Lambosluis

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
User avatar
cjgerber
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Wed Feb 15, 2012 1:34 pm

Lambosluis

Post by cjgerber » Tue Jun 26, 2012 8:44 am

More manne

Ek het die naweek die geval gehad wat ek 'n klein gemsbok koei van kant moes maak omdat die bok nie kon opstaan nie. Die bok het geen reaksie getoon nie en ek kon sien iets was nie in plek nie  ???

My vermoede is lambosluis want een oomblik was sy nog reg en die volgende net gaan neerval - geen gebrekte bene of beserings was opgemerk nie. Ons vermoed dit is ook 'n groot rede waarom die getalle van die gemsbokke en hartebeeste nie wil voor kom nie. Kan dit die geval wees?

Nou 'n vraag vir die kenners van die gebied, watse metodes gebruik julle vir bosluisbeheer?

Groete,
Christo
.22 Anschutz
.222 Rem Sako Vixen Deluxe
30-06 Sako 75
.338 Win Mag Sako Finnbear Deluxe

Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 508
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Location: Smithfield

Re: Lambosluis

Post by Henry 7 » Thu Jun 28, 2012 11:33 am

Christo
As jy is waar karooverlammingsbosluis voorkom weet ek gemsbokke maak dit nie tensy jy hulle behandel met Deadline of so iets nie.As jy betyds is en hulle kan vang kan jy hulle deadline en dan parafien en melk 50/50 meng en vir hulle ingee-dit werk vir skape en as dit nie te laat is nie staan hulle vinnig op.Weet nie of dit vir bokke sal help nie ma dit behoort.
Henry

User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm
Location: aberdeen

Re: Lambosluis

Post by tokjak » Thu Jun 28, 2012 9:41 pm

JA LAMBOSLUIS IS N BL*&^& SEM .VRIEND NABY MY HET BAIE EEN WINTER VERLOOR .RAAD TEEN DIT ?  JY KANNIE GEMSBOKKE IN LAMBOSLUIS VELD SIT NIE .BY SKAAP KAN JY DIE BOSLUIS AFTREK EN BINNE N PAAR UUR SAL DIE DIER WEER STAAN ,AS HY NIE REEDS TE SWAK IS NIE .SOMMIGE JARE IS DIE UITBRAKE OOK ERGER AS ANDER JARE .DIT HELP OOK OM BEESTE [WAT MET DEADLINE BEHANDEL IS ] IN DIE KAMPE TE LAAT WEI ,MAAR DIT BLY MAAR N RISIKO

GROETE

johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1388
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Location: smithfield

Re: Lambosluis

Post by johans » Sun Jul 01, 2012 9:22 pm

christo as ek dit nie mis het nie kry jy n ding wat jy by jou waterplek opsit wat dan die diere bietjie deadline opspuit as hulle gaan water drink d.m.v n sensortjie.eks nie seker wat sy naam is nie,aplicater of iets.het dit lank terug in die landbouweekblad gesien.google dit maar.miskien ken jy al die ding.wa bly jy?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum

User avatar
cjgerber
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Wed Feb 15, 2012 1:34 pm

Re: Lambosluis

Post by cjgerber » Mon Jul 02, 2012 9:34 am

Dankie vir die replies manne. Ek sal maar mense van Natuur Bewaring kontak en hoor wat hulle voorstel en dit van daar af vat.

Johan ons is tussen Touwsrivier en Laingsburg. Ek sien gereeld die advertensies in die SA Jagter en Wild en Jag van die verskillende bosluisbeheer toestelle. Dalk die moeite werd om 'n paar aan te skaf. Ons elande is ook betrek met die bosluise maar dit affekteer hulle glad nie. Sal julle op hoogte hou indien ek vordering gemaak het.

Groete,
Christo
.22 Anschutz
.222 Rem Sako Vixen Deluxe
30-06 Sako 75
.338 Win Mag Sako Finnbear Deluxe

User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm
Location: P.Retief
Contact:

Re: Lambosluis

Post by Dweetster » Mon Jul 02, 2012 10:32 am

Ek het nog nooit van so iets gehoor nie. Ek boer nou nie maar het baie vriende in boerderye. Kan mense dit ook oorkom?
Ek het net gewonder hoekom is ek altyd so lam op 'n Maandag na die naweek in die veld.(is ernstig)  :D

User avatar
NUNAB
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Wed May 09, 2012 1:55 pm
Location: WHK NAM

Re: Lambosluis

Post by NUNAB » Mon Jul 23, 2012 2:10 pm

brandewyn het nie brieke nie want coke is nie brakefluid nie.
Die lewe is n lied!

User avatar
pieter h
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 492
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Location: Koffiefontein

Re: Lambosluis

Post by pieter h » Wed Jun 12, 2013 8:36 pm

Hallo daar ,kom baie by my voor vanaf Mei.Smeer skaap paracide tussen blaaie en lies en het nie verder probleme.Groete Pieter

Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Location: Limpopo

Re: Lambosluis

Post by Reloader270 » Mon Jul 13, 2015 9:20 pm

Haal die bokke uit kampe waar besembosse voorkom. Die lamborsluis is lief on onder die bosse te boer.

Post Reply

Return to “Boere Raad”