2026 Beer seisoen.
Posted: Thu May 14, 2026 8:45 pm
Ek geniet dit altyd om bietjie buitelandse jag stories te sien, so ek deel my storie ook hier wat die wat dit sal geniet.
Hier by ons in saskatchewan, het ons 2 beer seisoene n jaar, een in die lente (15 Apr tot 30 Jun) en dan weer in die herfs, nie seker presies oor die datum nie, maar dit loop oor Oktober.
Dit was laasjaar in die Oktober seisoen op 'n reën dag in oestyd, wat ek my eerste ontmoeting met n groot swart beer mannetjie gehad het. Een van my kolegas het oor die 2 rigting gesê daars n mooi groot beer in die veld. Ons het nie te lank daarna gestop vir die reën en al die masjiene werf toe geskyf. In die verby gaan kon ek 'n foto op my foon neem. Eks daarna gou kooperasie toe om 'n "tag" te koop (n tag kos $30) en toe veld toe waar ek hom gesien het. Na so uur en half besluit ek hy is weg en gaan huis toe stort en trek droog aan. 30min se TV kyk het my oortuig ek kan my tyd beter benut en ek is weer uit. Weer so 2ure gesoek en besluit toe om terug bakkie toe te stap. 50m voor my bakkie waar ek gesit het n ruk terug stap ek in hom vas. Nie meer as 2m voor my nie. Gelukkig het hy besluit om anderpad te hardloop, dit het my genoeg kans gegee om oor my klein hartaanval te kom. So spook die beer ding by my van laasjaar af. Ek besluit toe om hierdie jaar bietjie voorbereiding te doen en en 'n voerplek te maak. Ek het bietjie rond gevra gelees en uitgevind dat beaver baie goeie aas maak, popcorn en enige soet of vetterige goed. Ek het begin voerplek maak laas Sondag en my kameras opgesit. Dinsdag oggend het ek die eerste beer op kamera. Alhoewel dit nog steeds n swart beer is, is die een "cinnamon". Die kleur is nogal uniek vir swart beere. Ek besluit toe as ek hom kry sal ek tevrede wees om hom te skiet. Woensdag oggend is hy weer terug en bly 3 ure daar. Ek kry toe nog voer in die drom Woensdag aand en besluit om vroeg vanoggend te gaan sit. Ek was net na 4:30 vanoggend daar en het net net so bietjie lomerig geraak. Ek sien of hoor niks. Ek besluit toe om na my kamera se toepassing te kyk en sien toe dat hy al tenminste 30min vreet. Ek stap toe stadig in daai rigting. Ek sien hom toe op so 60m agter ligte bossies deur. Ek het die 140g ronde net agter sy blad gesit. Met die skoot spring hy met 'n slag voorentoe en hardlopp reg op my af. Daar was 'n bossie tussen ons. Ek kon nog 'n skoot afkry soos hy oor die bos spring. Skoot was reg van voor in die bors en het sy hand briek darem getrek. Hy het geval en voorentoe gerol en nog paar skoppe gegee. Toevalig het my kamera die skoot op video gekry.
Dit is nie die grootste beer nie, maar ek is baie tevrede vir my eerste een.
Ek heg paar foto's aan van voerplek en beer.
Groete Ben