Page 1 of 1

Wors geure

Posted: Sun Oct 06, 2019 6:47 pm
by JJV
Hallo
Ek soek idees om ons versameling russian en wors resepte meer te maak, ons maak lemonpepper en kaas russian wors, dan het ek jalapeño en spek resep hier op forum gekry, ek dink feta en peppadew kan ook goed werk, help asb met nog geure wat julle al gemaak of laat maak het??
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wors geure

Posted: Sun Oct 06, 2019 6:57 pm
by Andre308
Perske Boerewors.

Gebruik jou normale boerewors spice. Laat le gedroogte perskes in warm water tot hulle sagter is. Sny in kwarte. Maal dan saam met vleis. Gebruik so 1kg droe perskes op 30kg wors.

Jy kan hom nog n chilli flake ook bysit vir die snaaks wees.

Re: Wors geure

Posted: Sun Oct 06, 2019 7:11 pm
by Chris (vdB)
Ouma spice met kaas en sweetcorn mielies

Re: Wors geure

Posted: Sun Oct 06, 2019 7:12 pm
by Chris (vdB)
Hulle se die een loop ook mooi

Re: Wors geure

Posted: Sun Oct 06, 2019 7:18 pm
by JJV
Chris (vdB) wrote:Hulle se die een loop ook mooi
Neewat ek ken him hy proe na niks!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wors geure

Posted: Sun Oct 06, 2019 7:26 pm
by Nella
Kersie wors

Re: Wors geure

Posted: Sun Oct 06, 2019 7:34 pm
by jdpretorius
Ons het al n paar geure laat maak want ons is nie mal vir koljander nie. Van die was heuning & mostert, chutney & gemmer, sout & peper, teriyaki sous, blou kaas en vye, knoffel & kruie.
Volgende wil ek perske of appelkose & fetta kaas probeer.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

Re: Wors geure

Posted: Sun Oct 06, 2019 7:39 pm
by wk
Chris (vdB) wrote:Hulle se die een loop ook mooi
Daai wors maak mens windg.t!!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Wors geure

Posted: Thu Oct 17, 2019 10:10 am
by Methos
Kerrie wors - Hy loop lekker

Ek het ook hier in Frankryk 'n baie lekker tipe wors leer ken - Merguez - hier is 'n resep:

https://honest-food.net/merguez-sausage-recipe-venison/

4 pounds venison
1/2 pound venison fat
1/2 pound pork fatback
34 grams kosher salt, about 3 rounded tablespoons
1 tablespoon minced garlic
1 tablespoon sweet paprika
2 teaspoons black pepper
2 teaspoons ground cumin
2 teaspoons ground coriander seed
1/4 cup harissa
2 tablespoons red wine vinegar
1/3 cup water
Sheep casings

Traditioneel word hy gemaak met 100% skaap. Dis vrek lekker.

Gaan kyk gerus op die ou se webtuiste, hy het resepte vir freaking alles!

https://honest-food.net/cured-meat/fresh-sausages/

Dan het ek ook die outjie leer ken:
Toulouse sausage. Ook baie lekker. Jy kan hom net met vark maak as jy wil.

https://honest-food.net/wild-game/duck- ... e-sausage/

Re: Wors geure

Posted: Fri Oct 18, 2019 8:01 am
by Trompie
Ek het so ruk terug koedoe wors geeet wat die man KCG wors noem.
Kaas, chilli en garlic. Dit was nou vir jou blerrie lekker. Hy brand effe maar was van die beste wildswors wat ek al geeet het.

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: Wors geure

Posted: Fri Oct 18, 2019 9:27 am
by FHM
Chris (vdB) wrote:Hulle se die een loop ook mooi
Sien nou ers die een - lekker gelag! ++>:

Re: Wors geure

Posted: Sat Oct 19, 2019 5:16 am
by Nardus van der Vyver
Trompie wrote:Ek het so ruk terug koedoe wors geeet wat die man KCG wors noem.
Kaas, chilli en garlic. Dit was nou vir jou blerrie lekker. Hy brand effe maar was van die beste wildswors wat ek al geeet het.

Sent from my LG-H870 using Tapatalk
More Trompie---klink vir my na n wenner !!!jy kan nie dalk die resep vir ons kry en hierop plaas nie
dankie

Re: Wors geure

Posted: Sat Oct 19, 2019 9:14 am
by JJV
Hallo ja ek sal self graag resep of net idee hoeveel kaas, knoffel, chillies per kg vleis mens kan gebruik.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wors geure

Posted: Tue Oct 22, 2019 8:45 pm
by JJV
Help asb as jy nie ‘n resep het nie, net met idees en wat jy al geproe het watter wors geure en kombinasies goed werk. JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk