Page 1 of 3

Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Sun Mar 04, 2012 8:04 pm
by Hartskoot Hennie
Nou ja! Ek was die naweek gou na 'n vriend van my toe naby Polokwane, Danie Massyn van Lenyati Safaris om te kyk of ek nie my nuwe roer kan inwy met ietsie nie... Ek het eintlik vir 'n Bosvark gegaan, maar hulle wou nie hulle samewerking gee nie...

Saterdag oggend vroeg is ons toe na 'n plaas so 20km uit die dorp om 'n Zebra te gaan jag! Ek wou nog altyd ene skiet en ek het gedink dit sal nou 'n mooi 1ste jag wees met my nuwe CZ550 .375H&H.

Ons het met die bakkie rond gery vir so uur en 'n half tot ons hulle gekry het, seker so 400m van ons af. Ek het 'n lelike maag virus gehad die vorige dag en aand, so oor ek bietjie leeg en uitgeput was het ons toe gebruik gemaak van die bakkie. Ek en Danie het afgeklim en na 'n ruk toe kry ek 'n oop skoot tussen die bosse, ek het dit so 110m geskat.

Die Zebra hings het so bietjie quartering towards na my toe gestaan en toe ek my geweer op die stokke sit toe suig my kruishaar vas, so min of meer 'n derde van onder af op met die voorbeen. Die skoot het geklap, en daar was 'n baie duidelike "doepf" na die skoot getref het. Die Zebra se kop het dadelik gesak en jy kon sien die 300gr Swift A-Frame het sy werk gedoen. Ongeveer 20 meter verder toe sak hy neer, witpensie...

Die Swift het 'n groot gemors binne die Zebra gemaak, en die bladbeen is mors af waar hy in is, en hy is reg deur die hart. Die foto van die hart is nie vir sensitiewe kykers nie, maar ek gedink van julle sal wil sien.

Dit was 'n ongelooflike eerste jag met my nuwe geweer, en ek hoop dis die eerste van vele!

Ek het die Swift binne in die karkas gekry skuins agter teen die binne kant van die oorkanste ribbes na hy deur die blad, hart, pens en alles was. Maar wat my baie pla is dat hy opgebreek het... Hy het net onder die middelste gedeelte afgebreek. Dis nie normaal nie is dit??? Die dier is dood en die koeel het sy werk gedoen maar ek sal graag wil hoor wat is julle opinie.

Hier is al die fotos!

[img width=560 height=441]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... Zebra1.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... bra375.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_6669.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_6683.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_6681.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_6680.jpg[/img]

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Sun Mar 04, 2012 8:12 pm
by VdWalt
BAie geluk !! Mooi skoot en ook baie geluk, ek dink jy is
die eerste persoon wat dit reg gekry het om 'n Swift
te breek.    ;D :o ;D

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Sun Mar 04, 2012 8:14 pm
by Hartskoot Hennie
En die 1ste een wat 'n 2.7 VVT-i Hilux ook gebreek het...  :o ;D ;)

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Sun Mar 04, 2012 9:08 pm
by Koos Barnard
Dags?
Ek het al meermale gehoor dat Swifts so breek

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Sun Mar 04, 2012 9:12 pm
by tripodmvr
Gelukkig het jy na goeie raad geluister en nie PMP 300 greiners gebruik nie. Jy sou 'n afbeen sebra moes agtervolg.

Nou weet ek hoekom ek met monometaal koe?ls herlaai!!!!!!!!

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Sun Mar 04, 2012 9:22 pm
by axe942
Baie netjies.

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Sun Mar 04, 2012 10:06 pm
by JPS
Baie Netjies gedoen,geluk.

Groete
Jp

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Sun Mar 04, 2012 10:25 pm
by Jakkalsgat
Baie geluk, voorwaar mooi pajamas aan. moet se is die 1ste keer dat ek sien hy breek so.
Wenk: Laat jou kameraman volgende keer flash gebruik dan sien mens jou gesig beter, skaduwees ens word verlig. Is oor almal van ons hoede dra vir die son dat ons oe so wegsteek.

Groete
Jaco

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Sun Mar 04, 2012 10:47 pm
by Francois Marais
Hennie

Ook noggie gesien, of gehoor dat hulle so breek nie, het darm nog sy werk gedoen, mooi skoot.....mooi trofee.

mooi loop
Francois

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 6:54 am
by Hartskoot Hennie
jakkalsgat wrote: Baie geluk, voorwaar mooi pajamas aan. moet se is die 1ste keer dat ek sien hy breek so.
Wenk: Laat jou kameraman volgende keer flash gebruik dan sien mens jou gesig beter, skaduwees ens word verlig. Is oor almal van ons hoede dra vir die son dat ons oe so wegsteek.

Groete
Jaco
Dankie vir die wenk Jaco, ek gaan dit verseker doen volgende keer!

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 7:52 am
by mamba
Dis nou smart Hennie, geluk met daai mooi hings. Daai 375 loop klaar soos stroop.

Cheers
Reg

PS wat jag ons en waar die jaar? Juan weet nie  ;D ;D

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 8:00 am
by Gawie(13mm)
Baie geluk, dis voorwaar 'n "Pronk-perd" wat jy platgetrek het.

Groete,
Gawie

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 8:36 am
by SV MAD (Henk)
Baie geluk Hennie. Dis baie mooi daai pajama donkie en ook vir die roer wat ingewy is!

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 8:39 am
by Geno
Baie geluk! Daai 375 het mooi gemaak!

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 8:42 am
by Hartskoot Hennie
Dankie manne, ek waardeer!  :)

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 9:20 am
by Wouter Roets
Hallo Hennie

Jy het nou gaan staan en jou Forumnaam gestand gedoen. Baie geluk! My persoonlike ondervinding met Swift het nog nie hierdie tipe seperasie opgelewer nie maar het dit ook al raakgelees dat dit wel gebeur.

Groetnis
Wouter

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 10:00 am
by BLOK
Mooi gedoen daar altyd lekker as n geweer se eerste jag so mooi loop.

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 10:01 am
by jl1904
Mooi geskiet Hennie, en geluk met daai mooi sebra.
Het jy al sy vleis ge eet?

Johan

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 10:04 am
by Hartskoot Hennie
jl1904 wrote: Mooi geskiet Hennie, en geluk met daai mooi sebra.
Het jy al sy vleis ge eet?

Johan
Hi Johan.

Ons het Saterdag aand van sy fillets gebraai... Ek kon nie glo hoe lekker was daai vleis nie!!! Sag en geen snaakse smaak nie!

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 10:12 am
by Rasmus
Lekkerr Hopelik kan ek einde van die maand ook ene klop.

Vertel bietjie meer van die afslag proses asb. DIe ding het mos sulke geel vet. Iemand reken vir my dat die velle maklik hare verloor as hy nie mooi afgeslag is nie. ???

Groete

Rasmus

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 10:38 am
by Hartskoot Hennie
Mens moet daai geel vet afsny, dit proe nie so lekker soos 'n geel beesvetjie nie...  ;)

Dan moet die vel so gou moontlik geslag, gesout en verkoel word, of die vel kan hairslip kry.

Dis maar min of meer dit, maar ek is seker daar sal nog 'n man of twee wees wat dalk meer wil uitbrei...

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 11:36 am
by Beer (Christo)
Geluk Hennie

Ek is nou baie jaloers. Ek het presies dieselfde geweer as, maar net na die jagseisoen laas jaar my kaartjie gekry. Hopelik gaan ek aan die einde van die maand 'n bosvarkie kry, my vriend reel nog.

Anders moet ek maar wag tot einde April vir die eerste veld sessie.

Groetnis

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 12:30 pm
by jl1904
Hennie, ek stem saam oor die smaak van sebra, ons het een tyd by 'n braai sebra rump steaks gebraai en almal het gevra waar ons die lekker fillet koop. Eers na almal klaar ge eet het is hulle vertel dat dit sebra is, toe smeek almal om van die vleis oor te koop.
Ek sal nooit weer as ek 'n sebra skiet die vleis aan 'n slagter verkoop nie.

Johan

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 5:39 pm
by Frederik
Klopdisselboom baie mooi gedoen met die nuwe roer !
Daardie sebra fillet vleis is seker die engiste wat jy dadelik na jy hom geslag het so op die kole kan gooi en so lekker smaak.

Ons het eendag gesien hoe 'n swift 'n 90 grade draai op waterbok bul gemaak het is nie die eerste keer dat ek so iets hoor nie oor swift maar watter koeel sal altyd 100% werk maak nie saak die omstandighede  ?

Re: Zebra Hings met my nuwe roer!

Posted: Mon Mar 05, 2012 6:37 pm
by Roger
Baie geluk.

Ek wag vir my CZ550 .416  ;D