Roes

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
BenJacobs
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Location: Stellenbosch en Bradasdorp

Roes

Post by BenJacobs » Wed Nov 06, 2019 9:48 pm

Naand almal.
Ek wil asb raad hê. Ek het na so 2weke wat my gewere in die kluis gestaan het weer bietjie uitgehaal en ek sien toe dat daar taamlik oppervlakte roes op is. Meeste van dit kon ek sommer met 'n handoek af vee maar onder op my 243 se magesyn plaat is dit bietjie erger. Hoe kry ek dit nou af en hoe keer ek dat dit weer gebeur?

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Roes

Post by Ds J » Wed Nov 06, 2019 10:08 pm

Spuit olie op, laat staan n rukkie en vee dan af. As dit dieper is kan jy dit liggies met sagte staalwol en olie afskuur.

Olie die gewere gereeld, Eezox is blykbaar puik.

BenJacobs
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Location: Stellenbosch en Bradasdorp

Re: Roes

Post by BenJacobs » Wed Nov 06, 2019 10:17 pm

Dankie oom.

User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1244
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: Roes

Post by Gian_dP » Wed Nov 06, 2019 11:44 pm

Kyk ook of daar nie oormatige waterdamp naby jou kluis is nie.

Daar is verskeie "dehumidifiers" beskikbaar om in jou kluis te sit om oormatige vog in die lug te verwyder.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308

knipmes
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Location: Pretoria

Re: Roes

Post by knipmes » Thu Nov 07, 2019 5:17 am

Die roes is heelwaarskynlik nie beperk tot die dele wat jy oppervlakkig kan sien nie. Ek stel voor jy haal jou gewere heeltemal uitmekaar.
Verwyder al die vog en roes en behandel die metaal met goeie roeswerende middel/ olie. Daar is heelwat van hierdie produkte beskikbaar.
Soos reeds deur ander mense genoem is daar ook heelwat vog absorberende produkte wat jy kan gebruik om die kluis droog te hou.
Jou voorsorg teen roes gaan beperk wees indien jy nie eers seker maak dat die plek / area waar jou kluis staan nie in n vogtige omgewing is nie. As dit nodig is, verskuif die kluis.

J le Roux
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 454
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Re: Roes

Post by J le Roux » Thu Nov 07, 2019 7:29 am

Trek Bosveld toe, al roes wat jou gewere hier kry is miskien van bloedspatsels. ;)
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4287
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Roes

Post by ruaanb » Thu Nov 07, 2019 7:47 am

sit vir jou n lekker warm gloeilamp in die kluis en dan iets soos die. ek het sommer 2 in my kluis.

https://www.takealot.com/solenco-rechar ... ID32836227

User avatar
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 358
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Location: Rietfontein, Pretoria

Re: Roes

Post by WILLEBEES » Fri Nov 08, 2019 1:28 pm

'n Ander maklike oplossing is:
Koop by enige elektriese groothandelaar vir jou 'n 500g houer silica gel. (dit word in power transformer "breathers" gebruik)
Dit is blou kleurige kristalle. Plaas so helfte van die kristalle in kleinerige materiaalsakkie (soos 'n koffie sakkie) en plaas in die kluis.
Dit sal alle vogtigheid binne in die kluis absobeer vir 'n redelike lang tyd.
Sodra die silica gel van blou na pienk begin verkleur, dan vervang jy dit.
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8721
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Roes

Post by Capt. Oblivious » Fri Nov 08, 2019 1:34 pm

Ek gebruik die goed, dink dit kos R25 n houer by spar en clicks

Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1251
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Roes

Post by Malan123 » Fri Nov 08, 2019 1:53 pm

Capt. Oblivious wrote:Ek gebruik die goed, dink dit kos R25 n houer by spar en clicks

Image
+1
Tikka 300 Win Mag
Enfield 303
Tikka 243 Ackley
Rem 243 Win

User avatar
22-250 Sniper
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm
Location: Karoo

Re: Roes

Post by 22-250 Sniper » Fri Nov 08, 2019 3:14 pm

Ek het sommer cheap rys gekoop gooi dit in n sy kous knoop hulle so die groote van n tennis bal en sit hulle in jou kluis tussen jou doppe en enige ander plek waar jy nie vog wil hê nie

Sent from my Nokia 7 plus using Tapatalk
GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL

Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”