JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Oct 20, 2019 6:33 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 33 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
 Post subject: Neus bloei
PostPosted: Sun Feb 05, 2012 2:32 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Posts: 452
Middag alle vriende en vriendine!!

My Meisie se neus bloei so nou en dan van die hitte het enige iemand raad hoe om so bloeiende neus vinnig te stop??

Groete FB


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Sun Feb 05, 2012 3:49 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Posts: 708
Location: RIVERSDAL OAKDALE
Francois
Ek het as kind dieselfde probleem gehad,da was nie regtig enige iets wat werklik vinnig n oplosing was nie van sakke ys tot nat lappe ens..

Die enigste oplosing was dat my ma altyd so sponsie tiepe silinder wat sy by die dokter gekry het wat jy in jou neus plaas en dan water op drup, dit sit uit en druk die aartjie dadelik toe ek het in die somermaande amper altyd in die hitte so ding in my neus gesit.
Hoop dit help

_________________
Biebers
Need for speed >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Feb 06, 2012 8:28 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Posts: 452
Ok sal vandag gou gaan hoor baie dankie.

Groete FB


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Feb 06, 2012 9:09 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Posts: 4095
Location: JHB
Francois

My laaitie het in een of ander rugby game 'n kwaai stamp op die neus gekry....BAIE bloed geloop....die veld medic het bietjie staaldruppels in sy neus gespuit...amper onmiddelik opgehou bloei...
Ek kan nie s? of dit hom gebrand het nie, hy't ges? dis nie erg nie..??
Ons gebriuk die goed om wonde in die familie te dokter, snye ens brand lekker.

Vra dalk vir Jagtersdok eers...."hy ken van pille ens"

Probeer maar

Cheers

_________________
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243
HOWA 308, MAB 7.65
Stormers/WP


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Feb 06, 2012 10:06 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Mon Feb 21, 2011 7:27 pm
Posts: 76
Ek het baie lank met die selfde probleem gesit, my oplossing was Konakion, algemeen bekend as vitamien K, dit word deur n dokter voorgeskryf. Hulle is redelik versigtig om dit voor te skryf omdat dit iets te doen het met die stollings agent in jou bloed en verkeerde gebruik tot bloedklonte kan lei. Ek het dit so vyf jaar gelede gebruik (was net drie pille gewees) en dit was die einde van my probleem. Gesels gerus met die geneesheer daaroor, ek het maklik seker honderd ander goed probeer voor die een gewerk het. Ek was reeds ouer as 40 voor my probleem opgelos was.
Baie sterkte met julle probleem!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Feb 06, 2012 10:18 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Posts: 1653
Location: Midrand
Ek het ook baie neus bloei gehad, die geringste stampie of 'n warm dag dan loop my neus.

Was toe Dr toe so 15jr terug, hulle met my neus doodgespuit (soos wat jy steke sal insit) en dit gebrand (cauthertize). Dit het al die arterioles en swak aartjies toegebrand. Ek het seker nog net weer 2 keer neus bloeiery gehad in die 15jr na dit. Werk soos 'n bom. En die ergste was meer die doodspuit, dit brand is niks nie.

Sterkte.

_________________
ek soek nog wapens...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Feb 06, 2012 5:58 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Posts: 2035
Location: Williston
Ek weet van 'n man wat se neus gereeld een keer 'n maand bloei. Niks help daarvoor nie, Die dokter se die rede is, hy het vroumense op die brein. :o


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Feb 06, 2012 6:20 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Posts: 513
Location: PRETORIA
Die beste is om die aare te laat brand wat die bloeding veroorsaak.Die bloedvloei na jou neus loop hoofsaaklik oor jou voorkop,as jy ys oor jou neus brug en voorkop sit sal dit help om die bloed te stoll.

_________________
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Feb 06, 2012 6:53 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Posts: 4617
Location: Pretoria
My pa, ek en my oudste seun het dieselfde kwaal. Nie besef so baie mense sukkel daarmee nie.

Ons is al so gewoond daaraan dat ons dit nie eers oorweeg om iets daaraan te laat doen nie.

Die brand van die are is bleikbaar die beter oplossing.

As dmyneus egter bloei laat sak ek net my kop agteroor en druk hom so ligies toe, nie te lank nie en ek is weer op pad.

Peet

_________________
Work to live, don"t live to work


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Feb 06, 2012 9:16 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Posts: 1079
Location: Bloemhof. North West
Niks om oor bekommerd te raak nie, spoel die neus net n bietjie uit met koue water en koel die nek af. Plaas ligte drukking op die neus brug of "plug" die neus en wees net rustig. Dis goed om bietjie te bloei nou kan die ligaam weer vars bloed produseer.

n Vakleerling maat van my jare terug se neus het tenminste 2 keer n week gebloei toe kom ons agter as hy nie kroeg toe gaan nie bloei sy neus gladnie.. ;D ;D

_________________
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Sep 10, 2012 4:26 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Posts: 420
Location: Bloemfontein
Francois die beste raad is voorkoming Moet haar nie weer op die neus slaan nie. Onthou jy moet aan die slaap raak op 'n stadium en dan gaan sy jou met 'n krieketkolf bykom. Die ouens gaan dan vir jou mooi meisie raad moet gee om jou skedelbreuk te behandel.

Net 'n bietjie humor vir die dag. Om met jou duim en wysvinger redelik hard te druk aan die bokant van jou neus se brug(kop agteroor) behoort die bloeding vinnig te stop, maar die oorsaak van haar maklike bloeding word nie aangespreek nie. Party mense se bloedaartjies in hul neuse le redelik vlak. 'n Dr kan hierdie aartjies brand en dit behoort die einde van haar probleem te wees.

Groete
Morne

_________________
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 2:58 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3719
Location: Tsumeb, Namibia
Cobb wrote:
Francois

My laaitie het in een of ander rugby game 'n kwaai stamp op die neus gekry....BAIE bloed geloop....die veld medic het bietjie staaldruppels in sy neus gespuit...amper onmiddelik opgehou bloei...
Ek kan nie s? of dit hom gebrand het nie, hy't ges? dis nie erg nie..??
Ons gebriuk die goed om wonde in die familie te dokter, snye ens brand lekker.

Vra dalk vir Jagtersdok eers...."hy ken van pille ens"

Probeer maar

Cheers


Stem saam met Cobb ;) - staaldruppels werk vir bloeiende neus in ons familie vandat ek kan onthou.

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 3:20 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am
Posts: 191
Location: Pretoria
SV MAD (Henk) wrote:
Ek het ook baie neus bloei gehad, die geringste stampie of 'n warm dag dan loop my neus.

Was toe Dr toe so 15jr terug, hulle met my neus doodgespuit (soos wat jy steke sal insit) en dit gebrand (cauthertize). Dit het al die arterioles en swak aartjies toegebrand. Ek het seker nog net weer 2 keer neus bloeiery gehad in die 15jr na dit. Werk soos 'n bom. En die ergste was meer die doodspuit, dit brand is niks nie.

Sterkte.


Francois,

Die doodbrand is die beste oplossing dink ek, het op skool met rugby baie neusbloei gekry en dit het gemaak dat my neus op warm dae ook begin bloei.
Hulle het my wel nie gespuit nie maar slegs lokaal verdoof met druppels(weet nie wat dit was nie, maar dit maak alles dood.) Daarna die aartjies ook toegebrand.

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 3:33 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5789
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Staaldruppels op 'n earbud het nog altyd vir my gewerk!

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 3:40 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Posts: 2035
Location: Williston
Watte-pluise gedoop in suikerwater as staaldruppels nie byderhand is nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 3:56 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Posts: 2772
Location: Benoni
Jy het jou mooi oop gelos vir die een! ;D

Is dit as sy op hitte kom?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 4:01 pm 
Ag nee man Grumpy. :P :P

Nee is nee--------aanvaar dit so en moet nie stry nie. 


Top
  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Wed Sep 12, 2012 6:39 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Posts: 2772
Location: Benoni
;D ;D ;D ;D ;D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Thu Sep 13, 2012 9:00 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3719
Location: Tsumeb, Namibia
grumpy wrote:
Jy het jou mooi oop gelos vir die een! ;D

Is dit as sy op hitte kom?


Stirgat! ;D ;D ;D

Francois kan bly wees DIE VARK (VV) het nog nie die pos raakgeloop nie... ;)

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Thu Sep 13, 2012 12:34 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Posts: 2325
Location: Yarraman
FHM wrote:
grumpy wrote:
Jy het jou mooi oop gelos vir die een! ;D

Is dit as sy op hitte kom?


Stirgat! ;D ;D ;D

Francois kan bly wees DIE VARK (VV) het nog nie die pos raakgeloop nie... ;)


Nee daai goed joke 'n man nie oor nie. dis soos my pay check. Hy kom net eenmaal 'n maand en hou net 'n paar dae

_________________
Image
Image


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Thu Sep 13, 2012 2:07 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Posts: 2323
Location: Otavi, Namibia
Ek het baie lank met die selfde probleem gesit, my oplossing was Konakion, algemeen bekend as vitamien K, dit word deur n dokter voorgeskryf. Hulle is redelik versigtig om dit voor te skryf omdat dit iets te doen het met die stollings agent in jou bloed en verkeerde gebruik tot bloedklonte kan lei. Ek het dit so vyf jaar gelede gebruik (was net drie pille gewees) en dit was die einde van my probleem. Gesels gerus met die geneesheer daaroor, ek het maklik seker honderd ander goed probeer voor die een gewerk het. Ek was reeds ouer as 40 voor my probleem opgelos was.


Ek het ook die vitamien K pille getry en dit het goed gewerk.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Thu Sep 13, 2012 8:24 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Posts: 2772
Location: Benoni
Flip, vitamien  "K"  ?????  Eish!!! ;D ;D ;D ;D

Pasop vir die hitte as die honde naby is ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Oct 01, 2012 12:01 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Posts: 452
Hahahahaha Julle manne en Ooms maak die forum maar net lekker.

Dankie Groete FB


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Oct 01, 2012 6:51 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Posts: 984
Location: Witbank
Sal graag wil hoor by die manne wat se neus kronies bloei....is julle lig van vel, blonde hare..sproete? My seun is baie lig van vel..rooikop, brand maklik in die son...en daai neus bloei regtig baie keer ...ek gebruik staaldruppels...maar sal die are in sy neus moet toebrand...ek hoor graag..sal interressant wees om te hoor....

_________________
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Neus bloei
PostPosted: Mon Oct 01, 2012 9:05 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Posts: 2035
Location: Williston
Ek weet van 'n omie wat 'n laatlammetjie staan gemaak het. Die klong is toe ook rooi met sproete. Die manne op die dorp het toe gereken die oom se loop was geroes!!! ;D


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 33 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group