Vliee

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 205
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am
Location: Lichtenburg

Vliee

Post by marthinus100 » Wed Dec 25, 2013 6:22 pm

Naandse almal.

Eerstens geseende kersfees aan julle almal en n voorspoedige nuwe jaar.

Ek sit op die oomblik in een van die grootste vliee plae wat ek nog beleef het. Die vliee plak is al voos geslaan, en die Doom spuit daar gelaat. Dit voel elk geval daai goed doen my meer skade doen as die verdomde vliee.

Wat werk regtig vir die goed? Ekt al daai sakkies met lokaas gehang, maar dit lok net brommers. Ek soek iets dodelik wat werk asseblief. Enige voorstelle sal waardeur word.

Vriendelike kersgroete
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Re: Vliee

Post by Kalahari » Wed Dec 25, 2013 6:38 pm

Spuit Fendona6sc in en om die huis, orals, letterlik, nie skadelik vir jou as mens nie en ook geen reuk nie.
Help sommer vir muskiete ook en als wat kom sit en loop oor die fendona. Dit is 'n effekto produk.

User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1454
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Location: Kuilsrivier

Re: Vliee

Post by Heinz Petersen » Wed Dec 25, 2013 8:31 pm

Kalahari wrote:Spuit Fendona6sc in en om die huis, orals, letterlik, nie skadelik vir jou as mens nie en ook geen reuk nie.
Help sommer vir muskiete ook en als wat kom sit en loop oor die fendona. Dit is 'n effekto produk.
Wou dieselfde voorgestel het. Daai goed werk en ook Dazzel NF. Ek spuit dit op die sif deure en vensters.

Heinz
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Location: Caledon, Weskaap

Re: Vliee

Post by Frikkie die Rot » Thu Dec 26, 2013 6:08 am

Fendona werk uitstekend maar is uiters giftig! Ek het dit ook gebruik voor ek kinders gehad het maar gebruik nou eerder 'n sagter produk met die naam Icon. Al wat nou gebeur is dat ek dit effens meer gereeld moet spuit. Buite gebruik ek egter steeds Fendona.

Onthou ook om jou ceilings te spuit want dit is waar die vliee meeste van die tyd slaap.

Hoop dit help!

Groetnis,
Frikkie

marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 205
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am
Location: Lichtenburg

Re: Vliee

Post by marthinus100 » Thu Dec 26, 2013 9:24 am

Baie dankie julle, sal bietjie gaan kry. Ekt fendona laas gekoop op stilbaai, dit het die sandvlooie daar goed pak gegee.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3617
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Location: Pretoria (oorspronklik Schweizer-Reneke)

Re: Vliee

Post by Stefan764 » Fri Dec 27, 2013 3:45 pm

Sippematrien (spelling??) werk net so goed. Spuit om hele huis, kakkerlakke, vliee, muskiete enage deng, hy dood

marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 205
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am
Location: Lichtenburg

Re: Vliee

Post by marthinus100 » Fri Dec 27, 2013 5:16 pm

Baie dankie stefan, sal bietjie kyk vir dit. Ekt so 2 ure terug fendona gespuit. Binne, buite en letterlik als tussen in. Sien net so hier en daar n vlieg wat nog besig is om te dood.

Baie dankie julle.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro

johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1416
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Location: smithfield

Re: Vliee

Post by johans » Fri Dec 27, 2013 6:33 pm

Stefan764 wrote:Sippematrien (spelling??) werk net so goed. Spuit om hele huis, kakkerlakke, vliee, muskiete enage deng, hy dood
ekt sommer supermatrien en fendona gemeng,help vir 2dae dan is daar weer net soveel goggas.ekt gehoor dazzel werk

User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 607
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Location: Sasolburg

Re: Vliee

Post by HennieC » Fri Dec 27, 2013 7:20 pm

Stefan764 wrote:Sippematrien (spelling??) werk net so goed. Spuit om hele huis, kakkerlakke, vliee, muskiete enage deng, hy dood
Sipamatrien werk baie goed vir miere. Ek gebruik gewoonlik so 20ml op 5 liter water vir buitekant om die huis.

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3206
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Vliee

Post by Christo » Fri Dec 27, 2013 9:50 pm

Albei is peretroide. Doen dieselfde werk en het dieselfde werking op insekte. Dit help nie om 10 soorte peretroides saam te gooi nie, die werk nie beter, behalwe vir die dosis wat gesamentlik verhoog word. Doen meer skade as goed. Wissel eerder af met ander aktiewe bestandele.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1872
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: Vliee

Post by Johan Nel » Fri Dec 27, 2013 10:48 pm

Fendona (alfa-sipermetrien) het 'n langer nawerking as sipermetrien en is bedoel om insekte soos vliee, muskiete, kakkerlakke vlooie,ens vir verlengde periodes te bestry. Sipermetrien het 'n kort nawerking en is nie so veilig vir menslike gebruik nie. As dit reen, spuit jy weer. Fendona dink ek het vier tot twaalf weke nawerking afhangend van aanwending en is geregistreerd vir huishoudelike gebruik en menslike gebruik. Gaan die etikette na voor aanwending. Fendona se etiket: http://www.pestcontrol.basf.co.za/agrop ... ONA_61.pdf
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter

User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Location: KZN Midlands

Re: Vliee

Post by Foxcreek » Sat Dec 28, 2013 5:47 am

Probeer bietjie Agita. Ek kroek so bietjie met die aanwending. Hulle se jy moet dit met 40 ml louwarm water meng en as 'n verf gebruik. Ek meng een tub met 250 ml water en spuit dit met 'n spuitkannetjie.

As jy nie mure en vensters wil vuil maak nie, kan jy dit as 'n verf(40 ml water per tub) op 'n stuk wit harde pastiek/Perspex aanwend en aan die dak hang.

Agita het 'n "attractant" in en lok alle vliee na die gif toe.

Hier by ons melkstal is absoluut geen vliee nie, danksy Agita.

User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: Vliee

Post by BenG » Sat Dec 28, 2013 10:07 am

Wat kos Fendona?

marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 205
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am
Location: Lichtenburg

Re: Vliee

Post by marthinus100 » Sat Dec 28, 2013 7:22 pm

Ekt R450 vir 500ml betaal by ons koperasie. Dis nou al 2 dae sonder vliee in die huis. Moet ook byvoeg dat daar nogal groot reen intussen geval het, maar dit werk nog buite. Selfs op die stoep is daar niks nie. Drom is ook skoon.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro

Post Reply

Return to “Boere Raad”