JARACAL
https://www.jaracal.com/

Raad met JR se ore wat jeuk
https://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=125&t=58789
Page 1 of 1

Author:  andre007 [ Fri Jul 07, 2017 11:04 am ]
Post subject:  Raad met JR se ore wat jeuk

Manne ek sukkel met n JR se ore wat jeuk. Daars nie bosluis of so iets in nie, dink maar dis n infeksie met die wat sy dan innie water is en die volgende oomblik n mol in China wil gaan haal, die ore jeuk vreeslik en is rooi binne, die een het bruin 'was' binne.

Ek probeer maar altyd eers n boereraad voor ek vee arts toe. As my gyse ou Pa nou innie ronde was, was daar nou al n doepakie innie hand gestop :(

Stuur maar as julle raad het wat kan werk.

Author:  ruaanb [ Fri Jul 07, 2017 11:11 am ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

Andre ek kry dit ook in die somer met my honde as hulle baie swem. die vuil water veroorsaak ontsteking oor tyd. wat jy kan is om sy ore te spoel met gedistilleerde water en dan net versigtig met n sagte oor stokkie skoon te maak. jy sal skrik as jy sien wat daar uitkom.

as dit nie werk nie veearts toe maar en dan sal hy tien teen een vir jou otomax gee saam met n spoel middel

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Author:  Forester [ Fri Jul 07, 2017 12:24 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

My een hond (GSP) kry dit gereeld. Volgens veearts is dit agv 'n allergie vir sy kos. Het toe verander na Eukanuba Dermatosis (wat 'n fortuin kos) maar was nie veel beter nie. Hy is nou op 'n rou dieet en vaar baie beter. Otomax werk baie goed.

Sodra hy begin ore krap moet mens maar skoonmaak. Jy sal skoonmaakmiddel by veearts of petshop kan kry. Maak net seker om die oor mooi droog te maak met watta na die tyd.

Author:  FHM [ Fri Jul 07, 2017 12:56 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

My JR krap en skud net so kop.
Ek maak elke naweek sy ore met oorpluisies skoon, druk dit nie te diep in nie want bang ek maak hom seer - dus nie geweet wat sukkel hy so nie.
Nou buite gaan sit in die son en doer diep innie oor geloer en daar het n paar stukkies bruin was met hare gesit wat ek versigtig met n paperclip en stukkie toilet papier verwyder het.

Gaan loer maar so diep soos jy kan - daar sit moontlik iets wat jy nie met n vinnige loer sien nie ;)

Author:  Boesman10 [ Fri Jul 07, 2017 1:03 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

My Staffie het presies dieselfde probleem. Ons gebruik cocanut butter en vryf dit in die ore. My vrou het dit in so klein wit emmertjie van 250 gram by die gesondheidswinkel gekoop.

Author:  Carl [ Fri Jul 07, 2017 1:51 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

Dit kan meite wees. Ek het oordruppels gekry en dit help vir 'n ruk dan kom dit soms terug. Die "goggas" is oordraagbaar van ander honde.

Author:  FHM [ Fri Jul 07, 2017 1:53 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

Ek dink Carl slaan die spyker raak ;) - ek gaan sommer nou-nou druppels by die VET kry

Author:  Flip nel [ Fri Jul 07, 2017 2:06 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

Carl wrote:
Dit kan meite wees. Ek het oordruppels gekry en dit help vir 'n ruk dan kom dit soms terug. Die "goggas" is oordraagbaar van ander honde.

Ek kry presies die selfde my een Jack russel sukkkel veral daarmee, vandat ek bob martin spot on gebruik is dit weg, sodra ek sien sy skud haar kop sit ek bietjie agter die kop tussen die ore. Dit is meite

Author:  Dawie Malan [ Fri Jul 07, 2017 2:30 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

Daar is 'n produk met die naam Oticlear. Spuit dit in sy ore.

Author:  FHM [ Fri Jul 07, 2017 2:42 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

Tks Flip / Dawie - gaan 14h00 VET toe en vra vir daai goetters

Author:  Ratel [ Tue Jul 11, 2017 2:00 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

My boerboele het ook so probleem gehad en ek het by 'n diere apteek Dectomax gekry om te spuit. Maak inwendige parasiete en stof myte se larwes dood wat jeuk veroorsaak. Ek dip ook met 'n dip wat Amitraz bevat en die problem was vining op 'n einde. Raadpleeg miskien net eers die veerarts oor die gebruik van Dectomax.

Sien ook die skakel.
http://dogcare.dailypuppy.com/dectomax-dogs-7171.html

Daar kan natuurlik ook baie ander oorsake wees.

Author:  FHM [ Tue Jul 11, 2017 2:38 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

Vet was nie Vrydag in Tsumeb nie dus kon ek nie Oticlear kry nie.
Onthou toe my oorle pa altyd Ballistol aan die honde se ore gesmeer vir steekvlieg.
Saterdagoggend brak se ore mooi skoongemaak en ballistol gespuit. Sondagoggend was daar sulke bruin klonte orals in die voue van sy ore, maar dit het maklik uitgekom met n oorpluisie.
Spuit toe weer Ballistol. Sy ore is mooi skoon afgelope 2 dae - geen afskeidings en krap en skud meer nie - dink daai Ballistol het die meite se storie gewerk.

Author:  DawieKotze [ Tue Jul 11, 2017 4:28 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

FHM wrote:

Bly jou hond se ore is nou gesond!

Ballistol werk vir alles het die ou mense geglo! :laugh: :laugh:

Behalwe waar ons dit op wapens en hout gebruik, weet ek van die volgende boere rate...

1) As jou maag werk - 3 druppels in glas water en drink dit. As jy hardlywig is - doen dieselfde. ++>:
2) Stop bloeding en ontsmet klein wonde
3) Trek die "brand" in sonbrand uit.
4) Voorkom bedsere
5) Behandel eelte
6) Masseer olie

Miskien weet julle van nog?

Groetnis

PS: Jammer vir die highjack! ;)

Author:  FHM [ Tue Jul 11, 2017 4:32 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

DawieKotze wrote:

Nou moet jy versigtig wees - hier gaan n paar vuilbaarde weer uitbrei.... :-X

Author:  Plaashaas [ Tue Jul 11, 2017 4:47 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

My JR het dieselfde moeilikheid gehad. Na die 3de veearts se prognose, almal verskilend, was die aanbeveeling n operasie by spesialis by Onderstepoort wat R11000 sou kos in 2002. Ek het nog een keer probeer by die veearts op Zeerust en hy gese dit is maklik verander die kos. Dit was toe sowaar die probleem. Ek het hom oor gesit op Montego en die gekrap was verby.

Author:  Trompie [ Tue Jul 11, 2017 10:50 pm ]
Post subject:  Re: Raad met JR se ore wat jeuk

As jou hond gereeld swem bly die ore vogtig en broei meite lekker daar binne. Otomax werk baie goed vir dit. En sodra dit onder beheer is kan jy mengsel van betadine en water by veearts ook koop en spuit dit in sy ore so 1 of 2 keer per week. Dit Hou die ore droog binne.
Otoclean werk ook om ore uit te was. Maar as die ontsteking baie is het jy Otomax nodig.
My Jack swem baie in die somer en kry dit elke jaar.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Page 1 of 1 All times are UTC + 2 hours
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
https://www.phpbb.com/