6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am
Location: Centurion

6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Draegan » Thu Oct 10, 2019 8:23 am

Hi julle,

Ek wil graag vra dat iemand wat QL goed ken asseblief help met 'n lading? Data is soos volg:

Barrel length - 24inch
Case volume - 52,10grain
Standard case length - 1.920inch
Case trim - 1.915inch
Powder - IMR 4350
Bullet -Hornady 147 ELD-M
Primer - Federal 205M
Brass - Lapua SR
COL - 72.50mm (1.30mm jump)

Spoed gemeet:
History of Shots.png
Spoed is gemeet met 'n Chrony 5m voor die loop.

Baie dankie by voorbaat!
Johan
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
Howa 6.5 Creedmoor

User avatar
DiscoBiscuit
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am
Location: Leonardville, Namibia en UAE

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by DiscoBiscuit » Thu Oct 10, 2019 9:25 am

Goeie dag,

41.1 gr behoort jou op 'n node by 2586 fps te bring.

Mooi dag,

Herman.

Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am
Location: Centurion

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Draegan » Thu Oct 10, 2019 10:45 am

Dankie Disco, ek het gehoop daar is 'n node nader aan 2680-2700, 2586 gaan te stadig wees vir die aanwending
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
Howa 6.5 Creedmoor

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 17084
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by tripodmvr » Thu Oct 10, 2019 11:58 am

Die hoër node is by 2704vps en 43.1gr word as lading bereken. Druk is dan by 60K psi en dit is maksimum. As jy wil eksperimenteer begin van 42,5gr opwaarts laai met 0,2gr inkremente.

Ek het MRP gebruik en dan is druk 51K psi en spoed ook nog by 2700vps.

VV N560 gee ook 51K psi druk met spoed van 2680vps.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 9254
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Capt. Oblivious » Thu Oct 10, 2019 12:00 pm

Oom Maruis net vir interesantheid hoe lyk N550?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 17084
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by tripodmvr » Thu Oct 10, 2019 12:03 pm

53K psi en 2640vps
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6605
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Wouter Roets » Thu Oct 10, 2019 12:14 pm

Manne

Ek het nou al regtig n klomp herlaai boeke se maksimum ladings deur QL gejaag en die algemeen is dat die maksimum ladings hier rondom 52 000psi op QL registreer. Dit is nou met n WF van 0.5. So gebruik asb 52 000psi as maksimum op QL aangesien dit werklike drukvlakke van 60 000psi verteenwoordig.

Groetnis
Wouter

Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1130
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm
Location: Johannesburg

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Dale SH » Thu Oct 10, 2019 12:19 pm

From Hodgdon's website
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Ruger Hawkeye African 9.3x62

Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am
Location: Centurion

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Draegan » Thu Oct 10, 2019 1:05 pm

Wouter Roets wrote:Manne

Ek het nou al regtig n klomp herlaai boeke se maksimum ladings deur QL gejaag en die algemeen is dat die maksimum ladings hier rondom 52 000psi op QL registreer. Dit is nou met n WF van 0.5. So gebruik asb 52 000psi as maksimum op QL aangesien dit werklike drukvlakke van 60 000psi verteenwoordig.

Groetnis
Wouter
Hi Wouter, jammer as die 'n baie dom vraag is. Beteken dit dat die node wat om en by 2700 nie veilig haalbaar is met IMR 4350 nie?
tripodmvr wrote:Die hoër node is by 2704vps en 43.1gr word as lading bereken. Druk is dan by 60K psi en dit is maksimum. As jy wil eksperimenteer begin van 42,5gr opwaarts laai met 0,2gr inkremente.

Ek het MRP gebruik en dan is druk 51K psi en spoed ook nog by 2700vps.

VV N560 gee ook 51K psi druk met spoed van 2680vps.
Dankie oom, ek lei af dat MRP dan dalk 'n beter keuse sal wees?
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
Howa 6.5 Creedmoor

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6605
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Wouter Roets » Thu Oct 10, 2019 1:09 pm

Manne

Dale het my nou n luitjie gegee en ons twee se koppe is nou ewe plat. Daar is n hele paar handleidings wat die resutate gee waarvan ek gepraat het asook die soos Dale se voorbeeld wat weer spot-on is met QL. Dit maak eenvoudig net nie sin nie.

Wat die uiteinde is van die hele storie en natuurlik die belangrikste is om gepubliseerde handleidings se data te gebruik veral om jou maksimum spoed te kry vir jou gegewe komponente. Van daar kan jy weer QL gebruik om jou nodespoed te bepaal aangesien dit wel goed werk. Hierdie geld natuurlik vir enige kaliber kombinasie maar veral vir die 6.5 Creedmoor.

Groetnis en veilig wees daarbuite
Wouter

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6605
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Wouter Roets » Thu Oct 10, 2019 1:12 pm

Johan

Askuus ek sien nou eers jou plasing. 2700ft/sek blyk wel haalbaar te wees volgens Hodgen se informasie so jy kan Oom Driepoot se raad volg en versigtig daai voorgespelde node jaag.

Groetnis
Wouter

Klopper
Full Member
Full Member
Posts: 187
Joined: Fri Feb 17, 2012 7:19 am
Location: Centurion

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Klopper » Thu Oct 10, 2019 1:23 pm

Hi Manne, het iemand dalk die propelant/powder file vir MRP vir my?

Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am
Location: Centurion

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Draegan » Thu Oct 10, 2019 1:23 pm

Dankie julle. Ek sal weer 'n paar ladings laai en gaan toets. If all else fails sal ek dalk maar moet skuif na 'n ander dryfmiddel toe wat die gewensde spoed kan gee teen veilige druk. Ek wil ook nou nie my doppe poertoe skiet en my looplewe onnodig verkort nie.
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
Howa 6.5 Creedmoor

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6605
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Wouter Roets » Thu Oct 10, 2019 1:40 pm

Johan

Ek het nou gou na Hornady se herlaai data gaan kyk. Hulle lys nie IMR4350 nie maar wel Accurate 4350 en H4350 wat basies die ekwawilent is van IMR4350. Beide se maksimum snelheid is 2600ft/sek. n Mens kan sien dat hulle ook poeiers verkies wat stadiger brand as IMR 4350 en ek stem saam daarmee, so persoonlik sou ek ook Oom Driepoot se voorstel sekondeer dat n mens gaan met iets soos Norma MRP.

Nou kyk ek se altyd die wereld van interne balistiek is uiters gekompliseerd en ek sal weer sover gaan om te se daar is nie sommer vaste reels nie vir die eenvoudige rede dat daar net te veel veranderlikes is. verder het ons ook nie altyd al die informasie voor ons nie. n Maatskappy soos Hornady kan dalk baie konsewatief wees met sy data vir verskeie redes. In die Creedmoor was hulle doppe crap aan die begin en was dit een van die redes hoekom so baie mense primer pockets gerek het. Hierdie kan dalk die rede wees dat hulle konserwatief is.

Ek en Dala het nou net weer gepraat en het hy my weer baie snaakse dinge uitgewys op Aliant se herlaai data wat eenvoudig net nie sin maak nie. Die redes hiervoor kan ook weer legio wees. Vat net twee verskillende batches van die dieselfde koeel wat so bietjie verskil en kyk hoe dit twee kalibers wat vir alle praktiese redes balisties identies moet wees kan laat verskil. Hier spesifiek verwys ek na die data op die 6.5 Creed en 260 Rem. n 3gr in maksimum lading maak eenvoudig nie sin nie.

Nou om terug te kom na jou toe Johan. Hardloop met IMR4350 en kyk baie mooi vir waarneembare druktekens by daai voorgestelde spoed. As jy veiliger wil speel en daai vraagteken uit die vergelyking wil vat slaan dan liewer oor na Norma se MRP. Die keuse is joune, maar ten minste kan jy nou n ingeligte besluit maak.

Groetnis
Wouter

Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am
Location: Centurion

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Draegan » Thu Oct 10, 2019 2:07 pm

Wouter Roets wrote:Johan

Baie dankie vir die terugvoer Wouter, ek waardeer julle moeite baie! Ek dink ek gaan maar die IMR opgebruik (ek het darem net een blik gekoop) en dan oorslaan na iets anders toe, waarskynlik MRP alhoewel dit heelwat duurder is.

Wil iemand nie dalk 'n blik IMR ruil vir MRP met prysverskil nie? Ek het nog net 25 rondtes gelaai uit die blik uit ;)
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
Howa 6.5 Creedmoor

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6433
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Arnold » Thu Oct 10, 2019 2:54 pm

Kyk nou net hoe kan swak doppe die dinge rondgooi. As ek kyk na die 260 Rem en die 6.5 CM (op QL) dan het die 6.5 omtrent 1.5gr meer bruikbare dopkapasitiet as die 260 Rem so jy behoort die spoed wat die 260 Rem skuts kry as hulle tot daai magesyn lengte laai eintlik te kan oorskry ><)

Die 6.5 Creed is regtig 'n wonder kaliber ... hy laat mens nogal baie wonder >:D

Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am
Location: Centurion

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Draegan » Thu Oct 10, 2019 4:03 pm

Net gou nog 'n vraag, is daar dalk 'n Lovex alternatief wat sal werk?

Johan
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
Howa 6.5 Creedmoor

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 17084
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by tripodmvr » Thu Oct 10, 2019 4:25 pm

S070 met 55K psi en 2610vps.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am
Location: Centurion

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by Draegan » Thu Oct 10, 2019 4:30 pm

Dankie oom Driepoot
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
Howa 6.5 Creedmoor

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1190
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: 6.5 Creedmoor - 147 ELD-M met IMR 4350 - Hulp Asseblief

Post by swc-tr » Fri Oct 11, 2019 7:33 am

Draegan wrote:Net gou nog 'n vraag, is daar dalk 'n Lovex alternatief wat sal werk?

Johan
S070 = Accurate 4350
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

Post Reply

Return to “Quick Load Herlaai Program/Reloading Program”