Page 1 of 3
IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 5:32 pm
by projagter
Is die skiet van 'n wilde dier, uit 'n skuiling, terwyl hy besig is om by 'n voergee plek voer te vreet JAG??
Ek dink die gesprek/vraag moet wees: wat is jou standaard? dws. ons soek nie 'n stryery nie maar persoonlike sienswyse/riglyne en dus jou persoonlike standaard.
Skiet en Jag kan tog nooit dieselfde wees nie of hoe?
HOE WERK JOU KOP?
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 5:42 pm
by snakker
.
download (2).jpg
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 6:08 pm
by projagter
As ons wil hê dat die jagtersnageslag hul respek vir ons moet behou, sal ons in eerlikheid moet besin oor wat is jag en wat is skiet.
Of is dit slegs die trofee teen die muur wat belangrik is en nie hoe hy daar gekom het nie.
Ek dink die gesprek/vraag moet wees: wat is jou standaard? dws. ons soek nie 'n stryery nie maar persoonlike sienswyse/riglyne en dus jou persoonlike standaard.
Skiet en Jag kan tog nooit dieselfde wees nie of hoe?
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 7:16 pm
by Ratel
Laat ons eers hoor volgens wie se standarde gaan ons werk. Dis soos bakkie jag. Elke ou gaan jou n ander siening gee. Volgens wie se standaard werk ons.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 7:54 pm
by Pvdw
Volgens my is jag om te loop en die dier op die voet te soek en te skiet. Voorsit of ambush sonder dat hulle aangejaag word waar jou tegniek en plasing in die veld deel van die sukses is is ook vir my deel van jag. Dis my uitkyk.
Vanuit 'n skuiling, vanaf bakkie of waar wild aangejaag word sien ek as skiet. Ek het egter geen probleem met dit ook nie. Skiet uit 'n skuiling of van die bakkie af is baie keer vir sommige mense die enigste geleentheid wat hulle ooit sal hê om op 'n bok aan te lê so daar is plek vir dit ongeag hoe sekere mense daaroor voel.
Ek begin altyd deur te loop en jag maar soms sal ek aan die einde van die trip skiet om so seker te maak ek gaan met vleis huistoe. My primêre doel vir elke jag trip is tog egter om vleis in die vrieskas te sit as ek terug is. Op die manier spandeer ek soveel tyd ek kan in die veld maar as die nood druk maak ek ander plan om vleis te kry.
So om jou vraag te beantwoord sien en nie skiet uit 'n skuiling as jag nie maar as die vrieskas moet vol moet hy vol.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 8:20 pm
by tripodmvr
Jag in Europa en VSA is baie kere uit skuiling (hochsitz) gepaard met aanjaag deur honde. Ons in Afrika het nog meestal te voet in die bos leer jag. Daar is sekerlik voor en nadele van beide metodes. Nagskiet met ligte en deesdae met nagsigtoerusting word 'n algemene metode om ondiere te verwyder asook getalle van wild te beheer.
Die aanklag teen skiet uit 'n skuiling is gewoonlik dat dit onsportief is. Daar is egter voordele en vir my is die grootste dat die wond van die prooi aansienlik minder behoort te wees. Jou skietposisie vanaf 'n vaste basis bevoordeel akkurate skootplasing. Afstande is gewoonlik 100m en minder. Eerder dus 'n oombliklike dood as wat 'n kwesskoot geskiet word. Vleisgehalte is ook beter. Minder persone in die jaggebied behoort die wild minder stres te laat ervaar.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 8:31 pm
by projagter
Ratel wrote: Sat Mar 01, 2025 7:16 pm
Laat ons eers hoor volgens wie se standarde gaan ons werk. Dis soos bakkie jag. Elke ou gaan jou n ander siening gee. Volgens wie se standaard werk ons.
Ratel naand. Geldige vraag. Ek dink die gesprek/vraag moet wees: wat is jou standaard? dws. ons soek nie 'n stryery nie maar persoonlike sienswyse/riglyne en dus jou persoonlike standaard om jou woorde te gebruik.
Kan Jag en skiet ooit dieselfde wees -- want gaan skiet nie net oor die skiet van n goeie skoot en jag oor 'n groter ondervinding nie?
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 9:24 pm
by projagter
PvdW en Tripodmvr maak onderskeid tussen jag en skiet en bring vleisskiet onder andere in as regverdiging vir skiet. Ekself dink ook redelik op die golflengte.
Stel myself die vereiste om 'n jag of skiet te voltooi met die wapen waarmee ek begin. Om byvoorbeeld 'n buffel met 'n boog te wond en dan met geweer te dood, val nie in my riglyn nie -- want dan het ek kans gevat wat ek nie bereid was om by te staan of val nie. Ek skiet ook nie 'n dier by sy water of voer/lek plek nie.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 9:46 pm
by Zuku
So n vraag het altyd die dilema van 'Wie se standaard gebruik ons?" Myne, joune, hulle s'n, julle s'n, ons s'n of daadie klomp s'n?
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sat Mar 01, 2025 10:21 pm
by projagter
Zuku wrote: Sat Mar 01, 2025 9:46 pm
So n vraag het altyd die dilema van
'Wie se standaard gebruik ons?" Myne, joune, hulle s'n, julle s'n, ons s'n of daadie klomp s'n?
Ek glo elke jagter/vleiskieter wat hy homself ookal noem of wat hy ookal wil wees het sekerlik sy eie vaste standaard /riglyne.
Zulu die vraag is dus wat is jou standaard. Laat ons hoor.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 7:02 am
by Jassie
Ek wil nou nie alles deurmekaar krap nie, maar ek dink, in hierdie soort gesprek, is dit belangrik om dit wat ons wil bespreek, goed te beskryf om verwarring uit die staanspoor uit te skakel.
Uit Supertaal kry ek die volgende definisies vir die twee werkwoorde:
Skiet - "om 'n projektiel met 'n wapen af te vuur."
Jag - "wilde diere agternasit en dood, gewoonlik vir voedsel of as sport." (Noodsaak en bestuur kan volgens my ook dalk bygevoeg word by die definisie)
Die twee woorde se betekenisse het egter duidelik nie enige etiese, morele, kulturele, waardesisteem, filosofiese, persoonlike verantwoordelikheids oorwegings, ens. per definisie nie.
Ek dink ek weet wat jy wil bespreek, (rof weg) veral as ek na die antwoorde kyk en as ek dink aan vorige gesprekke oor die aangeleentheid en jou verwysing na 'n "standaard".
Moet ons nie dalk die vraag herdefinieer nie?
Moet die gesprek dalk gaan oor een of almal van die ander subjektiewe oorwegings, bv. etiek of kultuur, nie?
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 9:59 am
by projagter
Jassie wrote: Sun Mar 02, 2025 7:02 am

Jassie, Miskien moet die vraag/bespreking doodeenvoudig gaan oor hoe voel jy oor JAG en SKIET --- dan kan jy jou prioiriteite inbring bv etiek ens. Wat bepaal jou denkwyse/benadering -- ons stel dus nie 'n standaard/riglyn of etiek nie -- jy sê HOE JOU KOP WERK.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 11:10 am
by Koos Barnard
Vir my is jag die stap, soek en skiet van die dier of die stap en voorsit in die veld en dan skiet (nie in 'n skuiling by 'n watergat/voergeeplek voorsit nie, waar jy 'n toilet, bed, ens. ens, het nie. Selfs nie eens waar die genoemde geriewe ontbreek maar jy steeds in 'n skuiling by die water wag nie). Ek noem sulke jagte 'n plastiek-ervaring. Veral as jy gevaarlike grootwild skiet. Daar is een ondernemer wat gereeld video's plaas van hulle "buffeljagte" maar almal word uit die veiligheid van 'n skuiling by die water geskiet. Ek vind dit moeilik om die kloutjie by die oor te bring... jy kom Afrika toe om gevaarlike wild te jag en dan snipe jy hulle uit 'n skuiling. Jag in Suid-Afrika is oor die algemeen maar baie mak en "plastiek". Ons skiet kampgeteelde swartwitpense, buffels en ander wild. Ons ry met Cruisers of ander bakkies tot ons die wild sien en stap dan 'n baie klein entjie agter mak wild aan. Waar is die ware opwinding van die jag? Waar is die ware uitdaging? Ons is so gewoond daaraan om Supermark-inkopies te doen dat ons dit in die jagveld ook wil doen. Daar is baie oorsese mense wat jag in Suid-Afrika en Afrika nie baie hoog aanslaan nie juis omdat ons dit op die maklikste moontlike manier doen.
Daar is iewers hierbo genoem dat wild rustiger is, minder mense in die veld, minder gekwes word, ens, ens. Al daardie punte is geldig maar ek wil steeds nie sulke jagte deel van my ervaring maak nie. Ek verstaan goed dat die doel van jag vir verskillende mense verskillende dinge beteken. As jy net vleis wil gaan haal, kan jy jou bokke skiet soos jy wil. As jy moet oes, doen dit op die maklikste en mees doeltreffende manier, dis reg so. Maar as jy vir jou plesier wil jag of vir die ervaring moenie dan jag met skiet verwar nie. Sommige mense hou van diere skiet... en dis goed so, dis jou reg. Maak soos jy wil. Ekself vind dit egter moeilik om mense wat oes, of uit skuilings skiet of by water voorsit, jagters te noem.
As jy in 'n skuiling voorsit, hoe geniet jy die veld, hoe ervaar jy die hele omgewing, plantegroei, interaksie tussen jou en die natuur? Daar word geen jagvaardigheid vereis nie (behalwe as om op baie kortafstand 'n akkurate skoot te skiet). Jy wag in 'n steriele omgewing... en hoeveel kere sien ons nie dat mense boeke sit en lees of musiek sit en luister nie. En as die bok dan opdaag word die boog of geweer gegryp en die bok geskiet. Vir my is dit net eenvoudig nie jag nie.
Ek besef wel terdeë dat ek nie die reg het om my siening op ander af te dwing nie. En ek probeer dit ook nie doen nie. Elke mens moet maak soos hy goeddink. Doen wat jou plesier verskaf, dis jou reg. Die enigste ding wat ononderhandelbaar is, is dat jy die dier met so min lyding as moontlik moet probeer dood. Hoe dit ook al sy, ek beskou die grootste gros Suid-Afrikaanse jagters as skieters, nie jagters nie.
Mooi loop
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 11:46 am
by projagter
Koos môre,
JOJO -- 'en so verduidelik jy sonder om argument uit te lok of doekies om te draai hoe jou kop werk en as dit nie my kop laat werk nie dan weet ek nie wat my kop sal laat werk nie.
Ons het so 2500 ha wildstorie en praat van skiet as ons gou 'n gemsbok of blouwildebees uit die bakkie gaan skiet vir die vrieskas. Maar as ons 30 kilometer in 3 dae agter elande in die Gariep gaan aanloop dan WEET ons dit was jag en nie skiet nie . Let wel daar is darem sekerlik etiek by Jag sowel as Skiet betrokke.
Maar laat ons hoor hoe voel die manne en manninne
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 11:50 am
by Ratel
Ek stem 100 persent met wat Koos se hierbo. Dis vir my n groot beloning om wild suksesvol te bekruip en op 50 meter (dis nou in die bosveld) te skiet. Dit is vir my soos die engelsman se "rewarding". As ek vleis moet kry om te oorleef sal ek op enige manier jag, slag of skiet.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 12:31 pm
by DWB
Ek het nou nie als gelees nie, maar wanneer dit by by gevaarlike wild kom moet jy jouself afvra of steel jy van jou eie ervaring of wat maak jy?
Die magic lê om binne in daai dier se gemaksone te kom!
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 1:57 pm
by JF123
Volgens wet is "jag" gedefinieer as om 'n dier dood te maak vir enige rede op enige manier insluitend gif, strikke, honde en skiet. Dit sluit in biltong jag, oes en pes verwydering.
Volgende, hoe eties is dit om diere dood te maak vir plesier, al is dit net die plesier van biltong eet wat jyself geskiet het?
Al die punte wat nou al genoem is dra water. Ek weet wel aan watter kant van die argument ek is. Daai rooibok rugstring was die 15km stap werd...
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 2:45 pm
by tripodmvr
Meeste Afrika jagorganisasies bevorder etiese stap en jag. Daar is egter gebruike in sekere landsdele wat al vir baie dekades 'n instelling is. Dryfjagte vir springbokke in die Karoo, aanjaag van kudus in die Ooskaap en bosbokjag in Natal en Ooskaap.
Ek dink egter die meeste van ons sal nie die kans op wild laat verbygaan wanneer hulle na jou aangestap kom waar jy onder 'n boom rus nie. Dit herinner aan voorsit, maar die feit dat jy buite in die veld is het daardie geleentheid geskep. Die natuurervaring wat Koos genoem het is wat hier tel. Tyd om jou kop skoon te maak van die alledaagse en die natuur in alle aspekte waar te neem. Reuke, bome, insekte, voëls, diere en unieke plante.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 4:19 pm
by win270
Koos Barnard se kop werk soos myne. Toe ek byvoorbeeld verneem van 'n familielid wat al vir jare lank sy seuns vanuit 'n skuiling bokke te laat skiet, het ek elke keer gegrinnik as hy vertel het hulle het gaan jag in die Bosveld.
MAAR, nou kan ons die argument, kom ons noem dit liewer gesprek om almal koelkop te hou, verder neem. Wat neem jy alles saam as jy bos toe gaan? Sekere moderne hulpmiddels soos hengse vergroting teleskope, afstandmeters, ens, ens kan selfs jag ook verander na skiet toe. Net my eie opinie. Dink ook selfs aan hommeltuie wat vooraf identifiseer waar die wild is.
Om ten alle tye die bok met een skoot dood te skiet, lyding tot die absolute minimum te beperk EN veilig tewerk te gaan, is hoofprioriteit. Net my 2c.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 4:46 pm
by Frederik
Ek dink ons moet baie fyn werk met die woordeskat en van die begin af noem dat die groenes nie omgee hoe die dier doodgemaak is nie maar dat die dier nie doodgemaak moet word nie.
So word daar baie neergekyk na mense wat rustig slaap in die aand al het hulle iets oor die lusern baal geskiet.
Maar as daardie selfde jagter kilometers ver loop en die selfde dier binne 100 meter van dieselfde lusern baal skiet of hy na of weg van die lusern baan was maar die lusern baal buite sig is is dit eweskielik 'n jag.
So na jare se debat oor wat reg en verkeerd is, glo ek eerder om ons reg om te gaan diere doodmaak skiet of jag te beskerm.
Liewers so werk en vrae was die jag wettig?
Alhoewel ek nie 'n buffelbul so oor lusern ooit sal skiet nie sal ek nie vir die persoon wat dit wel doen, nie se hy is verkeerd nie. Liewers maar niks noem maar weet dat dit wettig was en deel vorm van die wildbedryf wat ons moet oppas. Daardie selfde geld of hy gejag of geskiet is word terug geploeg op die plaas vir die boer of eienaar.
Ek is baie lief vir stap jag en dit is my no.1 manier maar as dit by yskas volmaak kom en dit nie 'n spesiale dier is nie soos eerste van die spesie of trofee nie skiet ek as ek die geleentheid kry.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 8:14 pm
by Zuku
projagter wrote: Sat Mar 01, 2025 10:21 pm Zulu die vraag is dus wat is jou standaard. Laat ons hoor.
Ek skiet na n teiken. Ek skiet na n bok. Jag is die hele proses vanaf beplanning, reis, kamp, loop, spoorsny, bekruip , skiet, slag, bewerking, braaivleis en die sosiaal om die vuur. Ek hou van “Walk & stalk”, boog en geweer. My vermoë teen die dier se vermoë. Bakkie jag en voorsit is my iemand wat die maklike uitweg kies om n biltong huis toe te vat.
Maar, n groot maar, my 2de laaste jag val ek my disnis en verstuit my enkel, kan so 5 treë loop en skreeu dan van pyn. Ek het 2 opsies gehad. Bly in die kamp agter as kamp Kommandant op my eie of word iewers onder n boom afgelaai en hoop n verdwaalde bok loop voor my verby. My 3de laaste jag was in die Kalahari. Wild is skaars en baie ver, te ver om te buk en bekruip, Skiet vanf die Landrover of gaan huistoe sonder vleis. Die keuse was baie maklik. Ek was daar om n bok te skiet en moes aanpas by die omstandighede om biltong te kry.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Sun Mar 02, 2025 9:33 pm
by Giepie
Daar is drome en ideale. Ek het groot geword met PJ Schoeman se boeke, maar nooit kans gekry om te jag nie. My drome was om in die veld te gaan kamp en van daar uit te stap om te gaan jag, dan die karkasse "leeg te maak" en self terug te dra, of op 'n ander manier terug te kry by die kamp. Jy kry so iets amper gald nie meer nie, behalwe as jy iemand met 'n plaas goed ken of so iets.
As ek deesdae veld toe gaan om te gaan "jag", gaan ek vir 2 redes, om in die veld te kom, en om vleis op my tafel te kry. Jy betaal duur vir die verblyf, so jy wil jou kwota bokke binne die afgespreekte tyd oes. Dit bepaal vir my hoe ek verkieslik te werk sal gaan. Ek sal "walk and stalk" verkies, maar ouderdom en beserings het hulle tol begin eis, so my drome en ideale kan nie meer gejaag word nie.
Die omgewing waar die diere is bepaal verder ook die manier waarop effektief "gejag" kan word. Ek het al op plekke gaan bokke haal waar jy nie te voet sal kan gaan nie, selfs met 'n bakkie is dit "bekruip", en dan is die afstande ook dikwels nogals ver.
Dan kom die boer se tyd en geld ook in. Hy boer met die wild, so hy wil hê daar moet ge-oes word, dit is deel van sy inkomste, so veel moontlik so kort as moontlik, en daar moet so min moontlik agter kwesbokke aan geloop word.
So, daar is drome en ideale, maar dan is daar ook realiteite. Etiese jag het vir my verander na verantwoordelike oes van bokke. Trofee jag is vir my ook iets anders, maar ek doen nie dit nie. So die etiese gaan vir my dat ek so gou moontlik die bok moet dood. Daarvoor spandeer ek tyd op die skietbaan om seker te maak dat my wapen reg is en my ammunisie geskik is. Om met brannas in die hand agter op 'n bakkie met 'n geweer wat jy nie ken nie en patrone wat sommer so oppad gou êrens opgedoen is agter bokke aan te jaag is nie vir my reg nie.
So, my mening.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Mon Mar 03, 2025 7:35 am
by projagter
Giepie wrote: Sun Mar 02, 2025 9:33 pm

Hierdie wyshede asook baie van vorige menings kan sekerlik gesekondeer word.
Lyk my ek kan my jaguitstappie asvolg beskryf: Ek gaan vir 3 dae JAG en ek het 5 springbokke GESKIET. OF .Ek gaan vir 5 dae jag en ek het 1kudu en blouwildebees GEJAG.
Re: IS DIT JAG.
Posted: Mon Mar 03, 2025 8:19 am
by Fanta300
Naand Giepie. Jy vat my nou vêr terug. (meer as 60 jaar)Ek het in Std 5 ‘n boekprys gekry vir Wiskunde ( enigste een in my skool loopbaan). Die boek se naam was “Fanie word Grootwildjagter” deur PJ Schoeman. As ek reg onthou het die boek ook die etiek van jag as tema gehad.
Ongelukkig het ek die boek vir ons predikant geleen en hom nooit terug gekry nie!
Hierdie onderwerp is ook al redelik holrug gery en elkeen moet maar besluit wat werk vir hom. So moet ons ook maar aanpas soos ons omstandighede verander oor die jare so ons moet oppas om nie ander te oordeel nie.
As my enigste uitweg dalk is om in ‘n rolstoel agter op ‘n bakkie my vleis te kry, gaan ek dit doen sonder gewetens wroeging. Of dit nou jag of skiet is gaan my nie slapelose nagte gee nie. ‘n Kwesbok sal wel.
Lekker jag/skiet!
Re: IS DIT JAG.
Posted: Mon Mar 03, 2025 9:03 am
by Ratel
Fanta300 wrote: Mon Mar 03, 2025 8:19 am
Naand Giepie. Jy vat my nou vêr terug. (meer as 60 jaar)Ek het in Std 5 ‘n boekprys gekry vir Wiskunde ( enigste een in my skool loopbaan). Die boek se naam was “Fanie word Grootwildjagter” deur PJ Schoeman. As ek reg onthou het die boek ook die etiek van jag as tema gehad.
Ongelukkig het ek die boek vir ons predikant geleen en hom nooit terug gekry nie!
Hierdie onderwerp is ook al redelik holrug gery en elkeen moet maar besluit wat werk vir hom. So moet ons ook maar aanpas soos ons omstandighede verander oor die jare so ons moet oppas om nie ander te oordeel nie.
As my enigste uitweg dalk is om in ‘n rolstoel agter op ‘n bakkie my vleis te kry, gaan ek dit doen sonder gewetens wroeging. Of dit nou jag of skiet is gaan my nie slapelose nagte gee nie. ‘n Kwesbok sal wel.
Lekker jag/skiet!
En dan was ook 'n boek deur hom "Fanie se veldskool dae". Baie goed geskryf en mens kon jou amper voorstel jy is self in die veld as jy die boek lees.