Blits Firelighters

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4099
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Location: JHB

Re: Blits Firelighters

Post by Cobus(Cobb) » Wed Nov 26, 2014 9:22 pm

Klink na kwaai idee....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243
HOWA 308, MAB 7.65
Stormers/WP

User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm
Location: Aberdeen, Oos Kaap

Re: Blits Firelighters

Post by Karoo Klong » Wed Nov 26, 2014 9:35 pm

VDWALT,

Bly stil daar in die kombuis.

Hy het gevra vir langbrandsous om vuur brand te steek.

Karoo groete
Johan van Wyk

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2623
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Blits Firelighters

Post by joe rocket » Wed Nov 26, 2014 9:48 pm

Laat week die tee sarnies in citronella olie in plaas van paraffien.Dit ruik beter en hou ook muggies en muskiete weg.


Groete


Groete
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Location: vaal triangle

Re: Blits Firelighters

Post by mossie » Wed Nov 26, 2014 10:00 pm

Twee volgrootte velle koerantpapier langs mekaar gesit met so 80mm overlap.Begin by een van die onderste punte en vou skuins sodat jy opeindig met een lang lintvormige strook van so 40-50 mm breed. Rol nou hierdie lint op om jou hand en wanneer jy by die punt kom steek dit van onder af deur. Jy gaan dus opeindig met n digte rol koerantpapier met mn tietie wat bo uitsteek. Sit plat neer met tietie na bo en steek hierdie punt aan die brand.Hierdie digte rol brand lank genoeg on brikette, houtskool en droe dun houtjies te laat brand.

Groetnis

MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!

User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Location: Pretoria

Re: Blits Firelighters

Post by NEGE3 » Wed Nov 26, 2014 10:07 pm

Ek doen dieselfde as Karoo Klong en dit werk goed.
Last edited by NEGE3 on Thu Nov 27, 2014 10:09 am, edited 1 time in total.
Groete,
Koos de Beer

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 1985
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Location: Queenstown (Oos Kaap)

Re: Blits Firelighters

Post by andre007 » Thu Nov 27, 2014 8:22 am

My moetie groei op die sypaadjie, Die boom in ingels is n "itchy ball tree" (nee dis nie deel van n siekte nie) ;D weet nie of dit sy regte naam is nie maar hy is alom so by ons bekend. n Foto van hom onderaan. Ek vat die ''balls'' as hulle net bruin geword het en gooi hulle in n mengsel van 1/3 parafien / ctronella olie en 2/3 petrol en los die spulliekie in n blik en gebruik soos nodig ipv blits, onthou net om by te sit soos jy uithaal. My pa het geglo om n kamfer blokkie in jou parafien te gooi, dit vat bietjie van die reuk weg veral as jy parafien in verwarmers gebruik.
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/Capture_zps2a756cb9.jpg
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za

Bielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm

Re: Blits Firelighters

Post by Bielie » Thu Nov 27, 2014 10:42 am

Nee magtig kerels julle doen te veel moeite om vleis te braai en glads te veel PT! Koop net genoeg Blitz! He he!

User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm
Location: Aberdeen, Oos Kaap

Re: Blits Firelighters

Post by Karoo Klong » Thu Nov 27, 2014 11:27 am

NEGE3 wrote:Ek doen dieselfde as Karoo Klong en dit werk goed.
Ons weet mos wat ons weet

Karoo groete
Johan van Wyk

User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 4995
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos

Re: Blits Firelighters

Post by theedge » Sat Dec 27, 2014 8:01 am

henning wrote:
Cobus(Cobb) wrote:Ons braai seker meer as die gemiddelde familie, 2 x per naweek van so September af...siende ek 'n Vaalie is, is dinge maar meestal brikette of iets soortgelyks.
Die probleem is die alomewige tekort aan firelighters.....
Ons drink ook nogal kwaai baie tee hier by my,.......

Teesakkies word so tussen 15-20/dag uitgesit in die son, en vandaar weer in 'n geseelde blik parrafien...
Pragtige firelighters......maar daai parrafien reuk raak bietjie baie te veel.

Watse ander langbrand sous kan 'n man gebruik net om bietjie reuk af te los

Cheers
So n stukkie skaap of bees vet in n vlammetjie laat hom ook lekker lank brand.

Groete
Henning
Gebruik al jare die teesakkies - werk baie goed sal bietjie die vet probeer

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3617
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Location: Pretoria (oorspronklik Schweizer-Reneke)

Re: Blits Firelighters

Post by Stefan764 » Sat Dec 27, 2014 9:49 am

As jy droe hout gebruik dan maak n man 24x keer vuur met een pakkie BLITZ (nie iets soos dit nie, koop die "regte" BLITZ

Vir manne wat met charcoal vuurmaak kan ek nie help nie hehe
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus

ludwichras
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Mar 13, 2014 10:17 pm
Location: Tulbagh

Re: Blits Firelighters

Post by ludwichras » Thu Aug 27, 2015 11:35 pm

ek het nou met die jag gesien dat die boer n 20l emmer saagsels vat en 2 liter diesel of petrol deur meng en dit werk soos n bom

User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 560
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Location: Malelane

Re: Blits Firelighters

Post by Philip_R » Fri Aug 28, 2015 5:26 am

Sit jou tee sakkies in lamp olie in plaas van spirits
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem

User avatar
Nico de Jager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 407
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Location: Riversdal

Re: Blits Firelighters

Post by Nico de Jager » Thu Nov 15, 2018 4:21 pm

Ek het ook teesakkies in parafien gebruik maar die reuk sit my af.
Ek vat nou een van daai groot eierhouers en sit in elke holte n teesakkie en skink bietjie gesmelte kerswas oor. Skeur dan elke holte/teesakkie apart. Dit vat langer om te verduidelik as om dit te doen. Silwerskoon en geen reuke.

Charles7x57
Newbie
Newbie
Posts: 49
Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Location: Witbank

Re: Blits Firelighters

Post by Charles7x57 » Thu Nov 15, 2018 5:08 pm

Ek het ook die eierhouer idee gebruik ,maar net saagsels ingegooi en kerswas bo oor. Een holtetjie van die eierhouer is genoeg om n briket vuur te begin.

User avatar
Nico de Jager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 407
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Location: Riversdal

Re: Blits Firelighters

Post by Nico de Jager » Thu Nov 15, 2018 5:43 pm

Ja saagsels werk maar met saagsels moet mens baie was he om oor te gooi. Ekt gevind teesakkies is skoner.

ChristoK
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Sun Oct 08, 2017 11:11 pm
Location: Pietersburg

Re: Blits Firelighters

Post by ChristoK » Thu Nov 15, 2018 10:15 pm

Vat 'n stuk kombuispapier so twee segmente lank en rol hom op soos 'n sigaar.

Tel hom regop, buig die onderkant toe en gooi so 4-5 eetlepels sonneblom olie in hom af.

Hy brand maklik 15min reukloos, met redelike hoë vlamme.
BRNO ZKK 600 30-06
BRNO 8x57
Howa 6.5 Creedmoor
Troy SPC A3
H&K P30
Beretta SP1 Field

Nella
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Location: Polokwane

Re: Blits Firelighters

Post by Nella » Fri Nov 16, 2018 5:34 am

Soos MJK genoem het...
Kook olie in n eier boksie.
Maklik en goed wat altyd beskikbaar is en brand langer as blitz.
Just smile and wave boys >:D

Maroelas
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Location: Centurion

Re: Blits Firelighters

Post by Maroelas » Fri Nov 16, 2018 5:37 am

Cobus, in plaas van parafien, gebruik ek diesel om t tee sakkies in te lê.

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4618
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Blits Firelighters

Post by Carl » Fri Nov 16, 2018 9:25 am

Ek bly op 'n plot met baie bome, so daar is baie fyn hout. Ek verkies om al die "stink" goed weg te hou van my kos vuur. Ek begin my vuur met papier en fynhout, maklik. Ek braai dan slegs met hout geen kameeldr0lle nie.

* Let wel die hout in die insetsel word gekoop met harde kontant van die boer. Geen hout is verniet verskaf. P's en V's geld.
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

User avatar
Nico de Jager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 407
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Location: Riversdal

Re: Blits Firelighters

Post by Nico de Jager » Fri Nov 16, 2018 10:20 am

Wat gebruik julle om die firelighters aan te steek? As die wind bietjie waai is n vuurhoutjie bietjie eina. Daai gasaanstekers wat jy so druk werk net n rukkie?

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3748
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Location: Tsumeb, Namibia

Re: Blits Firelighters

Post by FHM » Fri Nov 16, 2018 10:33 am

Klomp lekker interressante gedagtes / idees hierso.
Soos oom Pieter is ek ook maar n koerant papier of graspol-aansteek man.
Soms wil die wind nie saamwerk nie dan trek ek maar my bottel kwart-gebreekte mielie-stronke in spiritus nader.
Hy werk ook lekker en brand skoon sonder rook of reuk.
Breek droe mieliestronke so in 3 dele in 'n lekker vet glas bottel, vul op met spritus en draai styf toe - sieda!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD

User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 629
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Location: Paarl

Re: Blits Firelighters

Post by Viking » Fri Nov 16, 2018 10:39 am

PWV wrote:
Smitstertjies wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Vir my is dit 'n uitdaging om alle artifisiële vuuraanstekers te vermy. Al mens-gemaakte ding wat ek gebruik, is een vuurhoutjie. Vir my is dit 'n ritueel.
Dit is wat ek by 'n ou man geleer het wat by ons op die plaas gewerk het. Dit is ook hy wat my geleer het om wippe te stel wat self val, om 'n duif of 'n patrys in klei toe te pak, in 'n gat te sit en bo-op vuur te maak. Dit is hy wat my ingelui het in die kuns van spoorsny en my bewus gemaak het van dieremaniere.
"Them were the days"
Groetnis
P.W.V.

Ns. Maar, ek het niks teen ouens wat hul vure op ander maniere maak nie. Los my net uit as ek deesdae van 'n bakkie af jag!!! ;)
Solank Oom net van n Ford af jag!!
Ja, Smitstertjies, so af en toe kry ek die geleentheid vir voorsit-jag! Normaalweg ry ons egter met 'n bakkie!

Pieter,

Voorsit jag beteken JY sit 'n slag voor in die bakkie!

Die trick van vuuraansteek met een vuurhoutjie is dat jy genoeg droë FYN hout byderhand moet hê.

Kom ons braai dis Vrydag!

Skuus manne in die Noorde hoor julle braai al heel week....
" My idea of gun control is using BOTH hands!"

Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Location: Kaapstad

Re: Blits Firelighters

Post by Harambe » Fri Nov 16, 2018 10:54 am

Ek hou nie van sukkel nie so ek gebruik 'n gas-aansteker. Ek weet hoe om vuur op die moeilike maniere te maak, maar ek sal eerder vir my solank 'n dop gaan gooi as om te moet kort-kort loer of die ding nog aan die brand is (as ek die keuse gegun word).
Of so iets

AOosie
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Wed Dec 28, 2016 4:17 pm
Location: Johannesburg

Re: Blits Firelighters

Post by AOosie » Fri Nov 16, 2018 1:39 pm

Ek het ook heeltemal opgehou om blits te gebruik sedert ek n "vuurstok" gekry het. Die 3kg gasbotteltjie kos ongeveer R75 om vol te maak en ek kan seker so 25 keer vuur maak - baie goedkoper as enige blits. Die hout wat ek deesdae kry ('bosveld mix) uit Namibie is so dik en hard...ek twyfel of iets anders dit ook aan die brand sal kry. Ai tog - kan die Vrydagmiddag nou nie maar verbygaan nie....ek wil NOU gaan vuurmaak en braai!!!
FN 308
BRNO .22

dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 742
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Blits Firelighters

Post by dehacked » Fri Nov 16, 2018 4:08 pm

'n paar velle papier uit 'n ou telefoon boek en 'n paar fyngekapte knotty pine planke werk vir my. Stink so bietjie met die opsteek slag maar hy kry die dik hardekool mooi aan die gang.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem

Post Reply

Return to “Boere Raad”