JARACAL
https://www.jaracal.com/

Grond dam seel met landbou kalk
https://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=125&t=14629
Page 1 of 1

Author:  Hugo [ Fri Sep 21, 2012 11:33 am ]
Post subject:  Grond dam seel met landbou kalk

Manne, is daar meriete in die oPskrif? Indien hoe pas mens dit toe? Help asb.

Author:  Fanie [ Fri Sep 28, 2012 11:28 am ]
Post subject:  Re: Grond dam seel met landbou kalk

Hugo,

Ek het dit nog nooit self gedoen nie maar my skoonouers op die plaas het al en my skoonma se hulle het in die "ou dae" sout en sement in 'n pasta aangemaak en dit dan vasgestamp om 'n laag te vorm.

Daar is egter ander goed by die koperasie beskikbaar wat blykbaar doelgerig daarvoor is.

Alternatiewelik kan jy stroke plastiek onder in sit en dit met klippe en grond weer toemaak sodat dit nie kan uitspoel nie.

As dit vir drinkwater vir vee is sal ek, as dit ek was, dink daaraan om tenks te bekom en hulle volmaak wanneer daar water is.  Oor ' n tydperk sal daar voldoende tenks wees om mens deur te sien.

Di bly maar 'n moeilike storie, kon daar nou nie maar 'n standhoudende fonteintjie wees nie...

Author:  Dawie Malan [ Fri Sep 28, 2012 11:53 am ]
Post subject:  Re: Grond dam seel met landbou kalk

Hugo

Jou dam gaan lek met landboukalk. Die produk wat jy behoort te gebruik is bentonite. Maar dis baie duurder. Jy moet ook kyk wat se tipe grond jou wal van gemaak is. As dit sanderig is, gaan jou dam in elkgeval lek, maak  nie saak wat jy probeer nie.

Lekker sukkel ;D

Dawie

Author:  Nickvn [ Fri Sep 28, 2012 1:02 pm ]
Post subject:  Re: Grond dam seel met landbou kalk

Ja Dawie is reg, Bentonite is die regte een vir die probleem. Ek het 10 grond damme op my plaas en meeste lek in minder of meerdere mate. Ek is gelukkig dat ek baie lopende water het at die damme vol hou.

EK het al met Bentonite damme gebou en werk goed. As jy klaar die dam gebou het en die grondwerke gedoen het gooi jy a goeie laag Bentonite (afhangende van grond tipe) oor die hele bodem en walle. Gebruik n rotovator of soortgelyk om die grond mooi om te dolwe en dan kompakteer jy hom met bietjie water. Hy maak n dam mooi dig.

Sterkte

Author:  Shotaholic [ Fri Jul 05, 2013 12:07 pm ]
Post subject:  Re: Dam seel

Manne die regte product is om die dam the seel met polyethylene dit is plastic seil wat aan mekaar gesweis word en die produkte dra meer as 10 yaar waarborg.
Skakel Koos 0726983733 die maatskappy se naam is Aqua Linings

Page 1 of 1 All times are UTC + 2 hours
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
https://www.phpbb.com/