Page 1 of 1

AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Thu Apr 09, 2026 12:07 pm
by toxicsox
My seun is 'n FGASA gids en doen loop safari's in Groot 5 areas met sy 458WM.

Hy het vir my gevra om vir hom te kyk na 'n red dot vir sy 458WM wat hom nogsteeds instaat sal stel om sy ARH te kan doen en hernu.

Is hier dalk iemand met ondervinding met die AIMPOINT MICRO H-2?
Sien dit is afgemerk met so R3500-00 tans by S&O - sal dit 'n goeie keuse wees vir die werk wat hy doen en darem verseker dat sy gaste nogsteed veilig is?

Dankie

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Thu Apr 09, 2026 12:12 pm
by Capt. Yoda
Dink dit is seker die gewildste red dot hier as ek moet raai, jy seker daai H2 is R3500 want dis dam baie minder as gewoonlik

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Thu Apr 09, 2026 12:36 pm
by toxicsox
Dankie, dit is afgemerk met R3500.00 - DIe koste is R 8,999.00

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Thu Apr 09, 2026 1:52 pm
by Capt. Yoda
toxicsox wrote: Thu Apr 09, 2026 12:36 pm Dankie, dit is afgemerk met R3500.00 - DIe koste is R 8,999.00
O ok askies, ja nee ek glo nie hy sal n fout maak so H2 nie maar ek is seker hier sal nog een of 2 van die groot wild jagters n draai kom maak en hul opinie gee

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Thu Apr 09, 2026 6:27 pm
by Koos Barnard
Uitstekende red dot, die beste volgens my ondervinding. Deon Brits hier op die forum gebruik hulle op verskeie van sy gewere waaronder grootkalibers. Ek het ook een op my .375H&H.
Mooi loop

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Fri Apr 10, 2026 8:21 pm
by DWB
Laat loop maar. Aimpoint stel nie teleur

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Sat Apr 11, 2026 7:05 pm
by ThinusS
Ek het die ouer Micro H-1 op my .416 rem mag en hy werk baie mooi. Ek glo die H-2 sal net so goed of beter werk.

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Mon Apr 13, 2026 7:37 am
by tau
DWB wrote: Fri Apr 10, 2026 8:21 pm Laat loop maar. Aimpoint stel nie teleur
Op DWB se aanbeveeling besit ek nou 2 x Aimpoint Micro's. Hulle werk bitter goed en hou hulle zero en die belangrikste batterye hou vir jare en jare.

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Mon Apr 13, 2026 8:48 am
by toxicsox
Dankie almal. Ek het die naweek vir my seun een gekoop.

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Mon Apr 13, 2026 3:19 pm
by Louisdewet
Hoe was die prys toe? Ek sien hy is nou R9,999 by SO.

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Tue Apr 14, 2026 9:25 am
by toxicsox
Ek het R8999.00 betaal laasweek by SAFARI. WIldman het my ook gesĂȘ hulle het 'n special die week vir dieselfde prys.

Re: AIMPOINT MICRO H-2 vir ARH op 458WM

Posted: Wed Apr 15, 2026 8:25 am
by Louisdewet
Dankie!