JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Oct 16, 2019 8:41 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 19 posts ] 
Author Message
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 9:55 am 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Fri Aug 17, 2012 9:52 am
Posts: 19
Location: Pretoria
Hi Almal, soek asb .22 Hornet vir my mannetjie van 10 jaar oud. Hy het die naweek eerste keer geleer skiet met boer se .22 en nou is hy vuur en vlam. Hy skrik nog bietjie vir my 7x57.

Laat weet maar asb. Groete, Jacques 0718852687


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 9:59 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 16047
Location: Vereeniging
Ek sou liefs na 'n 223 kyk. Komponente maklik bekombaar, herlaai maklik, ammunisie vrylik beskikbaar en terugslag sal nie intimiderend wees nie. Maklik om akkuraat te skiet en baie nuwe make en modelle beskikbaar.

'n .22 sal ook vir pa en seun 'n lekker speelding wees.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 10:09 am 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Fri Aug 17, 2012 9:52 am
Posts: 19
Location: Pretoria
tripodmvr wrote:
Ek sou liefs na 'n 223 kyk. Komponente maklik bekombaar, herlaai maklik, ammunisie vrylik beskikbaar en terugslag sal nie intimiderend wees nie. Maklik om akkuraat te skiet en baie nuwe make en modelle beskikbaar.

'n .22 sal ook vir pa en seun 'n lekker speelding wees.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 11:49 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Posts: 450
Location: Pietersburg Limpopo
Ek stem saam met Marius. Julle gaan net so vining wil opgradeer na iets groter as die Hornet as wat die geval met die .22 was.

Oorweeg sommer ook 'n groter kaliber met 'n knaldemper op. Die knaldemper verminder die klank en terugskop, dan is die skrikkerigheid sommer weg.

Waarskuwing!

Hoe meer jou kinders skiet, hoe minder kans kry jy, en pappas staan gewoonlik agter in die ry.

_________________
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 12:06 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Posts: 6176
Location: Brackenfell
Ek het self op 'n tyd 'n 22 Hornet gehad ...

'n 223 Rem gaan net soveel makliker wees en recoil is net so min. My 7 jarige skiet die 223 met gemak.
My 10 jarige is nou heel in sy noppies my sy 6 Creedmoor en skiet hom sonder muzzle brake of silencer met gemak.

6CM sonder brake



6CM met brake



Last edited by Arnold on Wed Oct 09, 2019 1:04 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 12:30 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
Posts: 30
Location: Jeffreys Baai
Ek het as kind met n .22 Hornet geleer skiet en geniet dit vandag nog om met hom te skiet. Ek kan nie wag vir die dag dat my seun met hom gaan begin leer nie.

Als wat hier bo gese word oor die 223 is waar maar die .22 Hornet bly n baie lekker geweertjie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 1:12 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8643
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
R10 se ons gaan voor bladsy 2 n 6.5Creed met KD op as aanbeveling kry....

22 Hornet is n baie lekker speelding en soos cbird hier bo se het ons bitter baie goed met hulle geskiet as kind maar ek sien min herlaai komponente vir hulle deesdae en die 223 met ordentlike koels kan aansienlike "verder/groter gaan. Die 222 het ook die laaste tyd n sagte plek by my

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 1:20 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Posts: 6176
Location: Brackenfell
'n 308 met 125gr koeëls wat jy aflaai en dan nog 'n knaldemper :)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 1:25 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 8643
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Arnold wrote:
'n 308 met 125gr koeëls wat jy aflaai en dan nog 'n knaldemper :)



125s in n 30.06 teen so amper 3200fps was wat myne me begin het, vark se kos daai

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 2:01 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Posts: 3570
Location: Tulbagh
Cbird wrote:
Ek het as kind met n .22 Hornet geleer skiet en geniet dit vandag nog om met hom te skiet. Ek kan nie wag vir die dag dat my seun met hom gaan begin leer nie.

Als wat hier bo gese word oor die 223 is waar maar die .22 Hornet bly n baie lekker geweertjie.


Stem saam. Het nou een verniet gekry en die aansoek is in. Maar ek moet meer rondkyk vir herlaai goete as vir die .223... Lyk my dit gaan ook spook om akkuraat te laai...

Net my 2c


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 2:13 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Posts: 1597
2 hornets op gunafrica. CZ en Anschutz

_________________
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 2:40 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Posts: 2293
Location: Limpopo
Ek stem saam met 223 voorstel, maar as jy jou kop op hornet het is hy ook fine, jy gaan net so bietjie soek vir hom

_________________
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 7:16 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Posts: 394
Location: Riversdal
Ek het vir my seun n Anschutz hornet gekoop en hy het baie geskiet en gejag met hom. Ek het jare terug n foto van hom met sy eerste (bos)bok op Jaracal gesit. Het nou my bakkiegeweer geword en ek geniet hom baie.


Last edited by Nico de Jager on Wed Oct 09, 2019 7:18 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 7:18 pm 
Online
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Sun Mar 26, 2017 8:50 pm
Posts: 50
Ek het ñ ou Slazengers .22Hornet wat ek wil verkoop. Ek het nog ñ sako 22Hornet so gebruik nie die ander een nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Oct 09, 2019 11:02 pm 
Online
Full Member
Full Member

Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Posts: 157
Capt. Oblivious wrote:
R10 se ons gaan voor bladsy 2 n 6.5Creed met KD op as aanbeveling kry....

22 Hornet is n baie lekker speelding en soos cbird hier bo se het ons bitter baie goed met hulle geskiet as kind maar ek sien min herlaai komponente vir hulle deesdae en die 223 met ordentlike koels kan aansienlike "verder/groter gaan. Die 222 het ook die laaste tyd n sagte plek by my


Koop daai 6.5 creed! Dis net eenvoudig te maklik!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 10, 2019 5:09 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Posts: 1992
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal
Ek dink ook ‘n 223/222sal die effens beter keuse wees behalwe dat jy dalk ‘n Hornet vir so bietjie goedkoper kan optel.

As jy na die Triggercam videos gaan kyk sal ju sien Nico het goeie sukses op ‘n paar Rooibokke en varke met die 223 en 60greiners




Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 10, 2019 8:00 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Posts: 450
Location: Pietersburg Limpopo
Lekker skiet saam met jou seun!

_________________
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser


Last edited by J le Roux on Thu Oct 10, 2019 2:02 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 10, 2019 8:12 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5789
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Jacques 7x57, ek het self 2x .22 Hornets gehad en dit is lieflike geweertjies. Ek het 'n hele paar kolganse op relatief langer afstande daarmee geklop. Die grootste probleem is die beskikbaarheid van koeels en doppe, as jy self wil herlaai. My 2 Hornets was baie vol nonsens oor watter koele goed gewerk het en die keuses was maar beperk. Ek kon net PMP se 45gr koeeltjies en Sierra se 40gr en 45gr wat spesifiek vir die Hornet gemaak is, met goeie akkuraatheid gebruik. Ek het later S&B ammo gekoop en die doppe gebruik vir herlaai. Rakrondtes is egter maar redelik duur. As jy egter jou hart op so een gesit het, gaan voort, jy sal nie spyt wees oor die aankoop nie, dalk net oor die prys van ammo en in 'n 10jarige se hande, loop die ammo op die baan...

Soos die manne hierbo sê, 'n .223 kan alles doen wat die Hornet doen en meer en as jy herlaai, gaan die verskil in koste, weglaatbaar klein wees. Ek het later ook maar oorgeskakel na 'n .223 toe, toe ek nie meer koeels en doppe kon kry nie.

Sterkte met die besluit en laat weet watter roete jy geneem het.

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Oct 10, 2019 9:11 am 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Fri Aug 17, 2012 9:52 am
Posts: 19
Location: Pretoria
Hello manne, ek het een gekry, amper verniet...'n Australies Lithgow (later Slazenger).

Ek gaan hom maar vat en kyk hoe dinge gaan.

Baie dankie vir al die terugvoer en raad soos gewoonlik. Lekker daggie,

Groete,

Jacques


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 19 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: 6mmMusgrave, Chevvy SS, Estian, HFC, Krobb, Smitstertjies and 5 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group