JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Mar 23, 2019 11:04 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 39 posts ]  Go to page Previous  1, 2
Author Message
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Tue Jan 08, 2019 5:10 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Posts: 129
Location: CENTURION
Daar het Driepoot tot 'n groot mate jou vraag geantwoord. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak!
So, my seun, dit is 'n onbetwisbare gegewe dat almal van ons (en jy) hierdie paadjie gaan loop. Sommige ouens val net uit voordat hulle daardie stadium bereik.
Groetnis![/quote]

Oom PWV,

ek sal met groot graagte myself as jagbakkie drywer vir oom beskikbaar stel. Ek stop op die regte tyd, en vir oom sal ek vêr genoeg terugstoot sodat dit vir oom gemaklik is op oom se verkose langskoot op n bok.
Ek gun die manne van jare sommer baie sagte bankies ook op hul jagvoertuie-Ek beplan al klaar aan n jagraam met n mercedes stoel vir my oudag ;)

Ek waardeer almal se insette, en is weereens dankbaar om deel van Jaracal te wees. Soos enige familie nie sonder n geveg af en toe nie, maar altyd vol goeie raad , lewenslesse en hulp van mede Jaracallers.

As die Liewe Vader so behaag sal ek voortgaan met my plan, en as die mannetjies reg is sal die skoot loop. Tot dan sal ek die vooreg geniet om saam my jongspan in die veld te kom en die sneller te mag trek.
Dit is vir my net belangrik dat dit hulle keuse moet wees, en nie myne nie.

Mooi aand mense

(Eish,my begroting gaan sukkel met 3 jagters! :'( )

_________________
Court Schilbach

44 Ruger SBH 7.5", 375 H&H Winchester pre64 mod 70, 243 Savage AxxisII, .22 Norinco Jw


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Wed Jan 09, 2019 8:51 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5703
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Manne, ek deel die meeste van julle sentimente, maar....

Ondervinding met afrigting van kinders van 'n jong ouderdom, het my een ding geleer en dit is dat kinders floreer op sukses en ernstig ly onder mislukking. Deur op 'n te jong ouderdom te hoë (onhaalbare) vereistes aan 'n kind te stel, gaan jy hom/haar meer afskrik as "reg grootmaak". Om spesifiek op skiet te fokus, het ek gevind dat my seuntjie vinnig verveeld geraak het met "papier skiet" en toe ek hom met die .22 na 'n 20L oliedrommetjie laat skiet, het hy dit aansienlik meer geniet en het ek elke keer die "teiken" kleiner gemaak, totdat hy gemaklik 'n 4" gong op 100m kon skiet met die einste .22.

Met sy eerste jag as 9jarige, was ek ook vasbeslote dat hy sy eerste bok van die voet af moet skiet en na 'n dag en 'n half se onsuksesvolle loop-en-jag, het ek 'n vriend se raad gevolg, dat sukses met die eerste jag, meer belangrik is as ander mense se etiese standaarde. Die middag van die 2de dag, het ons 'n paar kort "spot & stalks" probeer sonder sukses en toe ons die volgende keer 'n troppie blesbokke kry wat verveeld na die bakkie kyk, het ek dat hy 'n blesbok van die bakkie af skiet. Dit was 'n goeie skoot en die opwinding en geluk in sy oë was beloning genoeg.

Sedertdien het hy aansienlik sterker en groter geword en sy vernuf met sy geweer is ook heelwat beter. Die 2de jag was baie makliker en is van die voet af gedoen. Ek aanvaar baie van julle gaan waarskynlik met my verskil, maar ek is dankbaar dat my idees nie my kind se eerste bok verongeluk het nie en ek sien uit na nog baie jagte saam met hom.

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Wed Jan 09, 2019 9:06 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Posts: 1392
Location: Greenstone Hill (Edenvale)
Court, budget vir 3 jagters is nie speletjies nie! Geniet dit en neem baie fotos van die manne. My oudste was skaars 4 toe hy self besluit het om te help om n rooibok te slag, die jongste was nog in doeke en het ook prober bydrae. Ek het daai naweek se fotos saam die horings van daai rooibok gemonteer, as ons eerste familie jag. O ja, en die hoeveelheid kids, gesamentlik met hul ouderdomme op daai stadiums, regverdig die aankoop van spesifieke kalibers...

Eugene, jy praat waar, laat die kids self besluit, ons generasies was anders groot gemaak, dalk bietjie meer militaristies, en als met pro's en cons, maar daai vreugde in jou kind se gesig as hy daai bok skiet, en jy as pa staan langs hom, bakkie of te voet, is onbeskryfbaar. Ek weet nie wie se bors was groter tussen die twee van ons nie!

_________________
Louis Hennings

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
FAB.NAT. (Browning) .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Wed Jan 09, 2019 9:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8036
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Eugene wrote:
Manne, ek deel die meeste van julle sentimente, maar....

Ondervinding met afrigting van kinders van 'n jong ouderdom, het my een ding geleer en dit is dat kinders floreer op sukses en ernstig ly onder mislukking. Deur op 'n te jong ouderdom te hoë (onhaalbare) vereistes aan 'n kind te stel, gaan jy hom/haar meer afskrik as "reg grootmaak". Om spesifiek op skiet te fokus, het ek gevind dat my seuntjie vinnig verveeld geraak het met "papier skiet" en toe ek hom met die .22 na 'n 20L oliedrommetjie laat skiet, het hy dit aansienlik meer geniet en het ek elke keer die "teiken" kleiner gemaak, totdat hy gemaklik 'n 4" gong op 100m kon skiet met die einste .22.

Met sy eerste jag as 9jarige, was ek ook vasbeslote dat hy sy eerste bok van die voet af moet skiet en na 'n dag en 'n half se onsuksesvolle loop-en-jag, het ek 'n vriend se raad gevolg, dat sukses met die eerste jag, meer belangrik is as ander mense se etiese standaarde. Die middag van die 2de dag, het ons 'n paar kort "spot & stalks" probeer sonder sukses en toe ons die volgende keer 'n troppie blesbokke kry wat verveeld na die bakkie kyk, het ek dat hy 'n blesbok van die bakkie af skiet. Dit was 'n goeie skoot en die opwinding en geluk in sy oë was beloning genoeg.

Sedertdien het hy aansienlik sterker en groter geword en sy vernuf met sy geweer is ook heelwat beter. Die 2de jag was baie makliker en is van die voet af gedoen. Ek aanvaar baie van julle gaan waarskynlik met my verskil, maar ek is dankbaar dat my idees nie my kind se eerste bok verongeluk het nie en ek sien uit na nog baie jagte saam met hom.


Stem 100% saam, my laaiti het laas jaar 2 dae te voet gejag en omtrent niks gesien nie op die laaste middag het hy n vark uit n hide geskiet, nogals n groot skoot gewees in die omstandighede en hy was oor die maan gewees. Hy het vanogend weer oor daai jag gepraat en my gevra wanner begin die skote weer klap. As hy nou 5 of 10dae geloop en “hard” gejag het sonder enige iets wat hy geskiet het sou dit maar vir hom n baie slegte ervaring gewees het

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Wed Jan 09, 2019 10:11 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Posts: 1388
Dagsê
Ek dink nie die gedagte is dat jy 'n jong kind hard moet laat jag vir sy eerste bok nie. As dit jou keuse is om die kind te voet te laat jag vir sy eerste bok, kies dan die jagveld sorgvuldig. Dit sal bloot onnosel wees om jou agtjarige na 'n plaas te neem waar jyself dalk nog nooit vantevore gejag het nie en dus glad nie weet of die terrein geskik is vir maklik bekruip nie. 'n Plat bosveldplaas kan soms heeltemal te moeilik wees vir 'n jongeling om in te jag. Effens oper terrein, waar die jongman die wild kan sien van 'n koppie af byvoorbeeld en self deur die verkyker kan help kyk en planne help maak om te bekruip werk dalk net beter (dis my ervaring). Ongelukkig het baie mense nie toegang tot "maklike" jagplase nie... hulle moet maar vat wat hulle kry. En dis dan dat jy nie onrealistiese verwagtinge moet hê oor stapjag vir jou jongeling nie. Laat omstandighede jou lei en werk met dit wat jy het. Soos genoem, moenie die kind moedeloos maak nie - laat hom dan van 'n voertuig af skiet of uit 'n skuiling as dit nie anders kan nie. Maar moedig wel stapjag aan en alles wat daarmee saamgaan. Ek het spesifiek 'n familieplaas gekies vir my twee seuns se eerste bokke want ons kon ons tyd neem, dit was maklik om daar te bekruip en die terrein was sodanig dat die kinders baie bokke kon sien tydens die jag. Ons het ook nie daggeld betaal of selfs vir die bokke nie, en ons was nie gedruk om wel iets te skiet nie. (Ek sien vanoggend iemand adverteer jagte en die voorwaarde is dat elke groep 'n minimum van R80 000 se wild moet skiet). Ons omstandighede het ons dus gepas en juis daarom het ek my kinders op die familieplaas laat jag.

Die eerste mannetjie se bok het ongeveer twee ure geneem om geskiet te kry en die tweede een s'n amper vier ure. Doen dus ekstra moeite as jy jou kind te voet wil laat jag vir sy eerste bok - soek jou jagplaas met groot oorleg uit indien dit enigsins moontlik is.
Mooi loop


Last edited by Koos Barnard on Wed Jan 09, 2019 10:33 am, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Wed Jan 09, 2019 10:24 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Posts: 1629
Location: Randburg, Gauteng
In die kol, Koos.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Wed Jan 09, 2019 11:08 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Posts: 1146
Location: Rustenburg
Koos Barnard wrote:
Dagsê
Ek dink nie die gedagte is dat jy 'n jong kind hard moet laat jag vir sy eerste bok nie. As dit jou keuse is om die kind te voet te laat jag vir sy eerste bok, kies dan die jagveld sorgvuldig. Dit sal bloot onnosel wees om jou agtjarige na 'n plaas te neem waar jyself dalk nog nooit vantevore gejag het nie en dus glad nie weet of die terrein geskik is vir maklik bekruip nie. 'n Plat bosveldplaas kan soms heeltemal te moeilik wees vir 'n jongeling om in te jag. Effens oper terrein, waar die jongman die wild kan sien van 'n koppie af byvoorbeeld en self deur die verkyker kan help kyk en planne help maak om te bekruip werk dalk net beter (dis my ervaring). Ongelukkig het baie mense nie toegang tot "maklike" jagplase nie... hulle moet maar vat wat hulle kry. En dis dan dat jy nie onrealistiese verwagtinge moet hê oor stapjag vir jou jongeling nie. Laat omstandighede jou lei en werk met dit wat jy het. Soos genoem, moenie die kind moedeloos maak nie - laat hom dan van 'n voertuig af skiet of uit 'n skuiling as dit nie anders kan nie. Maar moedig wel stapjag aan en alles wat daarmee saamgaan. Ek het spesifiek 'n familieplaas gekies vir my twee seuns se eerste bokke want ons kon ons tyd neem, dit was maklik om daar te bekruip en die terrein was sodanig dat die kinders baie bokke kon sien tydens die jag. Ons het ook nie daggeld betaal of selfs vir die bokke nie, en ons was nie gedruk om wel iets te skiet nie. (Ek sien vanoggend iemand adverteer jagte en die voorwaarde is dat elke groep 'n minimum van R80 000 se wild moet skiet). Ons omstandighede het ons dus gepas en juis daarom het ek my kinders op die familieplaas laat jag.

Die eerste mannetjie se bok het ongeveer twee ure geneem om geskiet te kry en die tweede een s'n amper vier ure. Doen dus ekstra moeite as jy jou kind te voet wil laat jag vir sy eerste bok - soek jou jagplaas met groot oorleg uit indien dit enigsins moontlik is.
Mooi loop


Goed gese Koos

_________________
Maak 'n verskil


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Wed Jan 09, 2019 11:26 am 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 6104
Location: Waterkloof, Pretoria
Eugene wrote:
Manne, ek deel die meeste van julle sentimente, maar....

Ondervinding met afrigting van kinders van 'n jong ouderdom, het my een ding geleer en dit is dat kinders floreer op sukses en ernstig ly onder mislukking. Deur op 'n te jong ouderdom te hoë (onhaalbare) vereistes aan 'n kind te stel, gaan jy hom/haar meer afskrik as "reg grootmaak". Om spesifiek op skiet te fokus, het ek gevind dat my seuntjie vinnig verveeld geraak het met "papier skiet" en toe ek hom met die .22 na 'n 20L oliedrommetjie laat skiet, het hy dit aansienlik meer geniet en het ek elke keer die "teiken" kleiner gemaak, totdat hy gemaklik 'n 4" gong op 100m kon skiet met die einste .22.

Met sy eerste jag as 9jarige, was ek ook vasbeslote dat hy sy eerste bok van die voet af moet skiet en na 'n dag en 'n half se onsuksesvolle loop-en-jag, het ek 'n vriend se raad gevolg, dat sukses met die eerste jag, meer belangrik is as ander mense se etiese standaarde. Die middag van die 2de dag, het ons 'n paar kort "spot & stalks" probeer sonder sukses en toe ons die volgende keer 'n troppie blesbokke kry wat verveeld na die bakkie kyk, het ek dat hy 'n blesbok van die bakkie af skiet. Dit was 'n goeie skoot en die opwinding en geluk in sy oë was beloning genoeg.

Sedertdien het hy aansienlik sterker en groter geword en sy vernuf met sy geweer is ook heelwat beter. Die 2de jag was baie makliker en is van die voet af gedoen. Ek aanvaar baie van julle gaan waarskynlik met my verskil, maar ek is dankbaar dat my idees nie my kind se eerste bok verongeluk het nie en ek sien uit na nog baie jagte saam met hom.


Baie waar woorde Eugene!

Baie dieselfde het my ook oorgekom met my twee se eerste jag. Ek was onnosel genoeg om op n plaas te gaan jag waar ek nog nie vantevore op was nie. Die terrein alhoewel in dieselfde area as waar ons eie plaas is was eenvoudig net nie geskik vir die loop en jag wat ek met hulle ingedagte gehad het nie. Die feit dat hulle eerste bokke van die bakkie af geskiet is het my grensloos geirriteer, want dit was absoluut die laaste ding wat ek wou he en totaal teen my perfekte prentjie van hoe dit moes gebeur. So 4 of 5 jaar terug het ek presies so draad soos Court hier nou het begin, ook om ander mense se gevoel te kry oor hoe dinge moet afloop. Ek het so hoe en groot verwagtinge gehad, maar nou 2 jaar nadat dit plaas gevind het besef ek maar net weereens dan n mens moet aanpasbaar wees in die lewe en dat so min goed eintlik volgens plan verloop.

Jy raak verder aan n baie belangrike aspek. Terwyl ons nou die feestestyd op die plaas was het die twee nou goed kans gekry om hulle nuwe gewere in te lyf. Eers het ek hulle laat skiet sonder silencers om hulle teleskope vir hulle in te stel. Ek moet erken dit het maar power gegaan alhoewel hulle nou al twee redelike gesoute skuts is. Ek het toe die twee Huntbuddies van Henk opgeskroef waarna dit aansienlik beter gegaan het. Snaaks dit gaan nie soseer oor recoil nie, maar absoluut oor die knal, of beter gestel die antisipasie van die knal. Die oomblik toe die teleskope met hulle gezero was het ek hulle oorgeskuif na die 100 en 200m gonge toe. Soos jy se die satisfaksie wat die mannetjies put en nie eers te praat van die selfvertroue wat daarmee gepaard gaan om die gong hou vir hou te laat lui, spreek boekdele. Ek moet se die gonge werk regtig lekker, want hy gee onmiddelik terugvoering. Natuurlik is daar weer ander voordele van n volgrootte bok teiken, veral met kinders wat nog nie op n dier geskiet het nie, maar die meeste mense kan werklik baat vind om meer op gonge te oefen.

Ek het ook verder gegaan en probeer om die jag senario te simmuleer deur met die skiet stokke te loop en dan ewe skielik te stop dit oop te maak en dan vir hulle gese ek soek die skoot binne 30 sekondes op daai of daai gong. Hierdie help baie want dit is die een ding waarmee die meeste nuwelinge werklik baie mee sukkel in die veld. Soos hulle se oefen soos jy gaan jag.

Dan dalk nog n aspek waaroor daar gedink kan word. Baie van ons sit wetend of onwetend baie druk op ons kinders. Baie daarvan kom natuurlik ook van hulself af waar hy/sy jou nie wil teleur stel nie. Verlede jaar op die plaas het ek met die twee hard gejag vir hulle eerste rooibokke en natuurlik hulle eerste bokke van die voet af. Ek het so 4 dae probeer met die mees frustrerende warrelwinde tesame met n volmaan. Die mannetjies was elke keer te stadig op die stokke, of te lank besig om te korrel of as dit nie n takkie was wat hulle raakrtap nie, dan wetter hulle oor n stomp. You name it en nodeloos om te se het my gemoed natuurlik begin oorspoel op hulle. Jacus se toe vir my om hom n kans te gee met hulle. Wragtig daar skiet elkeen van hulle n pragram in hulle eerste sessie met hom. Net daai kalmte en natuurlik baie beter jagvernuf van Jacus het daai twee mannetjies in ekstase gehad. Natuurlik wou ek dit direk deel met die my knape, maar die belagrikste is dat hulle dit geniet het asook suksesvol was.

Groetnis
Wout


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Wed Jan 09, 2019 11:30 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Posts: 1017
Location: Potchefstroom
Vlakvark Soldaat wrote:
Court, budget vir 3 jagters is nie speletjies nie! Geniet dit en neem baie fotos van die manne. My oudste was skaars 4 toe hy self besluit het om te help om n rooibok te slag, die jongste was nog in doeke en het ook prober bydrae. Ek het daai naweek se fotos saam die horings van daai rooibok gemonteer, as ons eerste familie jag. O ja, en die hoeveelheid kids, gesamentlik met hul ouderdomme op daai stadiums, regverdig die aankoop van spesifieke kalibers...

Eugene, jy praat waar, laat die kids self besluit, ons generasies was anders groot gemaak, dalk bietjie meer militaristies, en als met pro's en cons, maar daai vreugde in jou kind se gesig as hy daai bok skiet, en jy as pa staan langs hom, bakkie of te voet, is onbeskryfbaar. Ek weet nie wie se bors was groter tussen die twee van ons nie!


Ek sal hierdie print en raam vir my vrou dankie ou maat! Net vir haar wys dis nie NET ek nie.

Met `n vleisie...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Wed Jan 09, 2019 11:56 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5703
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Oom Koos en Wouter, ek stem met julle opmerkings saam. Die probleem, soos Wouter dit genoem het, is maar ook dat wat vir een ou maklik is, is vir 'n nuweling jagter nie so maklik nie. Nuweling jagters (ongeag hulle ouderdom), is maar van nature onseker van hulself en die "bokkoors" van die groot oomblik, kan maklik oorspoel in katastrofe. Ek dink baie van ons het al vergeet hoe ons eerste keer was en hoe "hard" ons geloop of asem gehaal of gepraat het. As jy nie baie baie geduld het nie, laat iemand anders jou klong die laaste 10 of 20 m vat. Dit werk meestal soos 'n bom en jy is steeds daar om die oomblik te geniet. Daar gaan nog baie jagte wees waar jy alleen by gaan wees. Iemand soos Jacus het geweldige geduld en sy rustige geaardheid in die veld, maak die jagters ook rustig.

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Thu Jan 10, 2019 11:30 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Posts: 31
Ek geniet die wyshede wat gedeel word uit persoonlike ondervindinge, dankie manne.
Ek het natuurlik die perfekte prentjie in my kop van hoe my dogter se eerste jag die jaar gaan afloop, maar baie van julle slaan die spyker op die kop. Wees aanpasbaar en oopkop oor die eerste jag van ‘n bok.
Die dinge wat in ons guns tel soos ek van die komentaar aflei is dat ek die plaas ken en dat die plaas Baie geskik is vir stapskiet.


Sent from my iPad using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 2:20 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Posts: 1392
Location: Greenstone Hill (Edenvale)
Mellies wrote:
Ek sal hierdie print en raam vir my vrou dankie ou maat! Net vir haar wys dis nie NET ek nie.

Met `n vleisie...


Jy kan dit print, jy kan dit in geskenk papier toedraai, jy kan dit vol van jou deodorant spuit, hulle sal dit flippen nooit verstaan nie!!

_________________
Louis Hennings

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
FAB.NAT. (Browning) .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 9:32 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Posts: 4062
Location: JHB
Net n gedagte.....(Koos se noem van die bokke wat verniet was)

Toe Dewie sy eerste bok moes/kon/wou skiet, het ek dit aan hom duidelik gemaak dat ek die bok se gelde reeds gereel het en dat dit gladnie FINANSIEEL saakmaak of hy mis of kwes nie.
Dit was dus een minder ding waaroor hy moes kommer.
Ons het bakkie gery...rooibokke gesien ...biki gestalk en hy het n perfekte bladskoot op so 80m kon inkry...bok het nie 5tree gevorder nie.

Hy word die jaar 21, maar ons reëling geld nounog met so effense aanpassing soos hy groter en meer verstandig geword het...As die bok val, betaal ek hom ten volle(siende die hele huishouding die droeë wors en biltong geniet).....as hy kwes, betaal hy die helfte en ek die ander helfte.(hy moet ook maar nou leer geld groeie nie aan 'n boom nie)
Die teleurstelling van die kwes is baie erger as die betaling wat hy moet maak en dis wat ek wou bereik, deur hom te leer dat respek vir jou prooi belangriker is as die finansiele tov jou prooi.

Die jaar sal sy tweede jaar alleen wees agter bok aan....koedoe se kind noggal.....

Cheers

_________________
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243
HOWA 308, MAB 7.65
Stormers/WP


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Jagters van vandag
PostPosted: Sat Jan 12, 2019 10:11 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 15004
Location: Vereeniging
Cobus, kan ek nie maar jou groot kind wees nie. Wil ook graag koedoe skiet.

Julle manne het baie punte aangeraak, maar die een ding wat baie waar is, is dat Pa nie as gids moet optree nie. 'n Goeie jagvriend laat die kinders minder op hul senuwees wees. Ek het 'n vriend van my se seun sy eerste rooibok op die voet laat skiet. Hy het dit baie suksevol gedoen en toe sukkel ek om die bok te kry na sy laaste 50m doodshardloop. Was toe baie benoude oomblik vir my.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 39 posts ]  Go to page Previous  1, 2

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: zipp and 14 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group