Page 1 of 1

Kom jag die Amerikaners nog

Posted: Fri May 16, 2025 7:34 am
by J le Roux
Goeie dag

Ek hoor Amerikaanse jagters kanselleer hul Limpopo jagbesprekings op strepe, oënskynlik a.g.v. Trump, politiek en vrees.

Hoe ervaar die PH's en outfitters op die forum dit? Hopelik is die situasie darem nie so erg nie.

Re: Kom jag die Amerikaners nog

Posted: Fri May 16, 2025 7:46 am
by Thunderhead
Ek doen dit nie voltyd nie maar het gewoontlik n paar. Niks hierdie jaar.

Re: Kom jag die Amerikaners nog

Posted: Fri May 16, 2025 1:12 pm
by JF123
Beteken dit dat pryse gaan genoeg afkom sodat ons binnelanders ook kan kom jag?

Re: Kom jag die Amerikaners nog

Posted: Fri May 16, 2025 2:10 pm
by Capt. Yoda
JF123 wrote: Fri May 16, 2025 1:12 pm Beteken dit dat pryse gaan genoeg afkom sodat ons binnelanders ook kan kom jag?
Sal nie my asem op hou nie, ek verstaan wilds pryse op veiling skiet weer die hoogte in so dan sal die manne maar die bokke laat vang en verkoop

Re: Kom jag die Amerikaners nog

Posted: Fri May 16, 2025 10:05 pm
by Eduard Venter
Ek het nog geen Amerikaanse kansellasies ervaar die seisoen nie, maar is effe bekommerd vir dit. En wildpryse is tans bitter hoog

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Kom jag die Amerikaners nog

Posted: Sat May 17, 2025 10:57 am
by Koos Barnard
Met hoë wildpryse is dit veral die manne (PH'e en ondermeners) wat "put and take" jagte doen wat gaan suffer.