Page 1 of 1
Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sun May 04, 2025 10:30 am
by Apie
Dag Manne
Was gister by ‘n duifskiet
Het lankal ‘n haelgeweer maar skiet eintlik bitter min met hom.
Dis ‘n Sibergun 312SE 28duim O/U
Het gekom met volgende chokes
AK F *
AK IM(of 1M) **
AK M ***
AK IC(of 1C) ****(in boonste loop)
AK CL *****(in onderste loop)
Watter een sou mens waar gebruik?
Ek hoor graag!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sun May 04, 2025 10:45 am
by Rudi Fischer
Miskien help die so bietjie.

Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sun May 04, 2025 11:06 am
by Apie
Dankie Rudi
Wat sal jy waar aanbeveel?
Vir bietjie kleiduiwe het hy baie gaaf gewerk soos hy nou is maar met die voëls was dit meer van ‘n gesukkel. Duiwe by sonneblom lande spesifiek
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sun May 04, 2025 2:59 pm
by Arnold
Ek luister saam
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sun May 04, 2025 3:13 pm
by Capt. Yoda
Baie interesant, dankie vir daai Rudi
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sun May 04, 2025 4:08 pm
by Rudi Fischer
Ek verkies om bo en onder die selfde chokes in te he. Weet nie hoekom nie, Seker van toe ek baie kleie geskiet het en my lope is 32”, maar ek skiet Modified en Modified ( 1/2 en 1/2) op alles (Kleie, Duiwe , Fisante en Eende)
Al wanneer ek dit sal verander is as ons Ganse of Makoue skiet en ek wil he my pattern moet styf wees om meer korrels op teiken te sit. Dan skiet ek Full en Full.
Ek weet baie manne wat begin soek n ooper choke om sukses n bietjie op te stoot op Duiwe, en hulle skiet meeste improved Cylinder of 1/4 chokes.

Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sun May 04, 2025 9:13 pm
by Nico de Jager
Vat n groot vel papier en "pattern" jou haelgeweer op verskillende afstande met verskillende grootte hael.
Bietjie tong in die kies...... as jy swak vaar op duiwe, lê die probleem nie by jou choke nie, maar by jou lead.
Mooi aand.
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sun May 04, 2025 9:48 pm
by Apie
Nico de Jager wrote:Vat n groot vel papier en "pattern" jou haelgeweer op verskillende afstande met verskillende grootte hael.
Bietjie tong in die kies...... as jy swak vaar op duiwe, lê die probleem nie by jou choke nie, maar by jou lead.
Mooi aand.
Enige raad is goeie raad op die stadium!
Daar was defintief ‘n tendens dat ons met die onderste loop minder duiwe geskiet het as met die boonste loop
Daarom ek begin wonder het!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Mon May 05, 2025 8:58 am
by DaavG
I had some lessons on the clay range couple weeks ago and the coach said is open as possible for clays and pigeons. On my gun that was 1/4 top and cylinder bottom, shooting bottom barrel first. I would use these setup on doves, pigeons etc.
On our goose shoot, there is big variation between everyone. Some like 3/4 & full, some shoot skeet & 1/4. I was advised to shoot 1/2 bottom and 3/4 top.
The coaching was a game changer for me and I would recommend a session with one for sure.
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Mon May 05, 2025 3:39 pm
by Forester
Ek dink baie mense onderskat hoe taai die kransduiwe is. Ja daar is al miljoene geskiet met 24/28gram nr 7,5's, maar dis nie beste keuse nie. Baie keer lyk dit of die skut gemis het, maar as jy die voël dophou sal jy sien dat dit sterk vlieg vir 'n rukkie en dan val. Onthou ook dat 'n voël en klei nie dieselfde ding is nie, 'n klei het net een korrel nodig om te breek, maar dit sal nie noodwendig 'n duif laat val nie.
My voorkeur is IM (bo) en M (onder) met 32/34gram nr 6.
Die pattern board is die enigste manier om te bevestig hoe jou geweer met 'n sekere choke/shell kombinasie skiet. As jy iets kry wat werk, moet dit nie verander nie.
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Mon May 05, 2025 8:26 pm
by Apie
Presies wat jy beskryf het het baie gebeur en ek stem saam(klomp het honderd meter gevorder en dan in die veld geval)
Een korrek breek ‘n klei maar een korrel bring nie noodwendig ‘n kransduif af nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Tue May 06, 2025 8:52 am
by Arnold
Het julle al ondervind dat seker ammo beter werk en meer konstante patrone lewer, of koop mens maar wat op special is (gegewe die hael grote en gewig reg is)?
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Tue May 06, 2025 4:27 pm
by Nico de Jager
Haelgewere "pattern" beslis verskillend met verskillende soorte ammo.
Of dit jou meer kan laat mis- of raak skiet betwyfel ek. By haelgeweer skiet is die belangrikste om jou teiken in die middel van jou haelkolom te plaas.
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Tue May 06, 2025 4:40 pm
by Forester
Die faktore wat my keuse van ammo beïnvloed is:
1) beskikbaarheid
2) prys
My voorkeur is Gamebore, Fiocchi en Clever. Ek het al baie Rio ook geskiet, maar sien 'n definitiewe verskil tussen hulle 32gram nr3's en die ander se 34 en 36gram op ganse en makoue.
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Fri May 09, 2025 6:42 am
by obasch
Apie wrote: Sun May 04, 2025 10:30 am
Dag Manne
Was gister by ‘n duifskiet
Het lankal ‘n haelgeweer maar skiet eintlik bitter min met hom.
Dis ‘n Sibergun 312SE 28duim O/U
Het gekom met volgende chokes
AK F *
AK IM(of 1M) **
AK M ***
AK IC(of 1C) ****(in boonste loop)
AK CL *****(in onderste loop)
Watter een sou mens waar gebruik?
Ek hoor graag!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie,
As dit al chokes is wat jy het kan jy nie verkeerd gaan met IC vir die eerste loop en M vir die tweede loop nie. Vergeet dan van hierdie choke ding en werk eerder aan jou "move & mount". Daar is baie ander vaardighede wat 'n mens eers onder die knie moet kry en wat 'n groter invloed op jou tellings sal hê as om jou te bekommer oor chokes.
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sat May 10, 2025 11:45 am
by Apie
Dankie vir die goeie raad manne!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Sat May 10, 2025 4:05 pm
by Monster
Mens gebruik chokes spaarsamig anders wil HR mens spreek.....
Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Tue May 13, 2025 7:57 pm
by gertvanjoe
Monster wrote: Sat May 10, 2025 4:05 pm
Mens gebruik chokes spaarsamig anders wil HR mens spreek.....
As jy 'n elektriese tegnikus is dan sit mens chokes op enige swaardiens eletroniese toestelle soos VSD's anders wil Eskom mens spreek

Re: Wanneer gebruik mense watse choke?
Posted: Wed May 14, 2025 8:29 am
by Monster
gertvanjoe wrote: Tue May 13, 2025 7:57 pm
Monster wrote: Sat May 10, 2025 4:05 pm
Mens gebruik chokes spaarsamig anders wil HR mens spreek.....
As jy 'n elektriese tegnikus is dan sit mens chokes op enige swaardiens eletroniese toestelle soos VSD's anders wil Eskom mens spreek
