Page 1 of 1

Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 10:07 am
by Lourens
More manne,

Dis wel 'n dag of wat laat maar ek was so bevooreg om die naweek 'n baie mooi Takbok ram en Wit Blesbok ooi te kon jag. Ek droom al lank om 'n Takbok te jag en het besluit dat dit hierdie jaar sal gebeur. Die diere is in die Heilbron omgewing gejag en ek het my 300 WSM op beide die diere gebruik. Die Takbok was op 134m (rangefinder) en het net daar in sy spore neergeslaan met 'n bladskoot. Die Blesbok was op 218m (rangefinder) en het na 'n mooi bladskoot so 50m gahrdloop voordat sy dood neergeslaan het. Weereens het die 300 WSM en die 165gr Barnes TTSX hulle werk uitstekend gedoen en ek is baie tevrede. ;D ;D

[img width=560 height=315]http://dl.dropbox.com/u/49744679/IMG_1588.JPG[/img]

[img width=560 height=315]http://dl.dropbox.com/u/49744679/IMG_1592.JPG[/img]

Groete,
Lourens

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 10:43 am
by Gerhard
Baie geluk man...

Mooi bokke en goeie skoot plaasing

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 10:50 am
by VdWalt
Mooi geskiet daar! As ek so na daai grasperk kyk was daai deel van ons land gemaak met daai
300 ingedagte! :o

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 10:54 am
by Lourens
Dankie manne!

Ek stem VdWalt!  ;D ;D Daai 300 hou van ver skiet, en hy skiet plat!! Ek kannie onthou wanneer laas in my lewe ek so be-indruk was met 'n nuwe stukkie toerusting wat ek aangeskaf het nie!  ;D ;D

Groete,
Lourens

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 10:59 am
by Wouter Roets
Baie geluk Louw!

Ja-nee n mens kan sien julle "vind" mekaar nou lekker!

Groetnis
Wout

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 11:01 am
by Witpietskiet
Lourens,

Het jou mos ges? daai 300WSM loop soos stroop.  ;D

Mooi geskiet.

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 11:24 am
by Zack Benade
Baie mooi Lourens

Ek het nie geweet jy kry al wit takbokke nie.  Dit bly darem lekker vleis.

Groete
Zack

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 8:20 pm
by Marc
Lourens wrote: More manne,
Weereens het die 300 WSM en die 165gr Barnes TTSX hulle werk uitstekend gedoen en ek is baie tevrede. ;D ;D
Groete,
Lourens
Ek sou ook gewees het  ;)  Daai wit takbok is wraggies iets spesiaal, baie geluk en mooi gegooi  ;)

Groetnis
Marc

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 8:21 pm
by douw
Baie geluk Lourens

Groetnis
Douw

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Mar 28, 2012 11:42 pm
by visstok
Baie geluk, mooi gegooi! Stem saam, daai wit takbok is voorwaar spesial! Groete visstok

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:49 am
by Roossteyn Safaris
Ek is Dringend opsoek na 4 trofee takbokke in die direkte omgewing van Bloemfontein of 100km radius vanaf Dealesville, vir die naweek van die 27ste April, asseblief 0833101571

Re: Naweek se Takbok en Blesbok

Posted: Wed Apr 23, 2014 8:13 am
by Jakkalsgat
More Jaco

Ek weet nie van vreeslik takbokke om Bloemfontein nie, wel in Koffiefontein en Luckhoff se omgewing is daar paar plekke maar is maar duur.

Groete
Jaco