JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Sep 18, 2019 11:05 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 

Watter punt sal die beste penetrasievermoë hê?
Poll ended at Thu Jun 20, 2019 4:05 pm
1. 139 gr. 13%  13%  [ 1 ]
2. 145 gr. 0%  0%  [ 0 ]
3. 162 gr. 88%  88%  [ 7 ]
Total votes : 8
Author Message
PostPosted: Tue Jun 18, 2019 4:05 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Tue Jun 18, 2019 3:55 pm
Posts: 1
Goeie Middag,

Ek doen 'n ondersoek aangaande die onderstaande:

Hoe vergelyk die penetrasievermoë ( hoe diep die rondte ammunisie die teiken binnedring) en herwiningsgewig tussen 139gr, 145gr en 162gr punte op ‘n ronte ammunisie van ‘n 7mm Remington Magnum?

In u opinie, watter punt sal die beste vergelyk en hoekom?

Dis vir 'n wetenskap taak en ek skiet na houtblokkies op 'n afstad van 50m.

My ammunisie is tuis gelaai en ek het maar net gewonder wat die ervare jagters se opinie is aangaande die bostaande?

Groete


Last edited by Leerling Jagter on Tue Jun 18, 2019 5:16 pm, edited 2 times in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 18, 2019 4:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Posts: 5083
Location: Paarl
Middag en welkom by die Jaracal kampvuur.
Om so 'n gelaaide vraag te vra, moet jy jouself darem eers bekendstel. Ek meen dus soos om 'n meisie te soen voor jy weet wat haar naam is en of haar pa 'n jag-plaas het! >:D

Hier op Jaracal is 'n sêding wat lei; hoe lank is 'n stuk tou? ;D

Dit geld vir jou vraag ook. Penetrasie op watter spesie en geslag en teen watter spoed? Op die vlaktes of in die bosveld?
Gesels saam, dan kry jy gouer as later jou antwoorde.

_________________
Dont make expensive noise! Make the first shot count!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 18, 2019 9:02 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Posts: 6120
Location: Brackenfell
Daai vraag is baie maklik om te antwoord en die antwoord is: dit hang af.

Indien die medium dieselfde bly sal die konstruksie en spoed van die koeel die bepalende faktor wees. So skiet en kom vertel vir ons ;)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 18, 2019 10:48 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 517
Location: Stella
As jy dieselfde tipe koeël (bv Hornady SP) het behoort die swaarste koeël teoreties die beste penetrasie te gee. Die rede is dat hy enersyds meer massa het wat hom aandryf, en andersyds is hy langer. n Lang, dun patroon behoort beter te penetreer as n kort, vet patroon met dieselfde massa.

Dan kom die "ja, maar..." argumente ter sprake:
- wat van die spoed
- wat van die koeël se verandering op impak
- ens


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jun 18, 2019 10:52 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Posts: 2592
Location: Paarl
Ek is mal oor penetrasie....veral met Kriek koele. Hulle kan penetreer.

_________________
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group