"ARK EYES"

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

"ARK EYES"

Post by Francois Briedenhann » Fri Sep 14, 2012 10:34 am

Manne.

Gister aand toe sit ek met n lelike dink!!!!Ark Eyes!!!!! Ek het ?sweis helmet" gedra maar die CO2 se skerp lig het iewers my oe gevang. Enige raad vir as dit weer gebeur??asb!!!! Melk en eierwit werk nie!!! Of altans nie vir my nie.

Hoor GRAAAAG wat se julle manne.

Groete FB

Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm
Location: Graaff-Reinet

Re: "ARK EYES"

Post by Triple2 » Fri Sep 14, 2012 10:38 am

Nat tee-sakkies op die oog.
Glad nie lekker nie.
Sterkte
Groete
D
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12320
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: "ARK EYES"

Post by Geno » Fri Sep 14, 2012 10:43 am

Gaan dokter toe, en vra vir VOLTAREN OPHTHALMIC oogdruppels. Dit vat die pyn weg. Dra ook donkerbril vir die volgende paar dae.
Ek het 2 keer in 10 dae se tyd arc-flash gekry. Nie lekker nie!
Sterkte!
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm
Location: Gobabis

Re: "ARK EYES"

Post by Naas » Fri Sep 14, 2012 10:50 am

Ja-nee daai is dam n aaklige gevoel.

Ek het op n staduim gereeld ark eyes gekry.moes expanded metal tag.

Ek het ook alles probeer,melk maak net jou oee nog droeer.

As dit nou met my gebeur vat ek germoline salf of vaseline,bry dit lekker warm teen die kant van die potjie
en dan druk ek dit in my oee in,trek die lede weg en druk die salf in.

Die dik salf hou die ooglede van die oog bol af weg,want as jy ark eyes kry brand jy blaasies op jou oog bol,en dit is wat soos sand voel.

dan gaan le ek gewoondlik met my oee op n kussing om so bietjie drukking tegee,


Dis maar wat ek doen,en dit werk dam nog.Julle kan altyd my skoonpa se raad try.Hy en my swaer doen dit.Hulle hebruik net wieks in waar ek ander salf gebruik.

Naas
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na

Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1039
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Location: Secunda

Re: "ARK EYES"

Post by Spanner » Fri Sep 14, 2012 10:57 am

Vicks is al wat vir my gehelp het.  Dit brand "so effens"  :o maar dit werk, glo my. 
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !

Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: "ARK EYES"

Post by Francois Briedenhann » Fri Sep 14, 2012 11:11 am

Dankie manne.

Ja dit is n baie slegte gevoel...


Weereens dankie gaan prob.

Groete FB

User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Location: Vrystaat!

Re: "ARK EYES"

Post by Johnnie De Wet » Fri Sep 14, 2012 1:05 pm

VICKS!
Sit net n raaksel in die hoekie van jou oog, rol jou o?.... Brand nie, maak jou o? yskoud.
Ek het n werkswinkel met 5 voltydse welders. Al wat werk en werk goed!
Johnnie

User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2679
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Location: Bloemfontein
Contact:

Re: "ARK EYES"

Post by Jakkalsgat » Fri Sep 14, 2012 1:07 pm

Francois

Simpatie ou maat, ek kry verskriklik maklik Arc eyes, by Co2 is dit die rook wat daar is agv gas wat ontbrand wat Arc eyes vererger.

Enigste ding wat vir my help is Vicks, smeer dit binne in my oe en dit brand so vir 5min maar so koel brand, dit maak dat jou oe weer ordentlik traan en watter beter oogdruppels is daar dan vir jou oe as jou eie trane, daarna smeer ek onder my oe voor ek gaan slaap en daai ondraaglike pyn is vinnig weg. As jy opstaan is dit gewoonlik 90% gesond.

Sterkte

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Location: Potchefstroom
Contact:

Re: "ARK EYES"

Post by BLOK » Fri Sep 14, 2012 3:08 pm

Jy gaan my nou nie glo nie maar ek weld bitter baie sonder hoed en die raad klink of ek stront praat maar dit werk. Deapheat. maak jou oe toe en smeer klein biekie aan, brand die skeit uit jou uit vir so 5 minute maar dan is dit alles oor en jy kan lekker verder slaap.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: "ARK EYES"

Post by Francois Briedenhann » Fri Sep 14, 2012 6:17 pm

Oom BLOK

Deapheat klink na baie pyn!!!

Maar baie dankie

Groete FB

Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Location: Kathu , Northern Cape

Re: "ARK EYES"

Post by Herman Venter » Fri Sep 14, 2012 6:41 pm

Blok,
My rugby afrigter van 0/16 het ook eendag vir my die oplossing gegee "deapheat"! My ek het nie ark eyes gehaat nie, was op n rugby toer en ek kry toe "rash" tussen my bene agv nat broek waarmee ek geoefen het! Coach s? toe ek moet deapheat smeer en die aap wat ek is glo hom! Ek het nie geweet waarheen om te hardloop nie maar ek het gehardloop!

Wel kom ek s? dit het gewerk om die rash wag te vat maar niemand het ges? dat die rash vervang word met rowe nie!!

Sterkte Francios!
Hoop jou skiet oog is reg vir die naweek!
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW

Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: "ARK EYES"

Post by Francois Briedenhann » Fri Sep 14, 2012 7:01 pm

Herman

My skiet ook is 100 %!!Kla getoets het gou gou n bees geskiet met n af been en moet se my oe voel beter hehe

Dankie aan almal se raad

Groete FB

Fanie

Re: "ARK EYES"

Post by Fanie » Fri Sep 21, 2012 2:12 am

Jammer ek kom bietjie laat hier aangesukkel maar julle ouens pos vir my weg.

Francois, gaan kry vir jou 'n "auto dark" sweis hoed.  Ek weet nie wat jy het nie maar jy moet nooit arc eyes kan kry as jy die regte  sweis hoed op het nie en jy kom nie vir my voor as die tipe wat baie blink kettangs om die nek dra wat die UV op kan reflekteer nie. 

Vir die prys van 'n hond goedkoop scope (soos die' wat ek kan bekostig) kan jy jou oe goed beskerm, nie net teen arc eyes nie, maar teen die nagevolge wat dalk eers later sy verskyning maak as jy van die x4 na die x24 scop op die geweer moet begin verander, he he he en dit net om die koei op 4m te kan skiet.

Ek wil nou nie se mens se oe is jou belangrikste orgaan nie, maar hulle is waarskynlik redelik hoog op die lys en as ek moet raai sou ek se ten minste tweede hoogste :D

Ek het eendag met 'n besonder agressiewe frekwensie UV lig gewerk vir 'n paar minute en net die refleksie van die muur af het my vir 'n hele week 'n stille dood laat sterf.  Plaas ek maar die ou hoedjie gedra het.

Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: "ARK EYES"

Post by Francois Briedenhann » Fri Sep 21, 2012 7:41 am

Fanie

Ek gebruik een van die 1000 rand "hoede".

Groete FB

At308
Full Member
Full Member
Posts: 215
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm
Location: Centurion

Re: "ARK EYES"

Post by At308 » Fri Sep 21, 2012 12:01 pm

Dit raak somtyds moeilik om te sien, maar dra gerus 'n sonbril (redelike sterk UV) onder die "hoed" die ekstra beskerming help sonder twyfel.

Sterkte!

Attie
Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06

User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Location: Dordrecht

Re: "ARK EYES"

Post by Martin Marais » Sun Sep 23, 2012 12:28 pm

Hallo Francois

Jammer ek antwoord so laat. Ek was 'n sweiser van beroep,so arc eyes was maar 'n algemene probleem. Vicks werk die heel beste vir daai seer ogies. Jy maak jou oog toe en smeer 'n dik laag vicks op die ooglid,hou die ogies toe,want die vicks brand kwaai as dit in jou oog kom. Nadat jy vicks gesmeer het,klim in die bed en slaap.

Hoop dit help

Groete

Martin Marais

Johann Marais
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
Location: Potchefstroom

Re: "ARK EYES"

Post by Johann Marais » Wed Jan 16, 2013 10:52 pm

Baie aptekers help hulle pasiente, deur `n druppel of twee van `n lokale verdowings middel in die oë te gooi. Dit vat die ongemak en brand onmidellik weg. Daarna gee hulle gewoonlik Voltaren SDU druppels om in die oog te gooi.

Voorkoming bly maar hier beter as behandeling

User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Location: Prieska

Re: "ARK EYES"

Post by Dirkie » Thu Jan 17, 2013 6:03 am

Gooi suiker in en gaan slaap,dit brand baie erg ma werk!
Ou honde loop laat...

eend-vêr
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sat Mar 23, 2013 9:57 pm

Re:

Post by eend-vêr » Sat Apr 20, 2013 9:37 pm

Hi Francois

Ek sit ook gereeld met een van my manne wat kla oor arc-eyes, en het al wat raad is probeer.
Glo my dat melk, eier wit of selfs geklopte eier wit nie help nie.
Ek het al goeie resultate behaal deur vroutjie se teatree olie in die oog te gooi, slegte nasmaak in jou mond, maar dit werk sover die beste vir my. Verskillende mense het maar verskillende resultate.
Probeer maar dit te voorkom, 'n groot sondebok is om met ligte kleur klere te werk, die flash weerkaats van jou wit hemp af onder jou helmet in sonder dat jy dit agterkom.

Sterkte, ons almal wat dit al gehad het, ken jou ongemak.

Groete
Riaan

User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 4995
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos

Re:

Post by theedge » Sun Apr 21, 2013 9:02 am

Francois Briedenhann wrote:Manne.

Gister aand toe sit ek met n lelike dink!!!!Ark Eyes!!!!! Ek het ?sweis helmet" gedra maar die CO2 se skerp lig het iewers my oe gevang. Enige raad vir as dit weer gebeur??asb!!!! Melk en eierwit werk nie!!! Of altans nie vir my nie.

Hoor GRAAAAG wat se julle manne.

Groete FB
Hoop die oe is al beter maat

Jjjbay
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 03, 2017 7:24 am
Location: Humansdorp

Re:

Post by Jjjbay » Fri May 26, 2017 8:14 am

Halwe disprin in n teelepel water. Bietjie in elke oog. Brand die lewende dinges uit jou uit vir 60sek maar daarna kan jy normaal aan gaan met jou dag.

Monster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 268
Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am
Location: Centurion

Re:

Post by Monster » Fri May 26, 2017 8:57 am

O skool het ons gedink die onnie proot bollie maar as jy arc eyes het prober jy enige ding. Urine het dit sommer vinning beter gemaak. Jou eie werk wel beter:)

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2055
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: "ARK EYES"

Post by Apie » Sun May 28, 2017 8:01 am

Voltaren Oogdruppel!

Sent from my D5803 using Tapatalk

Pieter_Brink
Newbie
Newbie
Posts: 49
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am
Location: Vaal Driehoek

Re:

Post by Pieter_Brink » Sun May 28, 2017 9:34 am

Koos het arc eyes en kry die volgende raad by die dokter

"Plaas eiers op die oe vir vyf minute elke dag vir n week lank"

Koos rapporteer binne een dag terug aan die dokter. "Hi Dokter, Ek het my eiers net tot by my naeltjie kon trek, toe kom my oe vanself reg. Dit was moer seer maar ek sien nou weer soos n arend"

Vriendelike Groete, Pieter.

Post Reply

Return to “Boere Raad”