Court ruling - Expired licences

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2349
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Location: Limpopo

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Jake1 » Sat Jun 16, 2018 7:56 pm

Chevy ek moes paar manne reghelp wat op media so jaar terug 'n artikel in 'n koerant gelees en storie verder versprei is dat SA Jagters se hofsaak bepaal het mens hoef glad nie meer te hernu nie.

Ek is pro SAJWV maar wonder wat sou gebeur het inelkgeval as SA Jagters nooit tot hierdie kwessie die stryd toegetree het nie. Ek bedoel dit nie lelik nie, maar die polisie self was klaar moerig oor SAJWV se oorwinning oor groen kaartjies.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3064
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Location: Citrusdal

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Chevvy SS » Sat Jun 16, 2018 8:25 pm

Ons kan op die Westerse manier redeneer dat wette daargestel is om nagekom te word. Watter wet in Suid-Afrika word wel nagekom deur die massas?

Ons kan redeneer soos ons wil, maar hierdie is absoluut die eerste stap tot ontwapening met voorbedagte rade; dit is die enigste motief. Die Romeinse reg praat van die "redelike man toets". Geld dit net vir individue?

User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Messor » Sat Jun 16, 2018 9:17 pm

Chevvy SS wrote: Messor, ek sal graag jou kommentaar op die volgende wil hoor:
Die persone met groen lisensies het geensins GEPOOG om aan die nuwe wet van 2000 te voldoen nie; tog is hulle lisensies nog geldig?
Die groen kaartjies volgens my gaan nie lank lewe nie, dis nie geldig verklaar vir altyd nie, die hofuitspraak in 2009 het dit maar net tydelik geldig verklaar.

Dit is die volgende ding wat opgeneem gaan word, en ek glo daai ene gaan ons ook verloor.
Dinge in die land gaan nog baie taaier raak, veral vir die wat glo in geregtelikheid.
Maar vir nou, ons moet ons kant skoonhou, dit maak nie ons las makliker nie, maar dit is nodig.

Jy sit met een van twee dinge, jy kan jou situasie deur wet/howe probeer verbeter, of jy kan oorlog maak teen die met wie jy nie saamstem nie.
As jy die eerste kies moet jy eers wys dat jy wetsgehoorsaam is, anders skiet jy jouself in die voet, en gooi jy jou eie regte vinnger weg as die wat dit wil wegneem.

User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 2262
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Location: Vereeniging

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Fanta300 » Sun Jun 17, 2018 9:55 am

Daar is ‘n regs opinie wat ek gelees het wat sê dat as jou wit kaartjie verval het maar jy het nog jou ou groen kaartjie, dan is jy nog wettig in besit van jou wapen. Dit sal interessant wees!
Lynx 300WM, Musgrave .308 (Ferlach Loop), BSA .303, Stevens .22, Howa .308 Varm, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi Aut., Truvello 260 Rem., BRNO ZKK 602 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22

User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1462
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Location: Kuilsrivier

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Heinz Petersen » Sun Jun 17, 2018 10:49 am

Fanta300, nee. Daai "kite" gaan nie vlieg nie
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Court ruling - Expired licences

Post by OosKaapJagter » Sun Jun 17, 2018 10:56 am

Die probleem is dat daar ook 'n regsopinie was dat artikels 24 en 28 van die huidige vuurwapenwet ongrondwetlik was. 'n Hele regspan kon daarin slaag om 'n Gautengse regter van hul standpunt te oortuig.

Die paneel regters in die Konstitusionele hof het nie saamgestem nie...............

Dit wys bloot wat die waarde van 'n regsopinie is.

My bekommernis is dat hulle 'n voorbeeld van sekere enkelinge gaan maak. Dit is sekerlik onmoontlik om almal wat geraak is te vervolg. Hulle hoef egter nie. As mense hoor van selfs een persoon in hulle area, dorp of stad wat gearresteer en vervolg word, gaan jy sien hoe hardloop die ouens om die wapens in te handig.

Ek wil graag addisionele wapens aanskaf, maar is huiwerig om enige waardevolle wapens te koop. Soos die Konstitusionele hof se regters gesê het, is die besit van vuurwapens geen reg nie, maar 'n voorreg wat deur wetgewing gereguleer word. In wese beteken dit die politici in die parlement kan more besluit dat dit onwenslik is dat die publiek argumentheidshalwe toegang tot enige semi-outomatiese wapen mag hê. Deur bloot wetgewing in hierdie verband uit te vaardig kan almal so hul wapens in daardie kategorie verloor. Nog 'n stukkie wetgewing en daar kan van alle (wettige!) vuurwapens ontslae geraak word.

Die eintlike oplossing is nie om wetgewing te probeer beskerm, of aan te val, na gelang van die geval nie. Sulke wetgewing kan lukraak gewysig word. Dit is nodig om die politici betrokke te kry by jag- en ander aktiwiteite sodat hulle self vuurwapens besit en as statussimbole sal beskou. Dit is immers die groepie, of julle daarmee saamstem of nie, wat die wettgewing in die land uitvaardig.

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1579
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Court ruling - Expired licences

Post by jdpretorius » Sun Jun 17, 2018 11:18 am

Toe die nuwe wet met die wit kaarkies in gekom het het ons mos almal geweet dat hulle ons wil ontwapen en dit is die eerste stap, sodat ons nie kan teenstand bied as die popo die fan slaan nie.
Maar toe begin wapen aansoeke weer deur kom en almal relax ... dalk te veel. Ek dink dit is seker maar een van die redes dat ons so biekie begin slap lê het in gedink het hierdie ontwapening storie is net nog doem proefete mite soos in die apartheids era wat beweer het hoe die land gaan lyk onder anc bewind ..... en hoeveel daarvan is tog nie nou werklikheid nie.
Ek is wel bitter oor dat die wapen vernietig moet word want dit maak net nie sin nie .... ek bedoel dat die wapen self mos nie nou eweskielik een of ander onwettige middel is nie, alowell die eienaar oortree het.
Die situasie skep dan sekerlik nou 'n geleentheid vir 'n organisasie wat hom self toe spits om wapen eienaars te help met die tydige hernuwings proses, teen vergoeding, nes voertuig lesenies.... ek soek juis ander tipe werk as iemand so iets begin [WHITE SMILING FACE]
Ek is sekerlik bereid om R10 per maand/per wapen te betaal om daai sorge op iemend anders se skouers te lê.

wat my nog meer bekommer is die huidige aap op die klip wat so stil is, die gesegde lui mos ... stille water diepe grond en onder draai die duiwel rond

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Messor » Sun Jun 17, 2018 11:34 am

jdpretorius wrote:Toe die nuwe wet met die wit kaarkies in gekom het het ons mos almal geweet dat hulle ons wil ontwapen en dit is die eerste stap
Is dit waar JD?

Of het baie meer mense baie meer toegang tot vuurwapens gekry onder die FCA?
Ek meen ons albei lees baie forums, en in SA is die grootste probleem vir 'n vuurwapen eienaar waarop hy volgende sy geld gaan spandeer. Dis net AR's en ander fancy goed all over the show, was dit voorheen so?

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1579
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Court ruling - Expired licences

Post by jdpretorius » Sun Jun 17, 2018 11:43 am

Messor wrote:
jdpretorius wrote:Toe die nuwe wet met die wit kaarkies in gekom het het ons mos almal geweet dat hulle ons wil ontwapen en dit is die eerste stap
Is dit waar JD?

Of het baie meer mense baie meer toegang tot vuurwapens gekry onder die FCA?
Ek meen ons albei lees baie forums, en in SA is die grootste probleem vir 'n vuurwapen eienaar waarop hy volgende sy geld gaan spandeer. Dis net AR's en ander fancy goed all over the show, was dit voorheen so?
Messor jy is seker ook reg. Meeste van ons het dan ook geleer om toegewyde status beter te benut. So ja die nuwe wet was dan nie alles negatief nie, maar die nuwe stelsel kon mos nooit reg funksioneer met wat aan gaan in ons land nie ?

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Messor » Sun Jun 17, 2018 11:54 am

jdpretorius wrote:Messor jy is seker ook reg. Meeste van ons het dan ook geleer om toegewyde status beter te benut. So ja die nuwe wet was dan nie alles negatief nie, maar die nuwe stelsel kon mos nooit reg funksioneer met wat aan gaan in ons land nie ?
Ja maar nou praat ons van twee verskillende dinge.

Die polisie, net soos enige ander staatsbeheerde aspek is in 'n gemors, hulle aksies is nie direk gekoppel aan die FCA nie.

So my vraag aan jou, as alle mense net oor gegaan het wit lisensies toe(soos hulle moes), en actually binne die wet gebly het, waar sou ons nou gewees het?

Sou ons al die hofsake en nonsens gehad het, of sou mense net nog meer floreer het as dit by vuurwapens kom?
Dink bietjie mooi hieroor, die antwoord is nie maklik nie.

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1579
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Court ruling - Expired licences

Post by jdpretorius » Sun Jun 17, 2018 12:06 pm

Messor wrote:
jdpretorius wrote:Messor jy is seker ook reg. Meeste van ons het dan ook geleer om toegewyde status beter te benut. So ja die nuwe wet was dan nie alles negatief nie, maar die nuwe stelsel kon mos nooit reg funksioneer met wat aan gaan in ons land nie ?
Ja maar nou praat ons van twee verskillende dinge.

Die polisie, net soos enige ander staatsbeheerde aspek is in 'n gemors, hulle aksies is nie direk gekoppel aan die FCA nie.

So my vraag aan jou, as alle mense net oor gegaan het wit lisensies toe(soos hulle moes), en actually binne die wet gebly het, waar sou ons nou gewees het?
Ek dink nie dit sou enige verskil gemaak het nie. Net my mening en spekulasie.

Eerlike vraag ... dink jy rerig die polisie se situasie en die FCA is so ver verwyder ? ek glo die een beinvloed die ander se besluit neming, meer as wat gesond is vir ons wettige wapen eienaars.



Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Messor » Sun Jun 17, 2018 12:16 pm

jdpretorius wrote:
Ek dink nie dit sou enige verskil gemaak het nie. Net my mening en spekulasie.

Eerlike vraag ... dink jy rerig die polisie se situasie en die FCA is so ver verwyder ? ek glo die een beinvloed die ander se besluit neming, meer as wat gesond is vir ons wettige wapen eienaars.
Vuurwapen eienaars ken sekere kamers van Polisie kantore bitter goed.
Dis daai kamertjie in die gang af wat jy jou papiere heen vat as jy met groot afwagting jou nuwe speelding wil gaan aansoek voor doen.

Nou baie van ons weet daar is probleme daar, maar hoe lyk die res van die stasie en loop alles vlot daar?
Nope, alles gaan net so vlot daar nie, in alle afdelings, so dis nie so groot 'n conspiracy as wat ons vuurwapen eienaars dink nie.

My eie conspiracy theory is baie, baie erger in die verband.

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1579
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Court ruling - Expired licences

Post by jdpretorius » Sun Jun 17, 2018 12:19 pm

Ongelukkig moet ek hier met jou 100% saam stem
Messor wrote:
jdpretorius wrote:
Ek dink nie dit sou enige verskil gemaak het nie. Net my mening en spekulasie.

Eerlike vraag ... dink jy rerig die polisie se situasie en die FCA is so ver verwyder ? ek glo die een beinvloed die ander se besluit neming, meer as wat gesond is vir ons wettige wapen eienaars.
Vuurwapen eienaars ken sekere kamers van Polisie kantore bitter goed.
Dis daai kamertjie in die gang af wat jy jou papiere heen vat as jy met groot afwagting jou nuwe speelding wil gaan aansoek voor doen.

Nou baie van ons weet daar is probleme daar, maar hoe lyk die res van die stasie en loop alles vlot daar?
Nope, alles gaan net so vlot daar nie, in alle afdelings, so dis nie so groot 'n conspiracy as wat ons vuurwapen eienaars dink nie.

My eie conspiracy theory is baie, baie erger in die verband.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1406
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Alwin » Sun Jun 17, 2018 4:28 pm

Fanta300 wrote:Daar is ‘n regs opinie wat ek gelees het wat sê dat as jou wit kaartjie verval het maar jy het nog jou ou groen kaartjie, dan is jy nog wettig in besit van jou wapen. Dit sal interessant wees!
Jy het nie 'n regsopinie nodig oor die geval nie. Sien my plasing van 14 Jun. Daar is die hooggeregshof se uitspraak oor die saak. Ek sien nie enige onduidelikheid daarin nie.

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2121
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Court ruling - Expired licences

Post by andre007 » Mon Jun 18, 2018 7:55 am

Hallo daar. Nog nuus, weens die limiet van 3 aanhangsels sal ek hulle maar in apparte plasings sit dws die is deel 1
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2121
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Court ruling - Expired licences

Post by andre007 » Mon Jun 18, 2018 7:56 am

Deel 2
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2121
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Court ruling - Expired licences

Post by andre007 » Mon Jun 18, 2018 7:58 am

Deel 3
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2121
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Court ruling - Expired licences

Post by andre007 » Mon Jun 18, 2018 7:59 am

Deel 4
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2121
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Court ruling - Expired licences

Post by andre007 » Mon Jun 18, 2018 8:01 am

Ek is heeltemal te onbevoeg om die aanhangsels in die korrekete volgorde te kry :'( Die beste gaan wees om dit te druk en dan in volgorde te plaas.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2349
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Location: Limpopo

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Jake1 » Mon Jun 18, 2018 8:54 am

Ok in kort, gaan jy jou vuurwapen inhandig as sy wit kaartjie verval het?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."

Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Location: Sunland

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Basjan123 » Mon Jun 18, 2018 12:22 pm

Jake1 wrote:Ok in kort, gaan jy jou vuurwapen inhandig as sy wit kaartjie verval het?
As afbrand en toy-toy werk vir ander hoekom nie vir die ongelisensieerde vuurwapen eienaars nie??

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4720
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Carl » Mon Jun 18, 2018 12:41 pm

Basjan123 wrote:
Jake1 wrote:Ok in kort, gaan jy jou vuurwapen inhandig as sy wit kaartjie verval het?
As afbrand en toy-toy werk vir ander hoekom nie vir die ongelisensieerde vuurwapen eienaars nie??
Meeste het niks om te verloor nie, ek glo meeste vuurwapen eienaars het baie om te verloor.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

cornejvr
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue Jun 05, 2018 8:42 am

Re: Court ruling - Expired licences

Post by cornejvr » Mon Jun 18, 2018 12:46 pm

Middag manne, Ek is onseker, Ek het my hernuwings aansoek ingedien 10 Dae na 90 Dae voor lisensie verval, hulle het my aansoek aanvaar met goeie rede waar voor Ek laat is, maar nog niks verder gehoor nie, dit was in Jan 2018,intussen het lisensie verval, enige kommentaar.

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4720
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Court ruling - Expired licences

Post by Carl » Mon Jun 18, 2018 12:58 pm

cornejvr wrote:Middag manne, Ek is onseker, Ek het my hernuwings aansoek ingedien 10 Dae na 90 Dae voor lisensie verval, hulle het my aansoek aanvaar met goeie rede waar voor Ek laat is, maar nog niks verder gehoor nie, dit was in Jan 2018,intussen het lisensie verval, enige kommentaar.

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk
Jy behoort so binne 10-14 dae SMS te kry wat sê "Receiving attention at DFO"
SAPS msg: Application Ref. 7xxxx78 for calibre . WIN s/n G1XXXX28 receives attention at the DFO. Do not reply to this SMS.

Dan later een wat sê receiving attention by CFR ens.
Dit lyk my jou DFO het dit nie geproseseer nie. Gaan na die DFO met jou bewys van die gelde betaal en kopie van aansoek en vra wat gaan aan.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

cornejvr
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue Jun 05, 2018 8:42 am

Re: Court ruling - Expired licences

Post by cornejvr » Mon Jun 18, 2018 1:00 pm

Dankie, lyk my daar is nog hoop vir my

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk

Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”