykbaar net nie weet wat dit is nie!
Mooiloop, smaaklike ete.
Louis
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Mon Jan 25, 2010 7:25 pm
by Danie Lombard .243
Dit is algemeen dat van die plaaswerkers rooikat eet.
In die Graaf Reniet disitrik het ek en mede bure boere eenjaar gaan kudu jag. Een van die manne in ons geselskep het 'n groot kat in 'n berg geskiet.
As ek reg kan onthou het die kat 19kg geweeg. Voor ons weer ons oe kon uitvee, is die kat se vel af geslag en die kat vleis is na die werkers huise geneem en gekook. Hy's 'n lekker vleis, se hul.
Nou die dag weer geluister na stuk werkers wat draad span toe hul praat oor "nama" en "pokotswe nama" ens.
Laat ek vertel. die plaasvolk hier in my omgewing hou blykbaar erg baie van maanhaarjakkals vleis. "pokotswe nama" jakkals vleis.
Blykbaar moet die ding 3 keer gekook word, elke keer moet daar skoon water gebruik word,en na die derde kook sessie is die jakkals lekker en gaar. Nee dankie, nie vir my nie.
Dankie tog my plaaswerker is vol nonsens met vleis. Hy eet nie eers 'n springhaas nie. Dus is my ou maanhare veilig.
Ander groot lekkerny onder die plaas werkers is "noko nama" ystervark vleis.
Lyk my jul manne moet ma loer en uitvind wat jul eet voor jul dit eet.
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Mon Jan 25, 2010 8:39 pm
by Robert
Naand al die fynproewers
Ek sien die mense is maar skrikkerig vir al die ongewone disse
Ek het heelwat "umfang" (bobejaan) geskiet as probleemdier beheer in sitrus boorde en die plaas werkers het altyd gevra ek moet 'n mooi groote vir hulle hou en by die huise aflaai. Die nuuskierigheid het ook maar toe die oorhand gekry en ek het gevra dat een van die werkers ook vir my 'n stukkie bob bring die volgende dag.
Die volgende oggend , netjies in 'n bordtjie toegemaak in 'n wit vadoekie, 'n bob blad. Gekook en toe gepotbraai tot lekker bruin met net sout en swart pepper. Die werkers het my almaal soos valke dop gehou toe ek die vleis begin eet, Moet se dit smaak nogal heel lekker. niks mee fout nie,.
So het ek ook yster vark, skilpad, ertvark, pofadder, krokedil en nog 'n klompie snaakse disse ge eet. Self gedroogte mopanie wurms gemaal oor mieliepap.
Die ding is net dat ons dit nie gewoond is en vreemd vind, In europa eet die mense perde vleis en moet se dit smaak baie lekker as die soos fillte in botter ge panbraai word tot med -rear.
Hoop nie die mense het hul eetlus verloor nie
Robert
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 26, 2010 3:48 pm
by WillJak
Robert, ek het self al pofadder, ystervark en krokkodil ge?et, maar ek trek die streep by kat of jakkals.....en bobbejaan. Die Shangaans in die Oos Tvl is net so lief vir hom. Jare terug in Ohrigstad gebly en gereeld die "Mfene" geskiet - eendag vra ek hulle hoe hulle dit regkry om die ding te eet - antwoord die ene my, "Nee, jy draai maar net sy kop so dat hy nie vir jou kyk terwyl jy hom eet nie....." Ek voel soos Foxcreek en "flut" net daar.....
En so gepraat van perdevleis......as jy al 'n "meatpie" gekoop het in SA is die kanse 99.99% dat jy al perdevleis ge?et het.... Kyk maar bietjie as jy 'n perd of wat wil koop op 'n veiling, teen wie bie jy die hardste?
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 26, 2010 4:20 pm
by namhunt
Jy eet 'n bobbejaan van agter af...... van voor is hy te lelik

Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 26, 2010 7:03 pm
by Danie Lombard .243
Manne manne manne
Ek lees na al die goed wat jul eet, maar POFFADDER, nee ooooo kraaitjie. Mens kan mos nie daai seil ding eet nie??
Ek is maar 'n poefter as dit by eet kom. Hy moet kloutjies he, en dan moet hy nog kan herkou ook, en as hy swem, eet ek hom ook nie. Treloops gehoor, van die swem goed, daar is net twee geod wat soos vis stink en een is vis.
Groot groete vir al die fyn proewers.
Mag ek tog nooit die kuns van fyn proe vervolmaak om die smaak van mnr poffadder te proe nie.
Re: Kieterkatjie in die Kalahari
Posted: Tue Jan 26, 2010 8:07 pm
by Francois Marais
Danie
Het hom op my TIN (Teen insurgensie) kursus ge-eet, Pofadder, smaak nes vis, wit vleis.
Mooi loop
Francois