Page 1 of 1

Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Fri Mar 15, 2019 6:45 pm
by figjam
Naand manne! Ek soek asb n beginlading vir my roer met Sierra Gameking 100gr SpBt. Ek toets tans verskillende ladings van 87gr vmax maar ek sukkel om mooi groeperings te kry so ek wil iets anders ook probeer.

Brno zkk 601 243
1:10 twist
Max tpl 66.2 (vir 100gr SGK)
Lapua doppe
H20 54.1gr
24 duim loop
S365 lot 89
Cci200

Byvoorbaat dankie

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Fri Mar 15, 2019 8:04 pm
by tripodmvr
Lot 89 is warm en daarom sou ek 34gr as beginlading aanbeveel. Somchem se maks spoed is 2885vps. Hou daarby totdat QL bykom.

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Sat Mar 16, 2019 6:49 am
by figjam
Baie dankie. Ek gaan 34gr en 35.5gr laai met 65.2 tpl en spoed kyk

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Sat Mar 16, 2019 2:53 pm
by figjam
Groeperings lyk maar in dieselfde lyn as met 87gr vmax.

Spoed met 34gr.
Gemidded oor 3 skote van 2573 vps
Hoogste 2590 vps
Laagste 2553 vps
Sd van 18.7

35.5gr
Gemiddeld oor 3 skote van 2688 vps
Hoogste 2698 vps
Laagste 2677 vps
Sd van 10.4

Gemeet met n labradar

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Fri Apr 05, 2019 9:47 am
by figjam
Dagsê! Is hier dalk iemand wat my kan help met voorgestelde lading met die Sierra SpBT GK 100gr na aanleiding van bogenoemde inligting asb?

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Fri Apr 05, 2019 10:45 am
by Gawie(13mm)
Marius is in die kol soos gewoonlik met sy observasie tov. die "warm" lot 69.
Met 35.5 grein kruit @ 2688 vps. is jou dopvulling onder 80% en die druk net onder 40 000psi. Dit beteken die dop seël nie vinnig genoeg nie.

Probeer 39.8grein @ 2945 vps op die Labradar. Druk is dan rondom 55 000 psi met 88% dopvulling. Ek vermoed die spoed sal 'n rapsie meer wees siende dat die hoër druk die dop beter sal laat seël in die kamer. Ek sal op die keper dan liewer voorstel dat jy by 39.4 grein begin en met 0,2 grein inkremente opwerk na jou nuwe node spoed van 2945 vps.

Om aan te sluit by Marius; dit bly altyd goeie praktyk om nie Sonchem se maksimum ladings en spoed te oorskry wanneer jy met jou lading ontwikkeling begin nie.

Met QL gekalibreer, kan ons dan die data analiseer en daarvolgens 'n meer konkrete aanbeveling maak.

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Fri Apr 05, 2019 11:11 am
by figjam
Dankie Gawie jou ou staatmaker!

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Fri Apr 05, 2019 7:10 pm
by tripodmvr
Dankie vir die hulp Gawie. Was in Pta gister en vandag gewees en daarom my stilswye.

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Sat Apr 06, 2019 11:32 am
by figjam
Ok ek het as volg getoets.. Het n paar vreemde lesings gekry op labradar vanoggend. Vermoed dit was n posisionele probleem.

39.4gr het net een opgetel
2931 vps

39.6gr
2958 vps
3012 vps
3015 vps

39.8gr
2969 vps
2988 vps
3069 vps??

Almal was 1mm van lande af

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Sat Apr 06, 2019 11:39 am
by tripodmvr
Met die spoed wat so kwaai wissel is dit moeilik om berekeninge te doen. Hoe lyk die groepe wat jy geskiet het?

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Sat Apr 06, 2019 12:07 pm
by figjam
Oom..... dis nou 'n ander saak daai...... Ek het al 'n ander teleskoop ook op, want iets spring enigiets van 1-1.5moa horisontaal. Ek sal bv 2 namekaar laat sny en dan spring een 1.5 duim regs/links. Of Ek skiet een, dan een 'n duim links en dan sny die 3de en eerste een weer. Het eers gedog dis ek, toe die ladings, toe die teleskoop, toe die sneller laat ligter maak en die geweer laat oor pak. Niks verander. Ekt 'n ruk terug met 87 vmax 'n 5 skoot groep geskiet. 1 in die middel, 3 bymekaar 'n duim regs en toe 5de een sny met 1ste een?!

Lyk of impak punt skuif. Ek en Gawie al baie hieroor gesels. Ekt nog nie vreeslik baie met tpl gespeel nie, probeer eers die spoed in lyn met quickload kry, sodat ek weet ek is nie oor druk nie.

Vandag se groepe - 39.4 was 2 in een gat en 3de een so net oor 'n duim links. 39.6 was 2 langs mekaar en een so 1.3 duim links (kan nie die volgorde van die skote onthou nie). 39.8 was in 'n horisontale lyn van so 1.2 duim. Laaste skoot kon dalk ek wees wat hom so bietjie na regs getrek het.

Al die groepe verskil byna niks in hoogte, net horisontaal.

Ekt al gewonder of die ou eenstuk basis nie die oorsaak is nie, maar ek weet ongelukkig nie genoeg nie. Dit is net 'n jaggeweer en ek wil net konstant onder 1 moa op 100m kry. Dis 'n BRNO Zkk 601

Ek vermoed daai laaste skoot op 39.8 se lesing is nie reg nie, maar die spoed lyk al vanaf 39.6gr af meer as die 2945 vps wat ek jaag?

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Mon Jun 03, 2019 5:35 pm
by figjam
Hi. Net n bietjie terugvoer. Ek het verlede week weer probeer op 39.4gr om die 2945 vps te kry.
Eerste skoot was 2950
Tweede een 297x
3de een was 3014

Ek het die vorige keer ook so n vreemde paar gekry rondom hierdie lading. Ek kry baie min dit met die 87vmax.

Is daar n nuwe (laer) lading wat ek moet probeer om onder 2945 te kom?

Ek luister graag. Baie dankie

Re: Hulp met begin lading vir 243 asb

Posted: Mon Aug 12, 2019 2:21 pm
by Brno308 jagter
figjam wrote:Dagsê! Is hier dalk iemand wat my kan help met voorgestelde lading met die Sierra SpBT GK 100gr na aanleiding van bogenoemde inligting asb?
Ek het die naweek 'n baie goeie gropering gekry met 100gr Sierra Gamekings gelaai met 39gr S365 Lot 79 spoed is 2,990ft/s