JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Aug 25, 2019 10:06 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 
Author Message
 Post subject: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 12:03 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Tue May 14, 2019 11:10 am
Posts: 0
Location: Greenstone Hill
Goeie more lede,

My naam is: Etienne le Roux en dit is n voorreg om een van my passies met julle te kan deel! Ek het groot geword in n huis waar jag jaar na jaar herhaal is en diep spore in my Afrika hart kom trap het.

Ek is geseend met twee wonderlike kinders en wil graag vir hulle die selfde blootstelling / ervaring / lewens lesse en goeie tye laat beleef terwyl ons land dit steeds kan bied, tussen al die negatiewe en slegte dinge wat deesdae on hoof opskrifte oorheurs.

My eertse roer wat ek aangeskaf het die jaar wat my dogterjie gebore is, is n .308 Steyr Mannlicher Classic II, met n Schmidt en Bender 3-12x50 Zenith teleskoop en el jaag graag 180gr Federal Premiums deur die loop om my jaarliks biltong voorraad op te vul...

Die tweede roer wat ek aangeskaf het einde laasjaar toe ons hoor die manntjie is oppad is n 6.5x55 Steyr Mannlicher Classic met n Swarofski Z6 5-30x50 BT teleskoop en ek jaag graag 140gr Federals deur sy loop op afstande effe verder as die .308...

Die 6.5 is ook gemakliker vir my vrou om elke jaar haar bokkie plat te trek met die jaarlikse familie jag!

Nou dat beide kinders iets van pa het, wil ek graag vir my iets groter aanskaf om my droom van n ou dagga boy te skiet, nog n stappie nader aan werkliheid te maak. Ek hoor graag julle opinies?

Baie dankie vir die geleentheid om saam te klets, vir eers dink ek gaan ek meer lusiter / lees as praat... ;)


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 12:59 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
Posts: 153
Location: Kalahari
Baie welkom Vintagevespa

Baie mooi bekendstelling! Hier is regtig 'n hele klomp slim manne wat sal kan raad gee met alles en nog wat oor jag, skiet, vleiswerk en watookal.

Hierdie is ook die plek om geweergoeters aan te skaf of van ontslae te raak. Ek moes al 'n tweede verband op my huis vat om te betaal vir die lekker goed wat ek hier aangekoop het. Hier heers 'n pragtige vertrouensverhouding onder die manne en enkele dames en dit is 'n plesier om hier besigheid te doen.

Gaan sit asseblief jou tuisdorp by jou "profile" sodat ons kan sien van waar jy kom.

NS : Ek is bly ek hoef nie 'n geweer aangeskaf het net as 'n kleinding gebore is nie!!!

_________________
Hein

Vektor 9mmP
AA S410Xtra
CZ .22LR
Howa .204 Ruger
Howa Varmint .22-250 8" twist
Savage .243 Predator Hunter
Mojet 6mmXC
Sabatti 6.5x47 Lapua
Howa Varmint .308
Sako .30-06
Vektor .30-06
CMS .338LM
Sako .375 Bavarian
Beretta 12 Br
Kawagughia 12 Br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 1:02 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
Posts: 153
Location: Kalahari
Nou dat beide kinders iets van pa het, wil ek graag vir my iets groter aanskaf om my droom van n ou dagga boy te skiet, nog n stappie nader aan werkliheid te maak. Ek hoor graag julle opinies?

My beskeie opinie .375H&H!

_________________
Hein

Vektor 9mmP
AA S410Xtra
CZ .22LR
Howa .204 Ruger
Howa Varmint .22-250 8" twist
Savage .243 Predator Hunter
Mojet 6mmXC
Sabatti 6.5x47 Lapua
Howa Varmint .308
Sako .30-06
Vektor .30-06
CMS .338LM
Sako .375 Bavarian
Beretta 12 Br
Kawagughia 12 Br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 1:06 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 15756
Location: Vereeniging
Ek is bly ons hoef jou nie te "kick start" nie - jy is alreeds goed aan die gang met die jag.

Ek het 'n 375H&H lank gelede gekoop en daarom sal ek dit aanbeveel. Moderne koper koeƫls het dit nog meer effektief gemaak en vir 'n buffeljag saam met 'n PH is dit meer as voldoende.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 1:10 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Posts: 741
Location: Kalkbank
Welkom Etienne!
Ek neem aan jy het n voorliefdie vir die steyrs? Dink vir die Dagha boy roer gaan jy van daai gewoonte moet afsien....
So op n ander noot, ek kan onthou daar was n Etienne le Roux so 2 jaar voor my gewees op laerskool. Jy was nie dalk in Amersfoort gewees nie?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 1:33 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6312
Location: Paarl
Welkom, maar nee o jou naam is te lank. Sal dit sommer verkort na Vespa toe.
Wonder nogal van waar jy is.

Mooi versameling Steyr Mannlichers en Swarofski's ::)

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 2:12 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am
Posts: 233
Baie welkom,

Iets se vir my jy hou baie van Steyr's..

Mooi :)

_________________
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 2:44 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Tue May 14, 2019 11:10 am
Posts: 0
Location: Greenstone Hill
Baie dankie, julle!

@Grenslyn... ek het so gemaak, ek is van Greenstone Hill in Johannesburg. Oorspronklik van Mafikeng in die Noordwes, maar is al sedert 1995 hier.

NS. Gelukkig is daai nie n reel nie, ek moet die kinders darem seker ook keuses gee om van te kies, so sal nou hulle keuse opsies vergroot met nog...hehehe

Ek is seker ek gaan n 375H&H in Steyr kry...ek het juis die naweek n 9.3x62 beloer maar agv die wetlike aspekte sal ek maar moet gaan vir 375H&H of groter...

Nee, my spore is nog nooit in Amersfoort gelos nie, so daar moet n copy wees! My laerskool dae van in Mafikeng, NW.

@Savage...ja kyk die Steyr's het maar van dag een af diep in my hart ingekruip en die lope is maar wat my aandag getrek het.

@PWV...baie dankie!

@Steyr270...iets se vir my ons het iets in gemeen? Ek het juis na n 375H&H Luxus gekyk in Safari a week of twee terug...maar gedink ek kan iets mooier kry in terme van hout wat hy gehad het? Op Huntex het ek n handelaar van Tzaneen gesels en hy het n 375H&H Luxus gehad met graad 9 hout...maar ek is bang as ek bel, gaan ek geld moet oorhandig! hehehe...

As ek mag vra, hoe vind jy die Luxus? Het jy enige ander lope saam hom, of net die 270?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 2:48 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am
Posts: 233
Steyr's bly maar iets besonders..

My wapen is in 1982 gemaak, ek het net die een loop, nog twee oorspronklike staalmagasyne. 1:9 twist. Ersnt Opel swing off mounts saam met die geweer gekry wat ek ook baie van hou.

Manne hier op die forum het my baie mooi gehelp met n lading ontwikkel.

Ek mag ook dalk al my geld uitgee as n 375 H7H Luxus voor my inspring...amper te bang om te vra wat hierdie besonderse pragstuk jou uit die sak sal jaag...

_________________
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 3:10 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Tue May 14, 2019 11:10 am
Posts: 0
Location: Greenstone Hill
Het jy miskien n foto naby van daai 1982? Toevallig my geboortejaar, so is hy nie tekoop nie? (Grappie)

Ja kyk, standaard sonder enige beter hout is hulle by Safari vir 50stokkies...en dan raak hulle eksponensieel duurder hoe meer mens van die hout hou!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: My naam is...
PostPosted: Tue May 14, 2019 3:15 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am
Posts: 233
Hy is te koop, want ek het my oog op n 300.

Stuur my jou kontaknommer.

_________________
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group