Slagplek - Vleiskamer

Enigeiets wat die jongklomp interresant mag vind/Anything wich might be worth mentioning among teenagers
Post Reply
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am
Location: Middelburg Oos-Kaap

Slagplek - Vleiskamer

Post by JuanVE » Wed Jul 02, 2014 10:28 am

Ek wil vir my 'n ordentelike slagplek met 'n vleiskamer daarby bou. Enige idee, raad en goed waaraan 'n ou moet dink. Gewoonlik wanneer 'n plek klaar gebou is kom jy die tekorte agter. Foto's en sketse sal handig wees.
Baie dankie!
Juan

User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1714
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by win270 » Wed Jul 02, 2014 10:41 am

Hier is slagters op die forum wat goeie advies sal kan gee . . . As leek kan ek maar net dink aan die vlg punte wat jy sal moet in ag neem:

Watter diere en hoeveel op 'n slag sal jy by die slagplek wil verwerk? Dit bepaal o.a. die afmetings van die kamer wat jy moet oprig.
Warm en koue water
Wasbakke
Katrolle
Goeie lugsirkulasie
Elektrisiteit
Sae
Stoorplek
Op- en aflaaifasiliteite vir voertuie wat daar moet beweeg
Vensters en in watter rigting hulle front
Son wat jy nie noodwendig wil laat inkom nie
Teelvloere en -mure
Maklike afwas en waterafvoer
Reuke wat jy nie naby woonarea/s wil laat kom nie
Munisipale regulasies indien van toepassing
Vermoë om te vergroot in die toekoms indien nodig
Begroting!!
Geskikte kontrakteurs en verskaffers van materiaal en arbeid

Sommer net 'n paar gedagtes . . . kundiges sal jou baie mooi kan vertel.

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12258
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by Geno » Wed Jul 02, 2014 10:47 am

Kontak vir Ian.
Hy het een van die beste slagkamers wat ek nog gesien het.

Image
Image
Image
Image
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12258
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by Geno » Wed Jul 02, 2014 10:49 am

Image
Image
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5800
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by Eugene » Wed Jul 02, 2014 10:50 am

Win270 noem goeie punte en ek wil graag die volgende byvoeg:

1. 'n Groot deur vir maklike toegang vir oplaai en aflaai van karkaste as jou koelkamer binne jou slagkamer gaan wees;
2. 'n Gewone deur vir persone om in en uit te gaan;
3. Lugversorger om temp binne die slagkamer koel genoeg te hou gedurende somermaande;
4. Groot genoeg wasbakke om vleisbakke, ens. te was en 'n klein wasbakkie vir handewas;
5. 'n Plek naby jou koelkamer se deur waar jy karkaste kan ophang en opsny;
6. 'n Tafel vir jou worsstopper naby 'n wasbak vir uitspoel van derms en water.

Voor jy te veel permanente vashegtings doen, laat staan die goed soos jy dink en werk eers 'n keer of wat vleis daar om te kan agterkom wat is die gemaklikste en beste plek vir elke ding!

Belangrikste, geniet daai slagkamer en gebruik dit gereeld! ;)
Last edited by Eugene on Wed Jul 02, 2014 10:56 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small

User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am
Location: Middelburg Oos-Kaap

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by JuanVE » Wed Jul 02, 2014 10:53 am

Ek is baie dankbaar ek het die vraag hier gevra, skoolgeld is duur en hier kry ek waardevolle inligting. Ek is 'n naweek boer en skiet so dan en wan tot so groot soos 'n kudu en slag darem my eie skaap en is nou moeg gesukkel. Dit het tyd geword om geriewe op te rig.

User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Location: Nelspruit

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by 375fanatic » Wed Jul 02, 2014 11:02 am

n groot genoeg dryn met die vloer wat na die dryn geslope is sodat jy die plek ordentlik kan afspuit en was sonder dat water ophoop . ek sal n pressure washer in die plek hou om te gebruik en ook om bakkie mee af te spuit as hy aflaai jy kan nooit te min dryns he nie . ek sal ook n groot septic tank bou en drein pype genoeg slope om water vining weg te voer
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4608
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by Carl » Wed Jul 02, 2014 11:34 am

Juan
Kyk sommer ook na die minimum standaarde in die voorgestelde wetgewing. ;)
Staal rakke binne die koelkamer
Vlekvrye tafels is duur, jy kan permamente tafels bou. Dan moet jy net goed seel.
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5800
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by Eugene » Wed Jul 02, 2014 11:42 am

Carl wrote:Juan
Vlekvrye tafels is duur, jy kan permamente tafels bou. Dan moet jy net goed seel.
Carl, ons het vir ons slagkamer 2 "sheets" vlekvrye staal gekoop en self die tafels gemaak. Ons kon 5 tafels maak teen dieselfde prys wat ons vir 2 nuwes sou betaal. Dit het ook lekker gewerk om self die tafels te maak volgens ons spesifikasies en wat lekker inpas, eerder as om te moet maak-pas met gekoopte tafels.
Aim small, miss small

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4608
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by Carl » Wed Jul 02, 2014 11:54 am

Dankie vir die raad. Het julle dit op staal raam gesit?
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1938
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Location: Pretoria Noord
Contact:

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by ROBBIE1 » Wed Jul 02, 2014 11:57 am

Juan hoe haastag is jy?

Die heel boonste slagplek is baie netjies, maar die nuwe voorgestelde wetgewing bepaal dat jou vuil en skoon area van mekaar geskei moet word. Waar jy die bok inbring, en ontwei is jou vuil area. Daar moet n wasbak en n steriliseerder wees. Wanneer die kop, pote en binnegoed afgehaal is moet daar ook n tafel wees waar die " vuil afval" ondersoek kan word. Die vuil area moet ook n shoot he waar die pensmis ens direk na buite kan beweeg waar dit in n bin beland wat leter verwyder word.

Van daar beweeg die karkas op rollers na die skoon area waar die slagting plaasvind. Al 2 areas moet n tuinslang he waar die karkas gewas kan word. Die skoon area moet ook n wasbak, en steriliseerdermvir die messe he. Afhangende van watter volume jy slag per dag, gaan jou abattoir dan geregistreer word as landelik, lae deurset, med deurset of hoe deurset.

As jy nie te haastig is nie sal ek met liefde vir jou kom kyk en raad gee, maar dit gaan ou baie rof by my!!

Hier is elders n post wat die manne van die nuwe wet praat. As jy nou wil bou, en klaar registreer, gaan dit makliker wees as om te wag tot die wet gefinaliseer is. Die manne is nie nou so streng nie, veral omdat hulle self nog nie mooi weet nie, kan jy hulle nog n bietjie lei en die prentjie mooi maak, maar as die gemors een as wetgewing onderteken is, en die span nuwe inspekteurs wat die regering wil aanstel hulle badges kry, gaan jy al jou dae met die nuwe linge wat volgens boek wil try werk, en n rooibok op die kooptoe pasella uit jou try kry.

Sterkte.

ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1938
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Location: Pretoria Noord
Contact:

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by ROBBIE1 » Wed Jul 02, 2014 11:58 am

O ja, jy moet ook kleedkamers he, afsonderlik vir vuil en skoon area werkers, afhangende van watter abattoir jy wil registreer.

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5800
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by Eugene » Wed Jul 02, 2014 11:59 am

Ja, gewone "square tubing" gebruik en net behoorlik geverf met roeswerende onderlaag. Kan teen minimale koste dit ook laat powdercoat, maar ons wou nie al die rame aanry dorp toe nie. Ek het 'n ruk terug 2 SS tafels gekoop op veiling en jy sal hulle nie kan uitwys tussen die ander nie!
Aim small, miss small

kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Location: Pretoria

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by kopskoot » Wed Jul 02, 2014 12:02 pm

Juan

Luister maar na Geno se raad,hierbo!

As ek jou nog beter raad kan gee. Klim in jou bakkie, en gaan kyk na Ian se plek. As ek 'n wildboer was wat jagters moes akkomodeer, sou my slag fasiliteite, so gelyk het! En ek is 'n metro-man.(dra pienk hemde, fancy skoentjies,after-shave, parfuum en meisies HOU VAN MY.

Ek het nog nooit, 'n beter slag fasiliteit op 'n plaas gesien, as Ian s'n nie!

Groete
Ronald
Last edited by kopskoot on Wed Jul 02, 2014 2:50 pm, edited 1 time in total.

User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1714
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by win270 » Wed Jul 02, 2014 12:16 pm

Baie goeie en energie-besparende elektriese beligting is ook belangrik. Jy wil die plek ook behoorlik kan sluit om alle ongewenstes uit te hou.

User avatar
Gerrie Smith
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Feb 19, 2012 12:26 pm
Location: Paarl, Western Cape

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by Gerrie Smith » Wed Jul 02, 2014 12:48 pm

My 2c - sit teen die 1 muur expanded metal rakke vas, jy kan baie goed nie altyd so hoog hang as wat die hake is nie! En 'n Wap is 'n moet!

User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am
Location: Middelburg Oos-Kaap

Re: Slagplek - Vleiskamer

Post by JuanVE » Wed Jul 02, 2014 1:49 pm

Dankie vir al die raad. Ek wil sommer net vir myself, eie gebruik 'n slagplek op die plaas bou. In die winter word dit meer gebruik as in die somer. Baie goeie idees sover, dankie manne!!

Post Reply

Return to “Algemeen/General”