Wilds Afval Resepte of Idees
Moderator: Global Moderator
- sako 30-06
- Hero Member
- Posts: 1785
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
- Location: Boksburg
Wilds Afval Resepte of Idees
Aangesien almal lus is vir jag het ek gedink dis dalk n goeie idee om bietjie te gesels oor kos wattydens n jag gemaak kan word. Ons het die jaar besluit om so min as moontlik vleis te vat en n bietjie die vars afval en vleis te geniet van wat ons jag.
So kom ons kyk of ons n paar resepte kan kry wat sommer op die vuur gemaak kan word.
Hart, lewer, niertjies, tong ens.
1. Lewer op die vuur.
Haal lewer se vliesie af en sny lewer in 2cm skywe.
Marineer in melk of karringmelk vir so 2 ure.
Gooi Six Gun spice en swart peper op die lewer.
Braai oor lekker warm kole en bedien met n chili mayo dip en tabasco sous.
Diie lewer word sommer van die kole afgeeet as n voorgereg.

- Springkudu
- Hero Member
- Posts: 743
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
- Location: Brackenfell, Kaapstad
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Ons het ook op ons jag laasweek vars lewer geet, baaaaie lekker gewees. Dit is nou wel nie vleis nie maar een van die manne wat saam was op die jag maak altyd vir ons "slaptjips" in 'n swart pot. Hy sny die skuiwe lekker duk en gooi ook saam met elke porsie 'n uit in wat hy opgesny het (Lekker duk anderste brand hy vinnig swart). Hy pak dan brood aan die onderkant van 'n braaibak en gooi die tjips met uie bo-op, stamp hom dan lekker sout en asyn. Glad nie gesond nie maar daai was opgeet voor die vleis op was. Ons braai gewoonlik die laaste aand steak wat ons van die huis af bring, dit kan jy natuurlik vervang met fillets van dier wat geskiet is.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- andre007
- Hero Member
- Posts: 2231
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
- Location: Queenstown (Oos Kaap)
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Lewer en niertjies in n soetsuursous met potbrood loop soos n jet, moenie van die vetderm op nie kole vergeet nie, as al die kit daar is druk sommer daar en dan n pofadder vir die kole.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za
Groete
Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za
- sako 30-06
- Hero Member
- Posts: 1785
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
- Location: Boksburg
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Die slapchips klink na n wenner, gaan dit verseker probeer.
Lewer en niertjies saam pap kan ook werk, dalk kaiings saam met dit maak.
Het iemand n lekker resep om hart gaar te maak?
Lewer en niertjies saam pap kan ook werk, dalk kaiings saam met dit maak.
Het iemand n lekker resep om hart gaar te maak?
- joe rocket
- Hero Member
- Posts: 3217
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
- Location: Paarl
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Lewer, hart en niertjies met uie en soetsuur sous bedien op vars rooster koeke is n wenner. Springbok tongetjies bedien met skaap afval is ook baie lekker.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
- Hero Member
- Posts: 925
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
- Location: Pietersburg Limpopo
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Vir wanneer ons lekker maar maklik wil eet maak ons 'n maalvleis pasta pot.
Uie, skulpies pasta, maalvleis, en natuurlik genoeg water vir die pasta en laaste so dikmaker soppoeier of selfs room of kaas ook.
Maak maklik en eet nog makliker. Die kinders (en pappas) eet hul sommer trommeldik daaraan.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06
- JJV
- Hero Member
- Posts: 748
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
- Location: Slurry
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Kyk om te braai is lekker maar so na die 2de/3rde aand soek jy darm ‘n bord warm comfort food wat vinnig is om te maak.
Ek deel graag met julle my ma se “worspotjie” resep:
Die geheim is ‘n redelike klomp verskillende soorte wors.
Lekker boerewors lekker groot rol
Cheese griller worsies so 2-3
Russian worsies so 3-4
Chorizo worsie net so een
Rooi viennas so 3-4
Gerookte viennas so 3-4
Uie, so 2-3 fyner en grof gekap
Knoffel,so 4heel knoffelhuisies
Wortels, so 3-4 in ringetjies gesny
Aartappels, so 3-4 in groter en kleiner blokkies
Blikkie sweetcorn
1-2 Beef Stockpots
Sny wortels in ringetjies, sny aartappels in groter en kleiner stukkies, braai uie, knoffel en wortels in olie, gooi aartappels en stockpot by en bedek met kookwater, kook rustig tot gaar en aartappels sag en sous verdik, braai intussen al die worse op die kole, tot die viennas! Laat worse afkoel en sny in ringetjies, lekker hap grootte. Gooi nou wors in pot, voeg bietjie water by sodat alles lekker rustig kan saamprut. Na so 10 minute as alles lekker deurgekook het gooi jy blikkie sweetcorn by en laat weer deurkook, bedien met rys en jy kn hom sommer net met ‘n lepel eet!
Sent from my iPhone using Tapatalk

- NicoSmit
- Hero Member
- Posts: 1886
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
- Location: Randfontein Gauteng South Africa
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
@ JJV hoeveel mense kan dan van die worspot eet? Ek dink ek gaan hom 'n try gee klink lekker net die sweetcorn sal ek weglaat en miskien met iets anders soos groen bone vervang .Ek het 'n kleintjie dood aan sweetcorn.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- Springkudu
- Hero Member
- Posts: 743
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
- Location: Brackenfell, Kaapstad
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Miskien die sweetcorn vervang met 'n tamatie en uie smoor, seker nie almal se smaak, maar tamatie en uie smoor werk lekker saam met wors vir my (Maak hom gewoonlik so die dag nadat hy gebraai is).NicoSmit wrote:@ JJV hoeveel mense kan dan van die worspot eet? Ek dink ek gaan hom 'n try gee klink lekker net die sweetcorn sal ek weglaat en miskien met iets anders soos groen bone vervang .Ek het 'n kleintjie dood aan sweetcorn.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Geno
- Administrator
- Posts: 12986
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Location: Bloemfontein, Vrystaat.
- Contact:
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Nee man. Dis dan 'n herwinbare hulpbron!NicoSmit wrote:.Ek het 'n kleintjie dood aan sweetcorn.
https://www.jokejive.com/images/jokejive/02/020911366a7432605ddcdbb8ed580f83.png
Goed, beter, 6millimeter!
- JJV
- Hero Member
- Posts: 748
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
- Location: Slurry
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
@ Nico Smit ek het hom die naweek gemaak en 4 mense het genoeg geeet en die oorskiet was nog 4 x 1 etes, so jy kan maklik baie mense kos gee, die hoeveelheid boerewors maak die grootste verskil. Probeer hom met sweetcorn, maar jy kan regtig enige iets bygooi hy word net lekkerder!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jankraay
- Hero Member
- Posts: 1846
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
- Location: Kroonstad
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Geno wrote:Nee man. Dis dan 'n herwinbare hulpbron!NicoSmit wrote:.Ek het 'n kleintjie dood aan sweetcorn.
https://www.jokejive.com/images/jokejive/02/020911366a7432605ddcdbb8ed580f83.png

Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Oblivious
- Hero Member
- Posts: 11217
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
- Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
joe rocket wrote:Lewer, hart en niertjies met uie en soetsuur sous bedien op vars rooster koeke is n wenner. Springbok tongetjies bedien met skaap afval is ook baie lekker.
Dink ek en Stompe sal die kos reel vir Aug se jag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1231
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Lewer en fillets is my 2 stoutighede wat op die jag gebraai moet word.
Eland fillet:
Lê die fillet in suurlemoen sap en balsamiese asyn vir so paar ure ten minste. Woestersous sal ook werk. "flame grill" die heel fillet met sonneblom olie en haal hom af as hy lekker bruin is. Sny nou die fillet in skywe. Ek hou van 'n lekker rou steak so ek sny maar dikkerig. Nou sit jy sommer 'n pan op die vuur en bak daai fillets in knoffelbotter en sout/peper/geur na smaak. Bedien saam met 'n lekker romerige sampioensous. Kan ook met ander groot bokke se fillets doen hierdie is maar net hoe ek my eland fillets braai.
Springbok fillets:
Lê in slaaisous vir so uur en dan braai jy dit medium oor lekker warm kole... Watertand lekker maar dis baie klein.
Lewer:
Hier het ek nie regtig 'n resep nie ek maak net altyd 'n "moerby" lewer.. Moer alles by wat in die kas is. Bruin uiesop en Jimmy sous is my basiese bestanddele en heelwat swart peper. Sny in repies en bak lekker bruin saam met uie en dalk bietjie knoffel. Slaan dan die sousie aanmekaar en laat hom so halfuur prut. Saam met pap loop hy soos 'n 3 liter hilux.
Nou water my mond sommer... Lekker jag
Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Dit klink woes lekker.Eduard Venter wrote:Lewer en fillets is my 2 stoutighede wat op die jag gebraai moet word.
Eland fillet:
Lê die lewer in suurlemoen sap en balsamiese asyn vir so paar ure ten minste. Woestersous sal ook werk. "flame grill" die heel lewer met sonneblom olie en haal hom af as hy lekker bruin is. Sny nou die fillet in skywe. Ek hou van 'n lekker rou steak so ek sny maar dikkerig. Nou sit jy sommer 'n pan op die vuur en bak daai fillets in knoffelbotter en sout/peper/geur na smaak. Bedien saam met 'n lekker romerige sampioensous. Kan ook met ander groot bokke se fillets doen hierdie is maar net hoe ek my eland fillets braai.
Springbok fillets:
Lê in slaaisous vir so uur en dan braai jy dit medium oor lekker warm kole... Watertand lekker maar dis baie klein.
Lewer:
Hier het ek nie regtig 'n resep nie ek maak net altyd 'n "moerby" lewer.. Moer alles by wat in die kas is. Bruin uiesop en Jimmy sous is my basiese bestanddele en heelwat swart peper. Sny in repies en bak lekker bruin saam met uie en dalk bietjie knoffel. Slaan dan die sousie aanmekaar en laat hom so halfuur prut. Saam met pap loop hy soos 'n 3 liter hilux.
Nou water my mond sommer... Lekker jag
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
So watse aand gaan jy vir ons kosmaak?

- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1231
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Skiet jy die eland dan braai ek die fillet... Sal privaat met jou reël.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- sako 30-06
- Hero Member
- Posts: 1785
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
- Location: Boksburg
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Klink na n plan.
Ek het ook al rooibok sirloin in netvet toegedraai en gebraai op kole.
Dit was ook baie lekker.
Ek het ook al rooibok sirloin in netvet toegedraai en gebraai op kole.
Dit was ook baie lekker.
- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1231
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Daai klink stout...sako 30-06 wrote:Ek het ook al rooibok sirloin in netvet toegedraai en gebraai op kole.
Dit was ook baie lekker.
Ek het vergeet om te noem potbrood is die maklikste bykos om te maak saam met enige vleis. Ek koop sommer brood deeg dan gooi ek dit in 'n swart pot wat goed met botter gesmeer is. Daar bly amper nooit 'n stukkie oor nie!
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Methos
- Hero Member
- Posts: 501
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Gaan kyk 'n bietjie na "no knead bread". Hy loop baie lekker! Gaan baie vinnig en maak min vuil.
- Methos
- Hero Member
- Posts: 501
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Vir hart - ek sny hom oop en sny die binneste kleppe etc uit. Maak hom mooi plat soos 'n steak en hanteer hom soos 'n minute steak. Sout, pepper, knoffel en hoë hitte, vinnig. Chille sous en dan sny jy hom in dun repies en jy kan hom eet in slaai of op ciabata broodtjie soos prego roll.
- sako 30-06
- Hero Member
- Posts: 1785
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
- Location: Boksburg
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
Ek hou van die resep.Methos wrote:Vir hart - ek sny hom oop en sny die binneste kleppe etc uit. Maak hom mooi plat soos 'n steak en hanteer hom soos 'n minute steak. Sout, pepper, knoffel en hoë hitte, vinnig. Chille sous en dan sny jy hom in dun repies en jy kan hom eet in slaai of op ciabata broodtjie soos prego roll.
Het voorheen al hart geeet en dit was baie lekker, was verbaas hoe baie dit na steak proe.
- Plaashaas
- Hero Member
- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
- Location: Walkerville
Re: Wilds Afval Resepte of Idees
My bek water maar ek voel die sooibrand al. Een van daai wat jy moet regop sit en slaap.