Ek begin 'n nuwe draad uit repsek vir Dr Emslie.Parker wrote:Manne net so n stuiwer in die armbeurs. Ek het gister ook n gesprek gehad met iemand rondom plaasaanvalle/moorde. Die man het beweer ons boere is glad nie paraat nie.
En die wet vereis dat jy in alle omstandighede NIE moet skiet nie
Parker ek gaan met jou verskil tov beide stellings en met die man saamstem-boere, landsburgers ens is nie paraat nie.
Ek weet van boere wat nie elke dag vuurwapens dra nie. Ek weet van mense wat geen beskerming om hulle huise het nie. Wat as die honde blaf, buite toe gaan en gaan kyk. Wat as die honde blaf hulle stil maak. Ons moet hand in eie boesem steek en erken ons kan beter wees - ek self kan meer skiet en meer oefen.
Daar is ongelukkig baie mense wat dink sy weermag opleiding gaan nog effektief wees. BAie wat nie probeer uitvind wat is die nuutste en beste tegnieke en metodes nie. Daar is baie wat dink 'n 5 skoot Snubbie is die beste SV wapen-met geen ekstra ammunisie naby nie. Daar is baie wat nie die wette verstaan nie. Daar is wat nie deel is van landelike veiligheids groepe nie.
Binne die raamwerk van die wet is daar wel voorsiening vir selfverweer. Ja die toepassing en interpretasie deur SAPS is nie altyd so goed nie. Maar die hof sal wel die regte uitspraak lewer of die saak sal al vroeër uitgegooi word.
Ek stem saam met 1000'e daar buite dit is verkeerd om so te leef.


, gaan ook lekker werk !