Knaldempertoetse: Die uitslae

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Die mense van Sus-Tac het onlangs 'n groot knaldempertoets/demonstrasiedag gehou by die Rooikraal-skietbaan. SA Jagter/Hunter het ook die dag bygewoon en die toetse gemonitor. Die uitslae van die toetse is in die nuutste uitgawe (Junie) van SA Jagter/Hunter gepubliseer wat nou op die rakke behoort te wees. Faktore wat getoets is, was die hoeveelheid klank wat gedemp word en die hoeveelheid recoil wat weggeneem word. Ons het ook 'n derde kolom bygevoeg met die dimensies van elke knaldemper (lengte en deursnee). Koop gerus die tydskrif en besluit dan self watter een van die byna 40 modelle wat getoets is vir jou die moeite werd sal wees.
Mooi loop
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by ruaanb »

Dankie Koos!
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Basjan123 »

Moet mens die tyd nou so om wens?? :laugh:
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by 6mmMusgrave »

Ja nee van nou af elke aand sluip ek tussen cna se rakke rond totdat ek hom kry ek dink dit sal regtig goeie informasie wees. Baie dankie oom Koos
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Riebeeker »

Is SAJWV se lede se tydskrifte al gepos?
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Koos Barnard »

Dit behoort gepos te wees ja.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Hansieslim »

Ek's onkundig oor kommittees en kompetisies. Is daar al finale besluite oor deelname aan kompetisies as jou geweer se knaldemper se voorkant ook 'n tipe muzzle break aan het bv Warrior en Sustac?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Armand Steenkamp »

Hansieslim wrote:Ek's onkundig oor kommittees en kompetisies. Is daar al finale besluite oor deelname aan kompetisies as jou geweer se knaldemper se voorkant ook 'n tipe muzzle break aan het bv Warrior en Sustac?
Hans sover ek weet is dit nie toelaatbaar nie.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Flip Nel »

Nee man ek sit op die plaas in nam wanneer gaan ek nou dit kan lees

Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Riebeeker »

Dankie Koos.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Arnold »

Baie dankie, sal hom gaan opsoek!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by joe rocket »

Flip nel wrote:Nee man ek sit op die plaas in nam wanneer gaan ek nou dit kan lees

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Flip jy moet die digitale weergawe koop.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Flip Nel »

joe rocket wrote:
Flip nel wrote:Nee man ek sit op die plaas in nam wanneer gaan ek nou dit kan lees

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Flip jy moet die digitale weergawe koop.
Neeman ek hou van papier, en dan die grootste ek kannie op die pot die tablet sit en lees nie ;D ;D dis darrem nie reg nie.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by joe rocket »

Hoekom nie? Die tablet gaan nie sê: " Flop Flip het jy "n teerpaal geëet!"
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Flip Nel »

;D
joe rocket wrote:Hoekom nie? Die tablet gaan nie sê: " Flop Flip het jy "n teerpaal geëet!"
;D ++>: ++>:
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by JJV »

Die tablet slaan nie spinnekoppe so lekker soos ‘n opgerolde tydskrif nie!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by 6mmMusgrave »

Wel in Kimberley is hy nog nie beskikbaar nie. Charlene se gums is 10 bar gepomp omdat ons by amper elke garage en kafee en winkel was opsoek na die SA jagter.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by MEERKAT »

Sal graag die wen/beste silincer wil vergelyk met met een van die gekoopte silincers , dws as hy nie hierby is nie.
Kon nog nie een kry wat hom klop met klank , recoil en gewig , prysgewys praat ons nie eers van.

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by andre007 »

Hansieslim wrote:Ek's onkundig oor kommittees en kompetisies. Is daar al finale besluite oor deelname aan kompetisies as jou geweer se knaldemper se voorkant ook 'n tipe muzzle break aan het bv Warrior en Sustac?
Dit word nie op SAJWV geleenthede toegelaat nie. Kyk na my plasings op hierdie draad http://jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=60621 Een van my plasings het Andre vd Merwe se artikel ook by.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Arnold »

Ek het nou gou gekyk na die toets en alhoewel dit sekerlik baie werk was en bo die resultate tabel gee dit die omgewing kondisies is ek teleurgesteld oor die tekort aan detail soos bv. wat die model van die Larson Davies meter was en dat Larson Davies meters tipies klas 1 is wat baie goed is en slegs klas 0 is meer akuraat.

Internationale standaarde word genoem waarvolgens die toets gedoen is maar waar kan ek hierdie gaan opsoek?

Hoe vêr van die geweer en relatief hoe hoog tot die kroon was die meter geplaas. Recoil was ook gemeet so die kroon het beweeg ten opsigte van die meter en aangesien die recoil vermindering van elke silencer anders is is hierdie posisie van die kroon in tyd teenoor die meetinstrument nie vergelykbaar nie.

n Meting van ambient noise sou dinge bietjie meer in perspektief stel en dan ook hoe mens dB interpreteer aangesien dit n logaritmiese skaal is. Aangesien dB n verhouding is wat was die verwysing, dalk 0 dB of 20 dB?

Was die gemeet in dbA of dBP?

Skuus maar as ek na die getalle kyk wys dit dat al die silencers so hard raas dat mens dit nie sonder oorbeskerming kan gebruik nie.

Ek is seker 'n poephol met al die komentaar maar hierdie is my werk en omdat die resultate so naby mekaar is is daar moontlik n paar plekke wat sou kon verskil. Weet egter dat ek nie een van die silencers verkoop, maak of op enige manier betrokke is nie.

So ja ek dink die artikel moes minstens 3 bladsye gewees het met meer detail vir die fynproewer ;)
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Koos Barnard »

Naand Arnold
Ek stem saam dat die artikel meer inligting moes bevat het maar daar was 'n paar probleme. Ons moes spesiaal plek maak vir die artikel in die tydskrif want die betrokke uitgawe was reeds ten volle beplan. Ek het nie tyd gehad om self die skryfwerk te kan doen van 'n meer in diepte artikel nie en die inligting wat ons ontvang het van die toetsers was baie skraps. Ek moes ook meer as een keer daarvoor vra en het dit later ontvang as waarvoor ons gevra het. My aanname was dat een van die toetsers die hele proses sou verduidelik en vir ons al daardie inligting veskaf, dit het toe nie so gebeur nie. Die tydskrif was nie betrokke by die toetse self nie, ons het bloot bygestaan saam met die vervaardigers en gekyk dat alle produkte sover moontlik op eenderse manier hanteer is tydens die toetse. Daar is op faceboek genoem dat ons die resultate sou plaas en om nog 'n maand te wag om 'n meer in diepote artikel te doen sou te veel mense ongeduldig gemaak het. Ons is alreeds die dag na die toetse gepla oor wanneer die uitslae sal verskyn.

As ek ooit weer so iets publiseer sal dit op 'n ander manier gedoen word. Terloops, ek het oor die jare al verskeie knaldempers getoets en bygestaan toe baie ander geskiet is en ek moet se, my ondervinding is dat jy nie eintlik knaldempers kry (van die waarna ek al geluister het nie) wat vreeslik "sag" is nie. Die klank word wel gedemp maar as jy na so 'n paar skote geluister het sonder oorbeskermers begin die knal jou (of vir my) te pla.

Bogenoemde klink na 'n klomp verskonings maar dis hoe dinge gebeur het. Jammer die uitslae het nie aan jou vereistes voldoen nie.

Mooi loop
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by henried »

Ek stel meer belang in die recoil beheer, van die KD het baie goed gedoen.
Prys maar nog 'n faktor.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by Yogi »

Sou graag kolom met pryse ook wou by hê. Dit plaas dinge meer in perspektief, kan wees om Golf en Porsche met mekaar te vergelyk.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by ruaanb »

Interressant hoe 'n knaldemper wat goed op terugskop hantering weer nie so goed doen op klank hantering nie. Die teenoorgestelde is ook waar as ek so na die resultate loer.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Post by joe rocket »

Julle moet onthou dat almal langs die demper staan wanneer die roer geskiet word. Gaan staan waar die bokke staan. 150m 200m ens. Die demper se klank klink anders. Veral as die wind dwars en na jou toe waai. So klank is nie so belangrik nie, maar terugskop wel.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Post Reply