JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Oct 16, 2019 9:20 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 48 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
 Post subject: NIERSTENE Help asseblief
PostPosted: Sat Sep 08, 2012 5:13 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Posts: 420
Location: Bloemfontein
Goeiedag almal
Ek kry nou al nierstene vir die laaste 15 jaar en genoeg is genoeg. Ek is tans by die huis na nog 'n laser waar twee 7mm stene geskiet is in my regternier. Ek sit nou met 'n stent in my ureter vir twee weke. Die ouens wie weet sal aamstem dat die stent nog seerder is as die stene self. Die seding van jy is bang jy gaan dood en later is jy bang jy gaan nie meer dood nie is van toepassing op nierstene. Die dood sal jou pyn dadelik wegneem.

My loodgieter se dat ek koffie, coke, swart sjokolade en neute moet vermy in die toekoms. Ek het nou besluit om maar die waterkan ding te doen. My scan wys dat ek nog stene in my linkernier ook het. Ek wil nou graag uitvind of daar 'n boereraad is wat jou stene in jou niere kan oplos. Groot asb Help my!!!

_________________
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Sep 08, 2012 5:59 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Posts: 1554
Location: Between Belfast and Machadodorp
Eish..... Ken daai ding, dit is baie seer. Ek drink baie water, maar het ongelukkig nie enige raad nie. Sal ook graag wil hoor.

_________________
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Sep 08, 2012 6:05 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Posts: 835
Ek sal ook graag wil weet.  Het vroeer die jaar ook self 'n onderonsie met ene gehad.

_________________
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Sep 08, 2012 6:32 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Posts: 804
Location: Rustenburg
Morne.

Ek het al 7 keer nierstene gehad en weet waardeur jy gaan.  Dokter s? tamatie maar ek het nog nooit in my lewe tamatie geeet nie. Toe is dit glo rooivleis en toe coke. Het beide gelos en nogsteeds nierstene gekry.

Ek weet dat citro soda werk , maar vergeet om dit elke dag te drink.

Ek kon nog nie n dokter kry wat vir my presies s? wat dit veroorsaak nie.

Moet s? dat daai pypie in jou ketot BAIE seer is om uit te trek en die bloed piepie is ook nie so lekker nie.

Al wat ek kan s? is sterkte mater.

Groetnis

_________________
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Sep 08, 2012 7:31 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Posts: 4503
Location: Wes-Tvl Christiana
Regte bier maw black label 2 keer n week. Maar Neels sal vir jou se dat jy kan n pre-disposisie he tot nierstene, en as jy eers een gehad het gaan jy waarskeinlik nog he.

_________________
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Sep 08, 2012 8:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Posts: 2772
Location: Benoni
Ek kan so vaag weg iets onthou wat my oorlede ouma van kondies crystals gepraat het. Ek dink dis wat hulle dit genoem het.

As dit werk stuur ek jou my besonderhede vir jou tastament, Net die gewere asb en geen skuld nie!!! ;D ;D Dankie.

>:(


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Sep 08, 2012 9:36 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 16047
Location: Vereeniging
grumpy wrote:
Ek kan so vaag weg iets onthou wat my oorlede ouma van kondies crystals gepraat het. Ek dink dis wat hulle dit genoem het.

As dit werk stuur ek jou my besonderhede vir jou tastament, Net die gewere asb en geen skuld nie!!! ;D ;D Dankie.

>:(


Kaliumpermanganaat - weet dit is kristalle wat in water oplos as 'n pers mengsel. Is aanbeveel by slangbyt in die ou dae.

Luister na 'n vorige lid se raad - bier het vitamien Pee - dit is die antwoord!!!!

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Sep 08, 2012 10:26 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Posts: 420
Location: Bloemfontein
Dankie vir julle terugvoer
My dr het ook gese dat as jy dit eers eenkeer gehad het sal dit tien teen een weer vorm. Hy se dat jy 3l water moet drink elke dag om dan 2l water te kan piepie. Ek het raad gekry om appelasyn op 'n nugter maag te drink in die oggend. Dit sal bleikbaar die stene oplos. Bier spoel jou niere, maar vitamien Pee laat jou ook gewig optel. Jou brein onthou erge pyn net vir 6 maande en dan hou ek gewoonlik op om water te drink. Ek drink elke Vrydagmiddag saam met 'n vriend Koffie met so 'n bitter skuimpie op om my stene te spoel, maar hulle word net groter. Die tamatie vorm suur en verhoog jou uriensuur vlakke. So ook goed soos pynappels. lemoensap en naartjiesap maak ook suur en wonder bo wonder maak suurlemoensap jou uriensuur meer alkalies. Ek het 'n osmose filter by my huis, maar sukkel om aan water se smaak gewoond te raak. Bleikbaar as jy 1l water per dag drink vir 'n jaar dan neem jy 100gram se menslike feses in. Nou het jy 'n keuse, want die water in bier, whiskey, rooiwyn, en brandewyn word baie goed gefiltreer. Jy kan al hierdie genoemde drankies drink en strooi praat of munisipale water drink en vol strooi wees.

_________________
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Sep 09, 2012 4:41 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Posts: 193
Location: Meyerton
Morne,
Jy moenie die ding ligtelik opvat nie. Ek het byna altwee my niere verloor, regs verwyder en links reggemaak!
Ek drink 300mg puricos 1/dag in oggend. Vra jou dr. Water is koning, glo my! Uriensuur wat die kristalle vorm kom van purien wat jy in rooivleis, peul groente, skulpvis, lewer, afval, ekstrakte soos bovril en sousblokkies kry. Jou dr behoort te kommunikeer!
Biltong, droewors, salami, ens bevat uiters hoe mate purien en jy moet maar baie water vat! Ongelukkig help alkhol die konsentrasie aan. Hoe volume vitamen c soos lemoensap is ook nie reg vir jou.
Die Puricos pil neem ongeveer 3 mnde om jou liggaam reg te ruk, kry voorskrif en moenie n dag skip nie!
Ai, sterkte ou maat!
daan

_________________
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Sep 09, 2012 5:25 pm 
Morne

Die moontlikheid bestaan dat jou parrateroied klier oor aftief is. Dit vorm dan kalk stene in jou niere wat dan as nierstene bekend staan. Gaan sien 'n dokter oor dit en bespreek dit met hom. My skoonma het al haar hel gehad met nierstene. Dokters in Bloem kon nie die oorsaak van die probeelm kry nie. My skoonouers het 'n huis in Mosselbaai. Op 'n keer was hulle daar en daar in Mosselbaai kry weer erge pyn en ellende van nierstene. Gaan sien 'n dok daar en hy diagnoseer haar toe met 'n parratefoied klier wat fout het. Die klier sit naby hou skild klier in jou nek. Die dokter het die klier verwyder en dit was die einde van haar probleme gewees. Nooit weer tot en ment vandag weer 'n niersteen gehad het nie.

Drink baie water en soda water.


Top
  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Sep 09, 2012 10:49 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Posts: 420
Location: Bloemfontein
Dankie ek waardeer die advies en gaan my dr uitvra oor julle voorstelle. Ek moet die stent in my nier hou tot die 20ste sept Ek piepie maar met 'n warm sak op my nier, want sodra ek my blaas leeg maak voel dit of iemand my met 'n mes in die rug steek. Lyk my voorkoming is beter en baie minder pynlik as die genesingsproses.

Groete comrades of the stone

_________________
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 10, 2012 9:06 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm
Posts: 116
Location: Windhoek
Een van my vriende het ook  nierstene kort kort gekry.
Dokter hom eendag aanbeveel om so 6 Castle Milkstouts te drink elke naweek.
Hy drink glad nie maar het maar getry, want langer kon hy dit nie uithou.

Eerlik tot vandag toe nog nooit weer nierstene gehad nie en dit is al meer as 3 jaar.
Hy drink geen ander drank nie, maar sy Milkstout mis hy nie

Hoop dit help

Sterkte

_________________
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 10, 2012 4:07 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Posts: 420
Location: Bloemfontein
klink na goeie raad dankie.  Sexy trekker daai

Nothing runs like a deere!

_________________
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 10, 2012 4:28 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Posts: 420
Location: Bloemfontein
O ja en 'n cruiser!

_________________
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 7:55 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Posts: 430
Location: Upington
Wel ek so s? Boegoe Brandewyn oftewel gemmer brandewyn so 8 dubbels skoon per dag sal die pyn weg vat, maar dalk nie die stene nie.


Los net die brandewyn en coke en drink Skotsewyn met water dan is jou jou probleem opgelos of wel dit het met mater gewerk

_________________
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 11:08 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Posts: 402
Location: Okahandja
Het ook een gehad, te veel coke en te min water gedrink.  Nou drink ek bier en whiskey ;D

Die raad wat ek gekry het is , jy moet genoeg vloeistof drink dat jou pie lig van kleur bly.

_________________
Johan Kriel
Okahandja


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 11:29 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5789
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Dokter het vir my ges? dat die maklikse manier om nierstene te vermy, is om genoeg water te drink en om elke aand een bier :police: te drink.

Klaarblyklik spoel die bier jou niere (julle weet die geheim van 'n bier is jy drink een en pie vier...).

Dis klaarblyklik minder goed om een keer per week jou agterstand te probeer inhaal... :angel: :angel: :angel:

Sterkte!

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Sep 16, 2012 2:41 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Posts: 193
Location: Meyerton
Ou Christo,
Sjoe, n man van Upington wat nie klip gooi? Nog nie gehoor? Almal wat da bly is juwele, so jou raad moet werk.
Mooi loop
Ken jy miskien v Louis Boshoff da in jou dorp en die boeties van Fit It?
My ou maters
Daan Els

_________________
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Sep 16, 2012 3:39 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Posts: 825
Location: Mariental, Namibia
Daan Els wrote:
Ken jy miskien v Louis Boshoff da in jou dorp


Daan

Daar was n Louis Boshoff saam met my op Neudamm Landbou Kollege in 1979, en hy was van Upington?
Kan dit dalk hy wees?

Skolla


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sun Sep 16, 2012 7:02 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Posts: 193
Location: Meyerton
Maklik, ek gaan hom kontak, ek dink hy was da!
Daan

_________________
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Sep 21, 2012 12:57 am 
In die Winter 2012 van Dischem se "Benefits" tydskrif is daar 'n artikel oor nierstene.

Dit se basies 3L water, vonkelwater, lemonade of ander drankies per dag, kafien uitgesluit, vit C is sleg vir jou en verminder sout inname.  Hulle moedig jou dus aan om 'n drink gewoonte te ontwikkel.  Bier help ook, so dit gaan om die niere gereeld te spoel (en hoop die stene kom uit as hulle klein genoeg is).

My boet kan jou dalk help, hy werk met sulke goeters (altans ek dink so),  se maar net vir hom ek het gese jy moet hom bel, dis gratis en hy sal jou die regte advies gee... en dit mag dalk nie wees wat jy verwag nie.  Sy naam is Pieter, 011 794 2751 / 0  Ek sien van sy toerusting lys nierstene http://www.rifemedic.co.za/


Top
  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Sep 21, 2012 2:41 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sun Jul 08, 2012 7:24 pm
Posts: 46
Location: Richards Bay
Manne, manne

Wouter, jy waag jou lewe om so n pos op die forum te plaas.  ;D Is maar goed die manne is jagters en nie Dr's. (wel kom ons se die meeste. Verskoning dan ook aan alle Dr's as ek die onderwerp verooreenvoudig en nie 100% tegnies korrek is. Ons is mos nou op n jagters forum en ek probeer die storie en nie die data oordra.)

Die antwoord is eintlik baie meer ingewikkeld as wat n mens op so n draad kan beskryf. Kom ek probeer egter.

Nierstene het 2 hoof oorsake maar is ook verband aan mekaar. Eerstens kyk jy na vermindering van urien volume en dan tweedens na steen formulasie materie wat teenwoordig moet wees. Ek gaan egter nie die hele indeks hier probeer be-antwoord nie maar jy sal die manne se antwoorde en aanbevelings in die skrywe kan sien.

Urien Volume
Dit is waar dat enige form van beter hidrasie (water verkieslik) beter sal wees. Die maklikke antwoord is dat jy jou urine moet dophou. As dit nie so skoon soos water is nie, drink daai water (maar ook tee) tot dit skoon is.

Materie
Dit is hier waar die manne se raaiskote so bietjie meer gevaarlik is. Ek kan dit nie oorbeklemtoon en glo ook Jagtersdok as moderator sal dit vir jou se. Dit is n pad wat jy saam met jou geneesheer moet loop. Die vertrekpunt moet wees om die steen te laat ontleed en dan saam met jou bloedresultate die oorsaak vas te stel.

Net vinnige agtergrond is dat +/- 75% van alle stene kalsium stene is. Die ander 25% is minerale soos uriensuur (waarvoor die manne Puricos aanbeveel in die forum), Magnesium amonium fosfaat of dan amino sure. Wat ek dus vir jou probeer se is dat raaiskote nie die antwoord gaan gee nie.

Hy behoort te kyk na jou agtergrond, is jy bv n atleet wat lang afstande oefen sonder om te drink op die pad, of doen jy harde fisiese werk, werk jy in droee warm omstandighede ens.

Dit gaan dan saam met n geskiedenis van urienweg infeksie of nie. Verder moet hy kyk na jou metabolisme,  om die prentjie moeilikker te maak
   
Dan is daar n hele klomp siektes wat tot n verhoogde risiko kan lei. Ek noem net n paar om die punt te illustreer:
Jig (Gout)
Verhoogde Kalsium vlakke
Kroniese siektes soos Diabetes en hipertensie
Medikasies soos Crixivan
Jou dieet.

Jammer maar ek probbeer nie n lesing gee nie. Ek wil net vir jou illustreer dat dit nie n maklikke onderwerp is met n maklikke antwoord. Dit is en bly n pad wat jy saam met jou Dr moet loop.

Vrede

_________________
Death is a reason, the rest is excuses


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Sep 21, 2012 2:50 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Posts: 2675
Location: Bloemfontein
Morne

Bier, bier en bier

Groete
Jaco

_________________
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Sep 22, 2012 10:13 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Posts: 1384
Location: smithfield
Eugene wrote:
Dokter het vir my ges? dat die maklikse manier om nierstene te vermy, is om genoeg water te drink en om elke aand een bier :police: te drink.

Klaarblyklik spoel die bier jou niere (julle weet die geheim van 'n bier is jy drink een en pie vier...).

Dis klaarblyklik minder goed om een keer per week jou agterstand te probeer inhaal... :angel: :angel: :angel:

Sterkte!
goeie een!dis my probleem

_________________
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Sat Sep 22, 2012 10:26 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Posts: 1384
Location: smithfield
ek sal maar die bier voorkomend drink :angel:

_________________
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 48 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group