JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Sep 15, 2019 12:04 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 8 posts ] 
Author Message
 Post subject: Boer maak n plan
PostPosted: Fri Nov 13, 2015 1:19 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3693
Location: Tsumeb, Namibia
Hier is n baie interressante artikel wat ek in die Republikein raakgeloop het.

Blink boerplan omskep las in bate

Submitted by Republikein on Wed, 2015-10-28 02:00
Ronelle Rademeyer - Wat maak ’n boer wie se plaas in September 2012 halfpad afgebrand het, kwaai geslaan word deur die droogte in 2013 en net toe hy dog nou sal dinge beter gaan, deur nóg ‘n droogte getref word.
Dié boer is Piet Gouws, wat 80 km noordwes van Outjo in die sogenaamde Vaalblok boer. “Hierdie gebied bestaan uit kalk- en turfgrond, met mopanie en ghabbabos as aggressiewe verdigters,” vertel hy.
Vir Piet het die veldbrand in 2012 beteken dat die droogte in 2013 feller en intenser was as vir boere wat net teen die lae reënval moes baklei. Hy het immers 50 persent van die weiding op sy plaas verloor.
Hy het die geleentheid gekry om saam met ’n studiegroep verskeie boere te besoek wat gedurende die 2013-droogte met boskos begin het.
“Die rompslomp en geweldige logistiek, met verskeie trekkers en werktuie en sleepwaens wat nodig is asook my beperkte meganiese vermoëns, het my laat besluit: ’Beeste het ’n bek en tande, hulle moet self vreet’.
“Maar toe lees ek in die Landbouweekblad van 3 Maart 2015 van die Boskoswerktuig. Ek het hoendervleis van opwinding gekry en afgery Suid-Afrika toe om die saak te gaan bekyk. Piet Simpson van die Dwaalboom-omgewing naby Thabazimbi is die ou wat dit ontwikkel het,” vertel hy.
Piet sê hy het ’n erge ghabbabos-probleem op sy plaas. Indien hy dit chemies wil uitdun, sal hy ’n dubbele dosis moet gebruik, wat gaan meebring dat hy ook van sy gewenste spesies verloor. Vertel hy: “Ek wil in elk geval nie al die ghabbabos uitroei nie, want dit is uitstekende voerbos. Ek wil dit net kostedoeltreffend en volhoubaar benut, dit uitdun en my diere deur die droogte van 2015 kry.”
Piet het die werktuig aangeskaf, en sê die resultate is verstommend. “Sommer met die eerste monster wat ons uitgesit het, het die skaap mekaar vertrap om dit te vreet.
“Voermeester het aanbeveel dat ek maksimum 60 persent boskos met 40 persent toevoegings gebruik. Die bekke op die plaas is egter te veel en die sakke te leeg ná die ellende wat in 2012 reeds begin het. Dus is my boskosmengsel aangepas na ongeveer 75 tot 80 persent ghabbabos, met die res wat bestaan uit Rangelandgrower en Bosverteerkonsentraat in 2:1-verhouding, met ureum. Dit is nie ‘n vetmesrantsoen nie, maar droogte-oorlewingsrantsoen.”
Hy sê die koste van dié voer beloop sowat N$ 1,50 per kilogram, sonder die kapitale investering.
Piet het ook voermonsters van sy boskosmengsels bestaande uit ghabbabos, mopanie asook uitgeloopte swarthaak weggestuur om die voedingswaarde te laat ontleed en wag in spanning op die resultate.
“Die beeste, skape en wild vreet gulsig aan die boskos, die vroulike diere kom in siklus en handhaaf hulle kondisie. Die byvoordeel is dat ek die probleembos, of bosverdigting, ook takel. My las word omskep in ’n bate en ek slaan twee vlieë met een klap dood,” sê hy.
Hy sê ‘n verdere groot voordeel van hierdie kompakte boskoswerktuig, is dat die eerste volledig gemengde voorraad boskos (400 kg) binne 2-3 ure in die voerbakke is en diere dit kan vreet. Daarna is dit moontlik om elke 1 tot 1,5 uur nog ongeveer 400 kg volledig gemengde boskos af te tap en te voer. Tot sowat 2 ton boskos kan per dag gemaak word.
“Baie boere sal vra ‘maar wat as dit weer reën’? Die moontlikheid om kuilvoer van boskos te maak, word ondersoek asook die verpilling en opberging daarvan vir tye wanneer die weiding skraal is.”
Piet sê dit kan ook gebruik word om kalwerkoeie mee te voer sodat hulle swaarder kalwers speen, speenkalwers kan daarmee ondersteun word en boere kan hul omset versnel deur ’n korter afrondingsperiode en diere wat vroeër markgereed is. “Dit is alles toekomstige moontlikhede, maar nou wil ons net eers deur die droogte kom.”
*Boere met navrae, kan vir Piet by 081 280 0406 of nimmerrus@gmail.com kontak.

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Boer maak n plan
PostPosted: Fri Nov 13, 2015 9:20 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 744
Location: Pretoria
Dankie vir die deel. Dit klink na iets wat ons kan gebruik hier in die bosveld. Het klaar die ou gemail vir fotos en pryse.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Boer maak n plan
PostPosted: Fri Nov 13, 2015 9:27 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6330
Location: Paarl
Uitstekend!!!

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Boer maak n plan
PostPosted: Tue May 21, 2019 9:19 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Posts: 402
Location: Okahandja
Die jaar maak baie boere boskos. Ek moes ook inderhaas die toerusting aanskaf. Dit raak ook al n gevestigde bedryf.

https://www.dasnamibia.org/


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Boer maak n plan
PostPosted: Wed May 22, 2019 7:59 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8540
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
FHM wrote:
Hier is n baie interressante artikel wat ek in die Republikein raakgeloop het.

Blink boerplan omskep las in bate

Submitted by Republikein on Wed, 2015-10-28 02:00
Ronelle Rademeyer - Wat maak ’n boer wie se plaas in September 2012 halfpad afgebrand het, kwaai geslaan word deur die droogte in 2013 en net toe hy dog nou sal dinge beter gaan, deur nóg ‘n droogte getref word.
Dié boer is Piet Gouws, wat 80 km noordwes van Outjo in die sogenaamde Vaalblok boer. “Hierdie gebied bestaan uit kalk- en turfgrond, met mopanie en ghabbabos as aggressiewe verdigters,” vertel hy.
Vir Piet het die veldbrand in 2012 beteken dat die droogte in 2013 feller en intenser was as vir boere wat net teen die lae reënval moes baklei. Hy het immers 50 persent van die weiding op sy plaas verloor.
Hy het die geleentheid gekry om saam met ’n studiegroep verskeie boere te besoek wat gedurende die 2013-droogte met boskos begin het.
“Die rompslomp en geweldige logistiek, met verskeie trekkers en werktuie en sleepwaens wat nodig is asook my beperkte meganiese vermoëns, het my laat besluit: ’Beeste het ’n bek en tande, hulle moet self vreet’.
“Maar toe lees ek in die Landbouweekblad van 3 Maart 2015 van die Boskoswerktuig. Ek het hoendervleis van opwinding gekry en afgery Suid-Afrika toe om die saak te gaan bekyk. Piet Simpson van die Dwaalboom-omgewing naby Thabazimbi is die ou wat dit ontwikkel het,” vertel hy.
Piet sê hy het ’n erge ghabbabos-probleem op sy plaas. Indien hy dit chemies wil uitdun, sal hy ’n dubbele dosis moet gebruik, wat gaan meebring dat hy ook van sy gewenste spesies verloor. Vertel hy: “Ek wil in elk geval nie al die ghabbabos uitroei nie, want dit is uitstekende voerbos. Ek wil dit net kostedoeltreffend en volhoubaar benut, dit uitdun en my diere deur die droogte van 2015 kry.”
Piet het die werktuig aangeskaf, en sê die resultate is verstommend. “Sommer met die eerste monster wat ons uitgesit het, het die skaap mekaar vertrap om dit te vreet.
“Voermeester het aanbeveel dat ek maksimum 60 persent boskos met 40 persent toevoegings gebruik. Die bekke op die plaas is egter te veel en die sakke te leeg ná die ellende wat in 2012 reeds begin het. Dus is my boskosmengsel aangepas na ongeveer 75 tot 80 persent ghabbabos, met die res wat bestaan uit Rangelandgrower en Bosverteerkonsentraat in 2:1-verhouding, met ureum. Dit is nie ‘n vetmesrantsoen nie, maar droogte-oorlewingsrantsoen.”
Hy sê die koste van dié voer beloop sowat N$ 1,50 per kilogram, sonder die kapitale investering.
Piet het ook voermonsters van sy boskosmengsels bestaande uit ghabbabos, mopanie asook uitgeloopte swarthaak weggestuur om die voedingswaarde te laat ontleed en wag in spanning op die resultate.
“Die beeste, skape en wild vreet gulsig aan die boskos, die vroulike diere kom in siklus en handhaaf hulle kondisie. Die byvoordeel is dat ek die probleembos, of bosverdigting, ook takel. My las word omskep in ’n bate en ek slaan twee vlieë met een klap dood,” sê hy.
Hy sê ‘n verdere groot voordeel van hierdie kompakte boskoswerktuig, is dat die eerste volledig gemengde voorraad boskos (400 kg) binne 2-3 ure in die voerbakke is en diere dit kan vreet. Daarna is dit moontlik om elke 1 tot 1,5 uur nog ongeveer 400 kg volledig gemengde boskos af te tap en te voer. Tot sowat 2 ton boskos kan per dag gemaak word.
“Baie boere sal vra ‘maar wat as dit weer reën’? Die moontlikheid om kuilvoer van boskos te maak, word ondersoek asook die verpilling en opberging daarvan vir tye wanneer die weiding skraal is.”
Piet sê dit kan ook gebruik word om kalwerkoeie mee te voer sodat hulle swaarder kalwers speen, speenkalwers kan daarmee ondersteun word en boere kan hul omset versnel deur ’n korter afrondingsperiode en diere wat vroeër markgereed is. “Dit is alles toekomstige moontlikhede, maar nou wil ons net eers deur die droogte kom.”
*Boere met navrae, kan vir Piet by 081 280 0406 of nimmerrus@gmail.com kontak.


Baie interesant

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Boer maak n plan
PostPosted: Wed May 22, 2019 8:09 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Posts: 3686
Location: Pretoria
'n Boer in Beska wereld naby Ellisras wat baie sandveld het ander plan gemaak en met suiker riet op drip sisteem sy wild deur die droogte getrek. Hy spot en wonder of sy diere nou almal diabete is maar hulle gaan aan en was gelukkig om net 2 koedoe bulle te verloor deur die droogtes. Koedoe bulle is gewoonlik die eerste diere wat vrek as gevolg van droogte. Hy het die suiker riet net so gesny en gemaal.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Boer maak n plan
PostPosted: Wed May 22, 2019 5:48 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Posts: 402
Location: Okahandja
Molasse maak deel uit van die boskos mengesel, so suikerriet sal werk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Boer maak n plan
PostPosted: Wed May 22, 2019 6:59 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed Feb 20, 2019 9:55 pm
Posts: 8
Location: Hermanus
Praat nou van 'n boer met 'n plan, ek ken heelwat boere wat op ander maniere die bome in hul omgewing gebruik om as hout te verkoop maar dis maar algemeen.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 8 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: Jacbrak and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group