JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon May 27, 2019 10:58 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 23 posts ] 
Author Message
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:09 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Posts: 958
Location: Germiston
Hi Manne

Ek sit hier vandag en wonder of gaan ek meer kwaad as goed doen. Ek sit met n klein man wat bitter graag saam sy oom wil gaan jag en was nooit bloot gestel aan die jag wereld of gewere nie.

Nou soos dit maar gaan maak die mannetjie my mal as hy by my huis kom om met die windbuks teskiet en ek moet se hy kom regtig mooi reg en luister as ek hom verduidelik van die moets en moenies.

N paar jaar gelede wort ek in n blik gedruk en wort gevra wanneer vat jy hom dat hy sy eerste bok kan skiet en ek antwoord as hy 11 jaar oud is. Nou ja die man is nou 11 en ek is nou gedwing om by my woord tebly. Ek weet windbuks is nie n jaggeweer nie en ek weet hy het nog nooit met n grood geweer geskiet nie maar ongelukig het ek en hy net nie die geleendheid gahad dat hy saam my baan toe kon gaan vir die nodige oeffening nie.

Nou sit ek in twee. Kom ek op met n verskoning en se vir hom hoekom hy nie kan skiet nie en lyk en voel soos die vark of gee ek hom n kaans op n rooibok en hoop vir die beste maar staan n kaans dat hy emosioneel seer gaan kry as hy kwes en nie die bok kry nie.

Ongelukig kan ek nie die mannetjie by my kry voor die jag sodat ek hom net teminste kan laat voel wat die geweer doen en ook oeffen nie.

Wat sal julle in so n geval doen?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:13 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Posts: 1078
Location: Pietermaritzburg
Uit ondervinding, sou ek hom mooi laat verstaan dat hy eers met daai roer gereeld op die baan moet kom. Om hom aan die diep kant in te gooi met jag gaan meer moeilikheid as goeie dinge veroorsaak. Persoonlik dink ek nie dis die risiko die moeite werd nie

_________________
Tikka 300 Win Mag
Enfield 303
Howa 243 Ackley
Rem 243 Win


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:23 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5726
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Malan123 wrote:
Uit ondervinding, sou ek hom mooi laat verstaan dat hy eers met daai roer gereeld op die baan moet kom. Om hom aan die diep kant in te gooi met jag gaan meer moeilikheid as goeie dinge veroorsaak. Persoonlik dink ek nie dis die risiko die moeite werd nie


+1! Vat hom dalk die jaar saam en laat hy 'n tarentaal of iets skiet en eers mooi sien hoe werk die jagtery. Daarna bietjie oefen, sommer daar op die plaas as daar geleentheid is en dan maak jy die call van daar af oor wanneer hy reg is.

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:29 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Posts: 958
Location: Germiston
Ek het in dieselfde rigting as jy gedink Eugene. Hy was al een keer saam my gewees op n jag en het al gesien wat gebeer gedurende n jag. Ek dink n paar skote op die plaas met die 6.5 sal my n beter idee gee of hy die skoot kan vat of nie.

As ek sien dat hy ok sal wees sal ek dat hy van die bakkie af skiet mits die kondisies 100% reg is en met n ander as daar dalk n opvolg skoot nodig is.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:39 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Posts: 2526
Location: Paarl
Maak ook seker dat hy emosioneel reg is om n bok te skiet. Hy moet verstaan dat die.bok dood is.

_________________
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:50 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3582
Location: Pretoria
My seun het op 9 1/2 jaar sy eerste vark geskiet miskien nog te jonk maar het groot geword met 'n pa wat profesioneel gejag het en het al van 7 jarige ouderdom gereeld met die .22 en nog jonger toe hy gereeld met die windbuks skiet. Saam gewees op paar jagte en baie jag videos gekyk.

Nou is hy 14 en het laas Saterdag sy eerste blouwildebees omgedop met my 375 nogal. Dit is nie jou eie kind nie so dit is self moeilik om te weet of hy reg is en die emosies kan hanteer. Ek voel wel sterk daaroor dat die seun eers met 'n rooibok kaliber geweer moet oefen.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 12:11 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Posts: 1250
Location: East Rand, Gauteng
Dit is nie net van emosioneel reg wees nie. My seun se vriende het al op 7 jarige ouderdom bokke van agter die bakkie dood geskiet op 50m.. probleem is as jy met die kinders praat waardeer hulle dit nie en was niks spesiaal nie.

My seun is nou 10 en het nog nie 'n bok geskiet nie. Hy moet eers soos bo genoem genoeg op die baan skiet om n rooibok met ruste uit die sit posisie dood te kan skiet dan is hy reg, al skiet hy hom dan van agter die bakkie af pla dit nie.

_________________
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 9:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Posts: 1461
Location: Greenstone Hill (Edenvale)
joe rocket wrote:
Maak ook seker dat hy emosioneel reg is om n bok te skiet. Hy moet verstaan dat die.bok dood is.


Yes, hy moet verstaan wat dit beteken om n bok se lewe te vat, hy moet die geweer leer ken en op die papierbok oefen. En dan moet hy by wees as iemand anders n bok skiet, en daarna self besluit. Dis hoe ek my 2 seuns voorgestel het. Hulle jag nou meer as ek, en is maar net 8 en 5...

_________________
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
FAB.NAT. (Browning) .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 9:21 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Posts: 4072
Location: JHB
Hy is n hele jaar lank 11 jaar oud.....laat hom oefen, tarries en hase skiet ...leer om geweer self te dra en oor stokke te skiet ....en vat hom dan op n gemaklike blesbok of soortgelyke jag.......
Any way, dis wat ek sou doen

Cheers

_________________
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243
HOWA 308, MAB 7.65
Stormers/WP


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 10:07 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Posts: 1197
Location: Pretoria
Ek steun wat Eugene en Cobus sê, plus hy moet emosioneel gereed wees.

_________________
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Mar 16, 2019 7:58 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Posts: 179
Location: Bloemfontein
Julle kinders is baie bevoorreg om op so n jong ouderdom te kan jag en biltong huistoe bring. Alhoewel ek my eerste skote geskiet het met gewere en handwapen op 7 jarige ouderdom, was my eerste bok jag eers heelwat later in my lewe.

Op 20 jarige ouderdom was my eerste jag en toe neem die 30-06 van my pa sommer 7 Springbokke se lewens op n Vrystaatse vlakte.

Indien n kind die geweer veilig kan hanteer, die anatomy van die bok goed ken om n goed geplaasde dood skoot te kan toe dien glo ek hy is reg vir jag.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Mar 16, 2019 12:01 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Posts: 1193
Location: Centurion
My seun het sy eerste bok geskiet toe hy groot genoeg was om die 6.5 in die veld te dra. Sonder hulp die skoot kon neem van die stokke, bok kon bloei en help om sy eie bok te laai. Toe hy by die kamp kom het hy help slag aan sy eie bok.
Voor dit het hy baie keer saam gejag maar nie geskiet nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Mar 16, 2019 12:07 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Posts: 1193
Location: Centurion
Ekskuus, moet net byvoeg by die skool en skool gemeenskap het dit 'n yuppie ding geword om te spog tuseen vaders oor hoe jonk sy kind was toe hy sy eerste bok geskiet het. Seun het gevoel hy kan nie saam praat nie. Ek het vasgebyt en gesê, voordat jy dit nie reg doen nie, kan jy dit nie doen nie. Jou tyd sal kom.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Mar 17, 2019 11:21 am 
Online
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Fri Jan 08, 2016 2:34 pm
Posts: 112
Location: Durbanville
My kriteria was, ek moes eers 5 muisvoëls skiet.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Mar 18, 2019 8:09 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Posts: 72
Seker wanneer hy 5 skote elke keer op n papierbok op n 100 m in "kill zone" kan skiet


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 19, 2019 10:30 am 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Posts: 136
Location: CENTURION
spekieries wrote:
Ekskuus, moet net byvoeg by die skool en skool gemeenskap het dit 'n yuppie ding geword om te spog tuseen vaders oor hoe jonk sy kind was toe hy sy eerste bok geskiet het. Seun het gevoel hy kan nie saam praat nie. Ek het vasgebyt en gesê, voordat jy dit nie reg doen nie, kan jy dit nie doen nie. Jou tyd sal kom.


Centurion ding?
Sit met dieselfde probleem.

En as jy nie saamstem met die manier waarop die Pa en seun "jag" beplan word nie nl: Bokke is lekker mak en ons ry sommer op die bakkie , en dan tel ons tot 3 sodat pa en seun kan saamskiet nie, dan........
BOOM- Daar is nie vir jou tent plek by die groepie vir die Pa en seun kamp op die rugbyveld nie, en mannetjie is sommer dik hartseer want die maaitjies is nou lelik met hom omdat hulle Pa's sê sy Pa sê.....
Hoe verduidelik mens dit aan n 7 jarige?

Mens kry net een kans om jou eerste bok te skiet.
En die verkeerde rede is "bragging rights" vir n Pa.

mooi dag

_________________
Court Schilbach

44 Ruger SBH 7.5", 375 H&H Winchester pre64 mod 70, 243 Savage AxxisII, .22 Norinco Jw


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 19, 2019 11:01 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5866
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Hoe harder hy daarvoor werk hoe meer gaan hy dit waardeer. Die oefen daarvoor is deel van die opwinding.

As die knaap by jou kom en hy kan mooi skiet en als, probeer dan, bekruip soveel soos wat julle kan, kom so naby soos wat julle kan!

As hy daai bok gejag het op 'n lekker manier gaan niemand dit van hom kan wegvat nie.

Moenie jou kind se ervaring steel oor jou ....... jou klein laat voel nie :)

En onthou ook, die quad sticks soos hulle dit noem kan dit deesdae baie makliker maak vir die beginner om raak te skiet.

So gee hom elke moontlike kans om die moontlikheid van 'n fout te kan uitskakel.

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 19, 2019 5:17 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
Posts: 134
Location: Oudtshoorn
Gong skiet tot op 200m is 'n goeie maatstaf, maar papierbok regskiet is 'n ander game. Oefen baie op die papierbok teiken, dit help met die bokkoors en die brein se kondisionering ter voorbereiding. Moenie te veel druk plaas nie. Sommige kinders is reg op 10, ander op 5 ander weer op 15. En sommige nooit! Dit maak hulle nie 'n beter of minder beter individu nie.

My pa het gewere, bloed en braaivleisvuur gehaat, ek is teenoorgestelde.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Mar 19, 2019 6:43 pm 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Posts: 125
Rupert ek het 2 dogtertjies en hulle is heelwat jonger as joune so ek kan nie saampraat oor of hul ooit belangstelling sal he nie, ek is ook nog nie 'n vreeslike jagter nie, maar ek is lief vir skiet. Maar wat ek jou kan sê uit 'n ouer se oogpunt. Iemand het eendag lank terug vir my gesê: "Moet NOOIT vir 'n kind 'n belofte maak wat jy nie kan nakom nie". Ek dra daai woorde gereeld by my. Binne perke natuurlik.

So ek stem heeltemal saam die manne hierbo. As jy 'n geskikte geweer het wat reg is vir werk wat moet gedoen word EN hy kan dit hanteer.... Laat hom oefen op gongs en bok teikens en laat hy eers 'n voël of 'n haas of jakkals of duiker as dit moet skiet. Maar wanneer jy voel hy is reg. Maar hy is nou 11 en 'n belofte is 'n belofte.

Ek glo jy sal die regte besluit neem vir die kind. Sterkte


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Mar 20, 2019 9:21 am 
Online
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Posts: 60
Location: Brakpan
Ek glo dit hang van kind tot kind af. Grotendeels hoe jou kind groot geword het, maw of hy of sy saam jou as ouer al gaan jag het en hoe sy belewinis daarvan was. Ek self was van n baie jong ouderdom saam my pa en ouer broers in die veld, al was dit net met n kettie. Vroeg vroeg is ek al geleer om net te skiet wat jy nodig het, tensy dit plaagbeheer was en het so ook my eerste bok op n jong ouderdom geskiet. Die kind self se ervaring van die hele jag situasie sal bepaal hoe vroeg of laat hy n bok sal wil skiet. As n kind 8 jaar oud is en hy kan die betrokke vuurwapen behoorlik en veilig hanteer en hy self wil n bok skiet dan se ek gooi kole.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Mar 20, 2019 10:20 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Posts: 417
Location: Pietersburg Limpopo
Ek spekuleer nou, maar gooi ook maar my opinie in die hoed.

As ek reg lees is dit nie Rupert se eie seun nie. Ons het min informasie en ken nie die onstandighede nie.

Veronderstel die seun se huislike omstandighede is van so aard dat hy nie gereeld blootstelling aan jag geleenthede of selfs wapens het nie, of selfs 'n volwassene het wat hom kan bystaan nie?

Miskien is hierdie Rupert se rol as Oom of iets soortgelyks. In daardie geval mag tyd 'n faktor wees, en miskien is daar net 1 of 2 dae vir voorbereiding. Dit is nie ideaal nie, maar is wel moontlik.

In kort, herhinder ek maar net almal dat nie alle seuns wat graag hul eerste bok wil skiet bevoorreg is om 'n Pa te he wat eerstens belangstel en tweedens die vermoe het om maande of jare se voorbereiding mee te maak nie.

Rupert, as ek die situasie reg verstaan is jy die kind se enigste kans om sy droom te bewaarheid... doen wat jou hart jou vertel, die lewe is nie altyd perfek beplan nie.

_________________
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Mar 20, 2019 11:01 am 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 6157
Location: Waterkloof, Pretoria
J le Roux wrote:
Ek spekuleer nou, maar gooi ook maar my opinie in die hoed.

As ek reg lees is dit nie Rupert se eie seun nie. Ons het min informasie en ken nie die onstandighede nie.

Veronderstel die seun se huislike omstandighede is van so aard dat hy nie gereeld blootstelling aan jag geleenthede of selfs wapens het nie, of selfs 'n volwassene het wat hom kan bystaan nie?

Miskien is hierdie Rupert se rol as Oom of iets soortgelyks. In daardie geval mag tyd 'n faktor wees, en miskien is daar net 1 of 2 dae vir voorbereiding. Dit is nie ideaal nie, maar is wel moontlik.

In kort, herhinder ek maar net almal dat nie alle seuns wat graag hul eerste bok wil skiet bevoorreg is om 'n Pa te he wat eerstens belangstel en tweedens die vermoe het om maande of jare se voorbereiding mee te maak nie.

Rupert, as ek die situasie reg verstaan is jy die kind se enigste kans om sy droom te bewaarheid... doen wat jou hart jou vertel, die lewe is nie altyd perfek beplan nie.


Goed opgesom! Ek sien dit ook net soos jy dit sien.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Mar 20, 2019 11:07 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Posts: 958
Location: Germiston
J le Roux

Ek moet instem dat ek die situasie kon beter verduidelik het maar jy het die hele storie tussen die lyne
mooi gelees en opgesom. Alles wat jy se is presies hoe dit is en ek wil graag die mannetjie vat vir sy eerste
bok.

Soos jy se gaan ek my hart volg en my bes probeer om dit te kan maak gebeer. Baie dankie vir jou insug en woorde.

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 23 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: alecjohnson, ANDRIES, Boerboel, Carlc, Chris Roux, Draegan, Forester, Gideon Burger, Glocked, Google [Bot], Grenslyn, Hein22, Jakkie07, jdpretorius, Joe13, Koos Barnard, Kudubul5, Ratel, spekieries, Stephan86, THOMAST, vernon, Wielie Waps and 17 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group