JARACAL
https://www.jaracal.com/

Bosluise
https://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=125&t=17046
Page 1 of 1

Author:  mariusr [ Sun Dec 16, 2012 11:06 pm ]
Post subject:  Bosluise

Manne wat baie in die veld kom koop gerus blikke bayticol vir bosluise dink dis bayer produk spuit dit op jou klere en skoene nie aan jou lyf nie werk soos 'n bom ook nadat klere gewas is dan werk dit nog steeds!

Author:  Jacquesb [ Sun Dec 16, 2012 11:09 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Dankie Marius.
Ek stort of bad in Bob Martin Shampoo.

Het nog nie met 'n gogga huistoe gekom nie.

Groete

Author:  mariusr [ Sun Dec 16, 2012 11:11 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Hoop nie jy kom huis toe al blaffende!?

Author:  Jacquesb [ Sun Dec 16, 2012 11:24 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

As ek by die huis kom byt ek die rook uit hulle uit, nie gedink om die sjampoo die skuld te gee nie. ;D

Author:  mariusr [ Sun Dec 16, 2012 11:50 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Nee man jy maak nou die kinders bang vir diere!

Author:  DWB [ Mon Dec 17, 2012 6:31 am ]
Post subject:  Re: Bosluise

Ja, GROOT NB op daai moenie op jou vel spuit nie, ek het myself al lekker vergiftig so

Author:  Frederik [ Mon Dec 17, 2012 7:42 am ]
Post subject:  Re: Bosluise

Bayticol werk baie goed ja en honde shampoo teen luise en bosluise werk ook as enige uitwerk vir diaardie pepperticks want die area wat hulle eerte voor gaan is die area wat jy eintlik altyd wil toe hou vir mense  :o

Author:  JAGTERSREG-JRM [ Wed Dec 19, 2012 5:48 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Bayticol bly baas.............nog nie een gekry aan my bas nie en is al byna 7 jaar!!!!

Author:  wlm [ Wed Dec 19, 2012 5:50 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

mariusr wrote:
Hoop nie jy kom huis toe al blaffende!?


Hoop nie jy sit in die pad en lek jouself op snaakse plekke nie! ;D :laugh:

Author:  Jacquesb [ Wed Dec 19, 2012 8:08 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Wim
Moenie jaloers wees as ek kan, en jy probeer nie, ou maat! ;D ;D

Groetnis!

Author:  johnny [ Wed Dec 19, 2012 9:12 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Het julle die spelling reg , ek dog dis BAL - TICK -OFF. :) :) :) :) :) :) :)

GROETNIS jOHNNY

Author:  mariusr [ Thu Dec 20, 2012 11:29 am ]
Post subject:  Re: Bosluise

Gebruik dit ook jare was een keer siek voordat ek bayticol gebruik het bosluis koors glad nie lekker nie gaan nie bos toe sonder daai blikkie!

Author:  Dawid [ Thu Dec 20, 2012 6:17 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Manne om in flou Dettol water te bad help geweldig en vir die manne wat net een keer in die somer bad en nie so gereeld in die winter nie dien dit sommer as ontsmetting ook.

Groetnis

Author:  Jacquesb [ Thu Dec 20, 2012 6:23 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Dawid wrote:
Manne om in flou Dettol water te bad help geweldig en vir die manne wat net een keer in die somer bad en nie so gereeld in die winter nie dien dit sommer as ontsmetting ook.

Groetnis


Dawid, ja dis hierdie week gelukkig weer tyd vir my jaarliksekersfees bad. Gaan sommer 'n hele bottel Dettol ingooi.

;D ;D

Author:  ThinusD [ Mon Sep 29, 2014 12:23 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Ek is altyd in vir die soort Boere raad. Jis ek het al met n hele Bosluis familie huis toe gekom en glo my dis nie lekker nie. Ek is amper seker dis die Brannas by die kampvuur in die aand wat hulle so lok na my bloed. Haha! Dankie vir julle raad julle. Groete

Author:  Reloader270 [ Sun Jan 11, 2015 9:24 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Lennon se Witdulsies werk baie goed om bosluise weg te jaag. Smeer aan enkels en in lieste. Dit hou etlike dae al stort jy dit af.

Author:  tripodmvr [ Sun Jan 11, 2015 9:41 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Jacquesb wrote:
Dankie Marius.
Ek stort of bad in Bob Martin Shampoo.

Het nog nie met 'n gogga huistoe gekom nie.

Groete


Pasop vir die proses oordoen. Die gif in die shampoo word sistemies opgeneem in jou liggaam en jy ervaar dan 'n allergiese reaksie.

Author:  NetEk [ Wed Jan 21, 2015 2:53 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

My pa het ons sommer almal toe ek klein was saam met die honde ge-bacdip maar ek sal dit nie meer aanbeveel nie.

Author:  Finfan [ Wed Jan 21, 2015 3:33 pm ]
Post subject:  Re: Bosluise

Dankie vir die heads up.

Page 1 of 1 All times are UTC + 2 hours
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
https://www.phpbb.com/